Jozini Tiervis 1985/6

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
Corumana

Jozini Tiervis 1985/6

Post by Corumana »

Nog voor daar kampe, toilets en nuus was van tiervis in die dam. Dit was nie lank na Demoina nie, ek glo die dam het groot tiervis vandag. Was nooit weer daar nie. Fillet op dryf het goed gewerk!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Jozini Tiervis 1985/6

Post by Pvdw »

Corumana ek sien sommer daai vliegstok op jou profiel foto :angel. Daar is darm min dinge wat wy die langstokke kom. :angel: :angel: :angel:

Mens besef nie altyd wat Demoina daai tyd aan die area gedoen het nie. Daai dam was amper 13jaar nooit meer as 10% vol nie en hier kom daai windjie verby en maak die 3de grootste dam in die land binne 3 dae vol ??? ???

Mooi vis daai wat jy het. Was jy weer onlangs daar gewees?? Grootste vis op vlieg tot hede is 7.7kg en grootste vir die dam net kort van die 10kg. My grootste daar was so 3 weke terug met die vlieg, 5.6kg.

Hoop daai was nie jou laaste besoek nie ;D ;D

Peet
Work to live, don"t live to work
Corumana

Re: Jozini Tiervis 1985/6

Post by Corumana »

Ek was nog te jonk daar om 'n tiervis te vang. Dit is my pa. Hy was weer daar 'n jaar later en weer mooi tiervis gevang, ek was ook daar maar was nie so gelukkig nie. Ek het net klein tiervissies gevang. Ek oorweeg om weer te gaan vir 'n slag. Ek het intussen die hele suidelikke afrika al gaan tiervis vang. Onlangs op al die ou foto's van Zambie (Lukulu 1993), Lake Tanganyika (1992) ens afgekom. Afrika het darem maar baie vis.

Ek onthou nog die brug net na Pongola wat weg gespoel het. Daar was so tydelikke brug net langs die ou brug. St Lucia was nooit weer dieselfde nie. Ek het fotos hier van St Lucia se vis in die 70's, kan nie glo watse skade Demoina gedoen het nie.
Post Reply