Ligtweight 224 killers

Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Ligtweight 224 killers

Post by Arnold »

Ek plaas hierdie onder 'n algemene seksie aangesien hierdie nie spesifiek tot bv. ondier beheer beperk word nie.

'n Vraag waaroor ek nou wonder: Gegewe Hornady, Nosler en Sierra se aanbiedinge van V-Max, Ballistic Tip en Blitzking -> watter koeël verkies jy en hoekom? Prys, akkuraatheid en funksie speel sekerlik hierso 'n rol.

Ek sien die V-Max en Blitzking se konstruksie is taamlik eenders met die Ballistic Tip wat daarteen 'n taamlike dik basis het en sy aanwending dalk meerdoelig maak?

Die Blitzking se konstruksie is maar soos die sagtepunt in hierdie foto:
Image
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Ligtweight 224 killers

Post by Geno »

Ek is baie lief vir die 50gr Ballistic Tip in my AR15
Ek het gevind dat hulle baie beter doen in gras en marginale skote op wild.
Die 55gr Varmageddon is ook great en fantastiese waarde vir geld.
Daarby is die 55gr VMax seker die mees gebruikte koeeltjie onder ouens wat bokke oes.
Ek weet Nico Harris gebruik die 55gr Hornady SP in sy .223Rem op alles vanaf kraai tot Blouwildebees en hulle doen baie goed en is great geprys.
Blitzkings was altyd die duurste van die klomp so nie baie ouens het hul gebruik nie, so ek weet nie hoe hul doen nie.
In 6mm 70gr het ek hul baie akkuraat gevind maar ook effe hard vir my aanwending.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Ligtweight 224 killers

Post by Lategan1 »

Wel nie op jou foto nie, maar deel van die spektrum.

Interessant dat Sierra Varmint onderskeid tref tussen hulle 55gn vir werklike vinnige kalibers 22.250 vs bv. die stadiger .223. Reg onthou #1345 en #1360, die een is bietjie harder as die ander ene. vir dieselfde doel in die onderskeie kal.

Ek gebruik #1360(harder een) vir vinnige kal. op taai wildemakou in my .223, sover heel goed. Nog nie op kleinwild probeer nie, het idee hy gaan werk. Wildemakou verg gewone jagpunt, my koeëls loop mooi deur die bene met aanvaarbare skade. Plaasmanne staan tou!

Prys is billik, akuraatheid goed tot 425m.

Mens kan hier sien hoekom die Nosler BT so gewild is.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Fri Sep 03, 2021 12:12 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Ligtweight 224 killers

Post by Blink Stefaans »

Ek skiet die 50gr Vmax uot die 223 Ackley
Dodelik akuraat. Het al tot BWB huis toe gebring.
Sal nie n lyfskoot op n bok of vark vat nie, maar jy twl hom net daar op as jy kop skiet.
Hy maak n jakkals en bobbejaan ook mooi bymekaar
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Ligtweight 224 killers

Post by Ratel »

55 gr Vmax is in my roer baie akkuraat en hulle is darem goedkoper as Blitzking. Die Blitzkings is in my mening baie na aan die Vmax as ek kyk na skade op ongediertes.
Maak 'n verskil
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Ligtweight 224 killers

Post by Armand Steenkamp »

Baie intresante onderwerp. Ek os en bly maar n Vmax ou. Ek het nosler varmageddons in my 204 en 243 probeer !aar kon ni doe akkuraathyd kry wat ek soek nie . Ek het ook heelwat blitzkings geskiet. Baie akkuraat maar soos genoem biejie hard. Vmax bly maar die yster
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ligtweight 224 killers

Post by Arnold »

Lategan1 wrote: Fri Sep 03, 2021 10:40 am Wel nie op jou foto nie, maar deel van die spektrum.

Interessant dat Sierra Varmint onderskeid tref tussen hulle 55gn vir werklike vinnige kalibers 22.250 vs bv. die stadiger .223. Reg onthou #1345 en #1360, die een is bietjie harder as die ander ene. vir dieselfde doel in die onderskeie kal.

Ek gebruik #1360(harder een) vir vinnige kal. op taai wildemakou in my .223, sover heel goed. Nog nie op kleinwild probeer nie, het idee hy gaan werk. Wildemakou verg gewone jagpunt, my koeëls loop mooi deur die bene met aanvaarbare skade. Plaasmanne staan tou!

Prys is billik, akuraatheid goed tot 425m.

Mens kan hier sien hoekom die Nosler BT so gewild is.

Beste.
Hi Lategan1
Jip, soos jy sê is die koeëls sekerlik deel van die spektrum maar hulle het nie die plastiek puntjie soos die res wat ek hier genoem het nie. Selfde soos die Hornady SP wat Geno noem.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Ligtweight 224 killers

Post by Philip J »

55gr V-Max bly vir my 'n wenner.
Hulle is baie akkuraat in my 223.
Die ander groot faktor vir my, is beskikbaarheid.
Hier rondom my, kan ek amper in enige geweerwinkel in stap en daar sal 55gr V-Max op die rak wees.
Dis dan ook een van die hoof redes hoekom ek wegskram van iets soos die 53gr V-Max.
Hulle is nie altyd beskikbaar nie.
Groetnis
Philip
User avatar
JurieW
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm

Re: Ligtweight 224 killers

Post by JurieW »

My BRNO hou van die blitzking 55gr. Ek verkies hulle wel want hulle het n boat tail en ek kry hulle meestal goedkoper as die noslers.

Die V-Maxes werk ook lekker.
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1834
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Ligtweight 224 killers

Post by Rudi Fischer »

Ek is baie lief vir die 55gr HPBT Gameking.
Ek laai hulle vir die AR.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Post Reply