Fokus van kruishaar - help asb
-
SchalkL
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Sat Nov 03, 2018 1:50 pm
Fokus van kruishaar - help asb
Middag
Ek het 'n Leupold, VX3i, LRP 8.5 - 25 x 50.
Ek kry nie my kruishaar gefokus nie. Ek begin met die diopter op die een punt en maak dan 1/4 draai verstellings, kyk elke keer weg waneer ek verstel, en kyk dan weer - ek herhaal hierdie regdeur die diopter se verstelling.
Ek kry die kruishaar beter maar nie "crisp"/100% duidelik nie. Al waneer ek die kruishaar duidelik kry is waneer dit op sy beste is dan beweeg ek my aansig en kry die kruishaar duidelik - met 'n swart halfmaan by 2 uur (so 15% van die sirkel), wat ek nie dink reg is nie.
Ek het seker al 3 keer probeer (3 ure op 'n slag spandeer) maar kom nie reg nie... voel bietjie moedeloos...
Enige raad asb. Miskien is hier iemand in die Kaap wat my kan help? Moet ek die scope terugneem na die winkel waar ek gekoop het?
Groete
Schalk

Apie
- Hero Member

- Posts: 3073
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Fokus van kruishaar - help asb
Stel jou vergroting op maks
Stel jou paralaks op infinity
Stel jou diopter dan terwyl na ‘n wit muur kyk.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Gideon@1
- Sr. Member

- Posts: 427
- Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Re: Fokus van kruishaar - help asb
Maak ook seker jou “eye relief” is reg opgestel.
Ek het dieselfde scope, en vind dat die “eye relief” bietjie sensitief is veral op hoë vergroting.
Die kruishaar fokus was opgelos nadat ek die “eye relief” kon regstel.
Ek het dieselfde scope, en vind dat die “eye relief” bietjie sensitief is veral op hoë vergroting.
Die kruishaar fokus was opgelos nadat ek die “eye relief” kon regstel.
-
SchalkL
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Sat Nov 03, 2018 1:50 pm
Re: Fokus van kruishaar - help asb
Dankie ApieApie wrote:Stel jou vergroting op maks
Stel jou paralaks op infinity
Stel jou diopter dan terwyl na ‘n wit muur kyk.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Waneer ek vergroting op maks het is die kruishaar defnitief op sy beste/duidelikste.
Waneer ek dan na kleiner vergrotings gaan raak die kruishaar dowwer - is dit normaal?
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
-
SchalkL
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Sat Nov 03, 2018 1:50 pm
Re: Fokus van kruishaar - help asb
Dankie GideonGideon@1 wrote:Maak ook seker jou “eye relief” is reg opgestel.
Ek het dieselfde scope, en vind dat die “eye relief” bietjie sensitief is veral op hoë vergroting.
Die kruishaar fokus was opgelos nadat ek die “eye relief” kon regstel.
Ek beweeg my oë nader en verder waneer ek hierdie oefening doen - is dit waarna jy verwys?
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
-
Gideon@1
- Sr. Member

- Posts: 427
- Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Re: Fokus van kruishaar - help asb
Jy moet (soos ek verstaan) jou scope reg opstel.
Jou cheekweld, waar jou wang op die kolf druk moet konstant en verkieslik altyd op dieselfde plek wees. As jy dit reggekry het, skuif dan die scope nader of verder van jou oë (sig) tot die beeld sonder enige swart ringe in die sigveld is.
So as jy jou cheekweld op en af beweeg moet die beeld nogsteeds sonder swart ringe wees. LW nie jou gesig vorentoe en agtertoe nie!!
Nou behoort jou eye relief reg te wees. Indien so, kan jy nou jou fokus van die kruishaar stel tot n suiwer gedefinieerde kruishaar.
Stel vergroting en paralaks op max en kyk in helder blou lig (buite na die wolke) en fikus dan die kruishaar. Draai die lockring vas en jy behoort dan gefokus te wees.
Groetnis

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Fokus van kruishaar - help asb
Ek stuur jou n pm.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Fokus van kruishaar - help asb
Schalk, my skietoog (regs) is geaffekteer deur skade aan my retina. As ek die kruishaar verstel, is of die vertikaal of die horisontaal in fokus en die ander effe wasig. Dit lyk ook asof die hare 'n knak in het en dit lyk my is a.g.v. astigmatisme. Ek skiet maar so synde dit nou baie moeilik gaan wees om te probeer links skiet. My linkeroog is nog "normaal" en die kruishare fokus albei tesame.
Maak dus seker dat dit nie jou oog is wat die probleem veroorsaak nie. Jy kan ook met die lang verstelproses jou oog vermoei sodat hy dan sukkel met die fokus. Instede om stadig te verstel, draai dit vinniger in en uit sodat jy 'n area kry waar die fokus op sy beste is. Verstel daar dan stadiger. Jy mag ook vind dat die parallaks 'n geringe invloed mag hê. Laat ander persone ook kyk hoe die fokus vir hulle werk en of hulle dieselfde ervaar. Indien wel, laat die verskaffer die teleskoop toets.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
VictorG
- Jr. Member

- Posts: 52
- Joined: Fri May 04, 2018 10:38 am
Re: Fokus van kruishaar - help asb
Schalk ek stem saam met Tripod , gaan sien n oogarts.
Dr het vasgestel dat ek glaucome het , het permanente skade is en noodgedwonge nou regs moet aanle.

BRNO 7X57 1983
Obendorf Mauser 8x57 JS 1932
Mossberg ( Springfield ) 30-06
Ivor Johnson 1930
Obendorf Mauser 8x57 JS 1932
Mossberg ( Springfield ) 30-06
Ivor Johnson 1930
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Fokus van kruishaar - help asb
Ek het dieselfde ondervind met my LRP, die verskaffer het hom om geruil - Probleem op gelos.
Ek dink dit is dalk n swak punt van die LRP.

Hano