Dit was 'n geskenk aan 'n hom, so ek het net saam gestap.
Ons was so 7uur op die plaas en het kort daarna begin stap. Blesbok, springbok, of rooibok was wat hy kon skiet. Ons het besluit om oor die kop te stap en te kyk of ons die blesbokke daar kon kry, dit was ook die rigting waarin ons moes skiet.
Hy het 'n skoot op 'n sprinbok gevat,180m, ons het gedink dis 'n ooi, toe die skoot klap het sy geval, maat het binne 20sek. opgestaamn en gehardloop. Ons moes om beweeg om haar weer so te kry dat ons 'n veilige skoot kon vat. Hy het weergeskiet en als was verby. Die eerste skoot was oor die rugstring, baie skade en bloed, maar sy het nogtans 'n 2de skoot nodig gehad. Sy was nie 'n ooi nie maar wel 'n ram.

Ons het gaan braai en vroegmiddag weer begin stap, weer opsoek na 'n Blesbok, daar is baie mooi blesbokke, maar ons het net die stof streep gesien soos hulle hardloop. Ons het 'n trop van 6 rooibokramme gekry en besluit om 'n skoot op een van hulle te vat. Dit was kat en muis vir sekere 'n uur voor hy 'n skoot gekry het. Mooi skoot en die rooibok was plat.

Dit is regtig 'n baie mooi plaas, nie groot nie, maar baie lekker vir 'n dag of naweek jag.
Persoonlik dink ek die plaas sal baie beter werk as 'n boog jag plaas, agv van sy grote en die nabyheid van huise in die omgewing. Die wild sal ook baie rustiger wees, maar dis my opinie. Ons is mal oor die plek en ek sal graag met die boog daar wil gaan W/S.
Dit was 'n baie lekker dag, al het ek niks geskiet nie, was Jan in sy element, en ons het 'n baie lekker dag gehad.


