223 Skiet anders na sneller verander.

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Pvdw »

Manne ek soek raad asb. Het jare puik lading en resultate met my 223 gehad met 55gr V-Max. Hulle is nou effe duur vir baie skiet so toe gaan ek oor na Hornady se 55gr SP. Sommer lekker vinnig op node spoed gekom met die nuwe koeël saam met Riflex en Fiocci slagdoppe. So bietjie met TPL gespeel en op 1 besluit wat konstant (3 besoeke aan baan) 15-18mm geskiet het.

Kry toe mos die idee dat my sneller kan beter. Koop toe 'n HACT hier op die forum en verander hom. Hy stel gemaklik af na 400g sonder om te slamfire. Sit hom toe in en gaan skietbaan toe. Daar begin die sports. Kry om die dood niks onder 25mm geskiet nie. My seun skiet ook 3 groeppe sonder sukses.

Terug by die huis sien ek die nuwe sneller is so 1.5mm dikker as die ou Howa sneller en vind dat hy teen die kolf druk as ek aksie skroewwe vas trêk. Heel opgewonde verlig ek als en maak seker als is vry van druk.

Terug op die skietbaan laasweek met sterre in my oë. Maar ja, nodeloos om te sê,, nie veel het verander nie. Kon 1 groep kry wat 18mm meet maar die res is weer almal rondom 25mm.

Wat kom gebeur het?? Aksie is gebed, loop is gefloat, aksie skroewwe is oor en oor bevestig as mooi vas, scope is vas. Al wat ek nog nie gedoen het nie was om weer die ou sneller te probeer maar dit maak nie sin vir my nie. Al my doppe is saam skoon gemaak en uitgegloei. 50n Patrone is saam gelaai so almal is dieselfde hanteer.

Ek het wel 5mm rubber op my Boyds kolf geplak om cheekweld wat sleg was te verbeter.

Enige raad of idees waar on nog te krap of loer asb??
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Cobus(Cobb) »

Maak nie sin nie, jy is reg.
Gaan terug na ou sneller toe en skiet paar groepe...jy sal gou sien of dit die sneller se effek is of was (kan jy sommer by skietpunt weer snellers ruil??)

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Alwin »

As dit nie die sneller is nie (niks is onmoontlik nie) dan moet jy maar mooi kyk of jy die metaal reg in die kolf geplaas het na die snellerwerk. 'n Klein verandering kan 'n groot verskil maak.
Last edited by Alwin on Mon Jan 17, 2022 8:50 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Gawie(13mm) »

Het daai Boyds kolf pilare in waarop die aksie en die snellerbeuel vastrek?
Kyk mooi na jou snellerbeuel; indien die aksieskroewe te styf vas was, trek dit die metaal in die gat in en vervorm die snellerbeuel in so 'n mate dat hy nie eweredig kan vastrek nie. Indien dit wel vervorm het, kan jy dit op 'n plat metaal vlak plaas en liggies met 'n hammer tik tot die vervorming weer plat is.
Sit pilare in of vorm pilare met Steenvas. Boor die gate na 8mm. Draai "box-tape" om die aksie skroewe om dit te verdik; dit sal die nodige speling bied wanneer die Steenvas hard geword het sodat die skroewe maklik kan in en uit draai. Vul die twee gate met Steenvas en draai die aksie skroewe deur die gate in die aksie in, met die nodige "release agent" in plek. Na twee ure kan jy die skroewe versigtig uitdraai. Laat staan vir 12 ure totdat Steenvas lekker hard is. Verwyder "tape" van skroewe en draai aksie vas tot die korrekte spanning.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Pvdw »

Dankie vir die reply's. Koos, ja ek het gedink om snellers te ruil maar na wat Alwin en Gawie hier gevra en gesê het dink ek dat bed alleen nie genoeg is nie. Ek sal pilare draai op die draaibank en hulle inbou. Ek het dit vir my 6.5 gedoen en is baie tevrede met dit. Dis tyd dat die 223 ook bietjie liefde en aandag kry.

Gawie, waar kry ek die torque waarde vir aksie skroewwe op my Howa? Is elke maak anders of is daar algemene waardes daarvoor?

Ek is oop vir nog enige voorstelle maar Gawie se raad gaan aandag kry.
Pieter 300wm
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Sun Mar 06, 2016 9:49 am

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Pieter 300wm »

Maak seker dat die metaal kasie in die magesyn nie 'n druk punt veroorsaak nie. As jou aksie skroewe vas is moet jy hom nogsteeds met jou vinger kan beweeg.
Glock 19 9mm
Rem 700 243AI
Sako 85 6.5x55 sweed
Winchester m70 300win mag
Howa 300prc
Benelli nova 12ga
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by tripodmvr »

Torque Specifications for Gunsmiths.docx
Torque settings.docx
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Pvdw »

Pieter 300wm wrote: Mon Jan 17, 2022 9:38 pm Maak seker dat die metaal kasie in die magesyn nie 'n druk punt veroorsaak nie. As jou aksie skroewe vas is moet jy hom nogsteeds met jou vinger kan beweeg.
Hier kom nou iets deur wat my opval. Ek het gesukkel met laai uit die magesyn en opgelet dat daai kassie effe voor die ramp in beweeg het. Ek kon hom nie met die hand af druk om uit die pad te kom nie so hy was defnitief nie los soos jy beskryf nie. Nico Harris het my ge PM en dieselfde raad gegee. Ek glo hier is net dalk die antwoord op my probleem.

Ek oorweeg steeds die pilare. Glo dit kan nie skade doen nie.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Pvdw »

tripodmvr wrote: Tue Jan 18, 2022 8:22 am Torque Specifications for Gunsmiths.docx

Torque settings.docx
Dankie oom Marius. Lyk my 65 is omtrent die nommer om te volg vir aksie skroewe
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Geno »

45in/lbs is die maksimum wat ek my sintetiese kolwe (met Devcon bedding en aluminium pilare) torque.
65 is bitter hoog!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Capt. Yoda »

65lb is moer baie, dit is basies imo wat n skoref kan vat....Ask me how I know
Al my gewere met hout/laminate en bedding met pillars is 35lb voor en 30lb agter, soos Geno se 45lb op n synthetic is die hoogste wat ek sal gaan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Pvdw »

Geno wrote: Tue Jan 18, 2022 9:51 am 45in/lbs is die maksimum wat ek my sintetiese kolwe (met Devcon bedding en aluminium pilare) torque.
65 is bitter hoog!
Dankie, wys jou net hoe verkeerd kan mens lees.
Capt. Oblivious wrote: Tue Jan 18, 2022 9:57 am 65lb is moer baie, dit is basies imo wat n skoref kan vat....Ask me how I know
Al my gewere met hout/laminate en bedding met pillars is 35lb voor en 30lb agter, soos Geno se 45lb op n synthetic is die hoogste wat ek sal gaan
Die is dan die speck wat ek sal gebruik. Dankie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Arnold »

Capt. Oblivious wrote: Tue Jan 18, 2022 9:57 am 65lb is moer baie, dit is basies imo wat n skoref kan vat....Ask me how I know
Al my gewere met hout/laminate en bedding met pillars is 35lb voor en 30lb agter, soos Geno se 45lb op n synthetic is die hoogste wat ek sal gaan
Watse skroefies is op jou gewere? 'n M5 8.8 boutjie behoort 60 in.lbs te kan vat en daarvan af raak dit net meer hoe dikker die skroefie?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Capt. Yoda »

Jong Sako koop seker ma skroewe uit china maar ekt 2af gedraai na ek daai tyd ook opi internet gelees het van 65lb. Was wel met die los maak en nie die vas maak. As jou aksie gebed is kan ek nie regtig sien hoekom jy hom terug binne sy ma in wil vas draai nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Arnold »

My AICS chasis se spec is 53 in.lbs so ek stem dat 65 hoog is maar vir die skroewe om te breek is snaaks.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Wouter Roets »

Arnold wrote: Wed Jan 19, 2022 8:45 am My AICS chasis se spec is 53 in.lbs so ek stem dat 65 hoog is maar vir die skroewe om te breek is snaaks.

Maar n Sako ding...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Arnold »

Wouter Roets wrote: Wed Jan 19, 2022 9:47 am
Arnold wrote: Wed Jan 19, 2022 8:45 am My AICS chasis se spec is 53 in.lbs so ek stem dat 65 hoog is maar vir die skroewe om te breek is snaaks.

Maar n Sako ding...
:laugh:
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Capt. Yoda »

Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Pvdw »

Daarshy, die 223 het so bietjie aandag en liefde gekry.

Bottom metal was effe gebuig soos Gawie genoem het. Dis is nou mooi reguit.

2x Alu pilare gedraai en in plek ge epoxi.

Gaan nou mooi oplet dat die magasyn kas reg pas en geen druk punte veroorsaak nie. Hy moet glo kan beweeg as die geweer aanmekaar is.

Dan laastens die aksie skroewe torque by Langeraat.

Sal Saterdag die roer weer baan toe vat en kyk wat hy maak.

Dankie vir almal se insette sovêr.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by tau »

Julle is op inch/pounds en nie ft/lb nie?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 223 Skiet anders na sneller verander.

Post by Capt. Yoda »

Ja duime Johna, is nie n trok se wiel wat ons vas draai nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply