Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wag tans vir my Sako 85 308 se lisensie en begin dink oor scope en mounts. Ek weet Sako stel die Optilock voor, maar dit raak vinnig lekker duur. Ek wil graag hoor of daar van julle is wat ook 'n Sako het, en wat iets anders as die Optilock gebruik het, en darem steeds kan groepeer? Ek wil darem seker wees dit is nie my geweer en scope se skuld as ek mis skiet nie!
As jy nie gepla is oor hoe mooi klasiek die geweer moet lyk nie kan jy n 1 stuk rail of 2 stuk rail op sit en dan enige ringe wat jou hart begeer, hulle is bq skaars maar soos Malan se Trueworx kan somer vir jou een maak. As jy wel die prys van die rail by n goeie stel ringe se prys by tel gaan jy sien die optilocs is nie so duur nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Dankie julle, dit is goeie raad! Ek het ook gelees dat party mense sommer Leupold (en ek verbeel my iewers ek het Thor ook gesien) opsit en ook gelukkig is. Ek is nou by "IN PREPARATION FOR CONSIDERATION", so ek reken ek het nog so 6 maande om te besluit!
Ek het op my Sako 85 kort aksie die Optilock 30mm en hou baie van hulle, dan het ek op n ander eers Leupold se quick release gebruik in 34mm ringe en het ook baie van hulle gehou maar wou graag ook op hom Optilock bases met ringe sit maar die 34mm ringe se afwerking was baie swak in vergelyking met die 30mm ringe.
dooierus wrote: Thu Sep 16, 2021 2:38 pm
Dankie julle, dit is goeie raad! Ek het ook gelees dat party mense sommer Leupold (en ek verbeel my iewers ek het Thor ook gesien) opsit en ook gelukkig is. Ek is nou by "IN PREPARATION FOR CONSIDERATION", so ek reken ek het nog so 6 maande om te besluit!
Ek het die Leupold ringe wat op die Sako se basis pas en baie gelukkig met dit en van al die ring-opsies glo ek dit lyk ook die beste en skoonste.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Dankie vir julle almal se raad! As ek weet Leupold, Thor en Optilock werk goed, dan is ek al bederf met opsies (in verskillende prysklasse), en dan praat mens nog nie eers van die Near nie. Ek is seker ek sal 'n lekker ding kry. As ek onthou, sal ek 'n foto opsit die dag wat ek hom gekry en gemount het. Nou kom scope kies tyd!