"Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post Reply
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

"Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by JoevR »

Ek het 2 aansoeke om Tydelike Magtiging in terme van Artikel 21 van die wet ingedien op 24/5/2011 by my plaaslike SAPS.
Altwee is goedgekeur op 23/6/2011.
Doen self navraag op 5/7/2011 en ontvang Printout met SAPS stempel ("Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging).
Altwee handelaars gee vir my die wapens. Sommige handelaars is bereid om dit te doen aangesien die T nommer van die Tydelike Magtiging op die "Tydelike Liksens" verskyn. Ander handelaars dring egter aan op die SAPS 526 (amptelike goedkeuring) vorm.
Probeer telefonies navraag doen by CFR Pretoria oor wanneeer ek die SAPS 526 vorm sal ontvang, word van bakboord na stuurboord getransfer, lyk my dit was niemand se werk op daardie stadium nie.
Ek het egter die wapens, en besluit om nie verder moeite te doen nie.

Ek kry toe Bridgette (Tel. 012-353-6578) se nommer by 'n kollega. Binne 1 uur SMS sy terug dat sy die 2 SAPS 526 vorms kan faks of ek kan dit kom haal by CFR Hoofkantoor, Veritas gebou in Volkstem Str., Pretoria. Ek werk in die CBD van Pretoria, en stap gou oor. Ek kry die SAPS 526 vorms. Die tydelike magtigings is geldig tot 31/12/2010, alhoewel ek aansoek gedoen het vir 1 jaar. Hopelik sal die lisensies goedgekeur en in my besit wees voor die Tydelike Magtigings verval.

Intussen kan ek rapporteer dat die FN Browning Semi-Auto .22 geweertjie groot pret op die skietbaan is. Die semi-auto geweertjie vreet egter 'n pakkie ammo vinnig op, sal volgende keer meer ammo saamvat. Die ander geweer is 'n Brno ZG47 in 8x60S.
 
Last edited by JoevR on Tue Aug 23, 2011 3:31 am, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by Heinds »

Hallo Joe

Seker 'n dom vraag, maar jou bevoegteid moet seker reeds goedgekeur wees voor hulle vir jou 'n tydelike lisensie sal toestaan, korrek?

Groete
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by HUNTER »

Daardie tydlike magtiging het reds verval as die datum 31 12 2010 is seker 31 12 2011.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by JPS »

Het my Section 21 Authorization vanoggend by CFR opgetel ;D
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by DWB »

Hoe lank het jy gewag?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by Penkop »

Joe,

Ek het dieselfde padjie gestap as jy.

Brigitte het my baie mooi gehelp en baie moeite gedoen om my ophoogte te hou van sake.

Ek het die faks wat sy vir my gestuur het laat waarmerk by die plaaslike polisiestasie en hoop ook dat my lisensies binne die volgende 6maande goedgekeur word (ek het ook gevra vir 'n jaar, maar net 6maande tydelike magtiging gekry).

Ek verstaan dat solank jy daai faks by jou het, is jou saak reg (waarmerk hom en voel bietjie meer gerus).

Sterkte
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
300Winmag

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by 300Winmag »

Dankie julle - ek het nou net daai vorms geprint en sal maar die R140 gaan betaal en my
aansoek ook indien.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by JPS »

DWB wrote: Hoe lank het jy gewag?
DWD,

My lisensie is gedgekeur Donderdag so kom ons se vier dae maar die section 21 was eintlik al klaar verlede week Vrydag.

Groete
JP
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by Gerhard »

300Winmag wrote: Dankie julle - ek het nou net daai vorms geprint en sal maar die R140 gaan betaal en my
aansoek ook indien.

Waar kry jy die vorms?

Moet jy R140 hoes vir die tydelike lisensie ook?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by Penkop »

Jip, jou aansoek vir Tydelike liksens kos ook R140 en volgens wet MOET hul jou aansoek binne 7 dae afhandel. Maar jy moet maar vir Brigitte op 'n daaglikse basis bel, sy is baie hulpvaardig.
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by Gerhard »

Penkop wrote: Jip, jou aansoek vir Tydelike liksens kos ook R140 en volgens wet MOET hul jou aansoek binne 7 dae afhandel. Maar jy moet maar vir Brigitte op 'n daaglikse basis bel, sy is baie hulpvaardig.
Soos ek verstaan moet mens eers wag dat die oorspronklike aansoek op die stelsel in gelees is.

Hoe gaan ek dit kan bevestig voordat ek die tydelike lisensie aansoek in gee?

Wat se motiveering moet saam met die tydelike lisensie gaan?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by G-force »

Hein2506 wrote: Hallo Joe

Seker 'n dom vraag, maar jou bevoegteid moet seker reeds goedgekeur wees voor hulle vir jou 'n tydelike lisensie sal toestaan, korrek?

Groete
Meeste manne sal so se maar ek het n pel wat syne vir sport shooting (handwapen) gekry VOOR sy bevoegdheid goegekeer is.
Grootse ding is "rede hoekom jy dit NOU nodig het'.
Vat maar n kans...n ete by kentucky kos meer as R140.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by JPS »

Gerhard wrote:
Penkop wrote: Jip, jou aansoek vir Tydelike liksens kos ook R140 en volgens wet MOET hul jou aansoek binne 7 dae afhandel. Maar jy moet maar vir Brigitte op 'n daaglikse basis bel, sy is baie hulpvaardig.
Soos ek verstaan moet mens eers wag dat die oorspronklike aansoek op die stelsel in gelees is.

Hoe gaan ek dit kan bevestig voordat ek die tydelike lisensie aansoek in gee?

Wat se motiveering moet saam met die tydelike lisensie gaan?
Gerhard,

Ek het erens op vorige post gese hulle het myne eerstens afgekeur het omrede die oorspronlike aansoek nie ingelees was op systeem nie. Bel eers CFR op die gewone kontak nommer en laat hulle kyk of hulle hom op systeem kan sien. as hulle hom kan sien is hy ingelees. Wat die motivering betref ek het my hele motivering van die oorspronklike aansoek ingehandig saam met motivering van die rede hoekom ek hom dringend nodig gehad het. Ek het jag uitnodiging briewe aangeheg en spesifiek genoem hoekom my ander wapens nie geskik was vir die jag nie. As jy vir sportskut status aansoek doen kan jy kompitiesies waar jy wil skiet ens saam weergee.

Groete
en Sterkte

JP
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by Gerhard »

Dankie JP,

Dink ek sal more bel en uitvind of hulle op die stelsel wys.

Dan sal ek vir die Trip 2 aansoek in sit
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: "Tydelike Liksens" vir Tydelike Magtiging

Post by JoevR »

HUNTER wrote: Daardie tydlike magtiging het reds verval as die datum 31 12 2010 is seker 31 12 2011.
Hunter, ja moet wees 2011.
Gerhard wrote:
Waar kry jy die vorms?

Moet jy R140 hoes vir die tydelike lisensie ook?
[/quote]

Gerhard, die aansoekvorm vir die tydelike magtiging le op die SAPS website, www.saps.gov.za, kyk onder firearms, dit is SAPS 518. Aansoekfooi is R140, en 2 kleur ID foto's word benodig.
Gerhard wrote:
Penkop wrote: Jip, jou aansoek vir Tydelike liksens kos ook R140 en volgens wet MOET hul jou aansoek binne 7 dae afhandel. Maar jy moet maar vir Brigitte op 'n daaglikse basis bel, sy is baie hulpvaardig.
Soos ek verstaan moet mens eers wag dat die oorspronklike aansoek op die stelsel in gelees is.

Hoe gaan ek dit kan bevestig voordat ek die tydelike lisensie aansoek in gee?

Wat se motiveering moet saam met die tydelike lisensie gaan?
Gerhard die motivering kan wees vir sportskut of jag. Jy kan seker ook selfverdediging gebruik vir 'n handwapen, seker as herhaaldelik by jou ingebreek word. Vir sportskut:heg jou vereeniging se sportskiet program aan en se jy wil aan dit en alle ander kompetisies deelneem. Vir Jag: heg brief of briewe van plaaseienaars aan wat se jy het 'n jag bespreek en 'n deposito betaal. Vir my FN Browning Semi-Auto .22 het ek die lisensie aansoek ingedien vir 'n versamelwapen, en die tydelike magtiging vir sportskut.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
Post Reply