High Carbon Steel mes versorging.

Enige iets tov messe.
Post Reply
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

High Carbon Steel mes versorging.

Post by J le Roux »

Ek het onlangs 'n lekker Mundial slagmes, nuwe ou voorraad, gekoop. So lange vir lang biltonge.

Ek het bitter groot geskrik toe die mes uit die skottelgoedwasser kom en hy is GEROES! Ook nie sommer vir vinnig skoonmaak nie, ek moes maar poleer om hom weer redelik blink te kry. So besef ek dit is 'n tradisionele hoe inhoud koolstof staal mes.

Ek het so bietjie gegoogle en sien nou dit is maar 'n storie, en dat die staal maar vatbaar bly vir roes tot 'n patina opgebou is.

Hoe maak julle, help jul dit aan met asyn of mosterdsous of hoe?

Het ek dalk 'n kat in die sak gekoop?

Groete
Johan
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: High Carbon Steel mes versorging.

Post by alecjohnson »

Ek het 'n opinel gehad wat weggeloop het, maar het vreeslik geroes, bloed behandeling gegee tot dit swart verkleur het en roes was baie minder van 'n probleem. Jy kan ook cold blue probeer, hoewel dit steeds roes sal toelaat.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: High Carbon Steel mes versorging.

Post by Ds J »

Middag Johan,

Die lem sal altyd maklik roes, ongeag die manier waarop jy hom behandel. Cerakote is dalk die enigste manier om regtig die roes weg te hou, maar ek weet glad nie hoe dit die verharding sal beïnvloed nie.

Dit is waar dat hy effe minder roes as hy patina opgebou het, maar selfs dan sal hy altyd roes as hy met chemikalieë (yster in bloed, skottelgoedseep, ens) in aanraking kom en nie vinnig drooggevee word nie.

Die lem behoort werklik baie lank skerp te bly, en die enigste raad is om hom met die hand skoon te was en verkieslik met n lagie olie te bêre. Ek besit en gebruik verskillende messe met koolstofstaal, en dit is hulle enigste nadeel.

Vis en paprika sal ek nooit met so n mens sny nie - die vis reageer en maak maklik gifstowwe, en paprika laat hom roes terwyl jy sny.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: High Carbon Steel mes versorging.

Post by Johan Nel »

Hier is klaar goeie advies gegee.
Koolstofstaal en ysterluis is maar sinoniem, so daar is 'n paar voorsorgmaatreels wat mens moet neem. Ek dink die eerste aspek, soos wat jy nou met dure ondervinding geleer het, is dat 'n koolstofstaalmes nie in die skottelgoedwasser moet kom nie, die staal gaan roes. As die mes nog boonop 'n hout hef het, gaan die skottelgoedwasser die hout en die afwerking laat skade ly op die lang duur.
Soos hierbo genoem is daar sekere materiale wat vinnig reageer met koolstofstaal, suurlemoene, tamaties, uie, rou vleis, om 'n paar te noem. Dis iets waarmee mens saamleef met so 'n mes en dit bestuur. Die goue reel is, was die mes spoedig na jy klaar daarmee gewerk het met seperige warm water en droog dit af. Die mes moet nie vir langdurige tye in die nat wasbak of in die skottelgoedwater lê nie.
Stoor die mes in 'n droë plek. Toegedraai in 'n lap werk goed. Mens kan die mes liggies met olie smeer wanneer dit gebere word, maar waspolitoer van 'n aard werk goed. Dit trek nie stof en ander goeters soos olie nie. Enige waspolitoer sal werk, bv wit skoenpolitoer, museum waspolitoer, die tipe politoer wat gebruik word om leer en perdesaals mee te behandel. Geno het 'n produk wat uitstekend daarvoor sal werk, en 'n klein biethie hou amper vir ewig.
Wanneer mens iets gesny het wat sterk reageer met die staal, doen ek dikwels as volg; nadat ek die mes gewas en afgedroog het, vat ek metaalpolitoer (Silvo, Brasso, ens) en poleer die staal deeglik daarmee, poets dit, was dit weer deeglik met warm water en seep en droog dit weer deeglik af. Dit werk uitstekend, ook vir roes binne perke.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: High Carbon Steel mes versorging.

Post by Blink Stefaans »

Gooi die hele mes in warm asyn
Haal so nou en dan uit, vryf met staal wol, spoel af en herhaal. As jy tevrede is met die resultaat dan spel jy hom af met n koeksoda oplossing en olie hom met enige eetbare olie of vet so gou jy kan. Dit neutraliseer die suur.
Die asyn maak die roes dood en los n swart (dooie roes)beskermende oksied lagie
Dit is dan moeiliker vir roes om pos te vat...as ek sê moeilikker dan meen ek net dit vat langer.
Dit gaan nie roes keer nie, maar as jy hom ge-olie hou sal hy nie sommer weer roes nie
LET WEL....as jou kes n hout hef het moet jy nie die bogenoemde stappe volg nie. Die hout SAL vog trek, swel en bars.
Ek sny baie vetterigge biltong met n mes wat ek uit n vyl gemaak het en vooraf met asyn ge-ets het ek los die vet op hom as hy skede toe gaan.
Die mes het nog nie n kolletjie roes op nie.
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: High Carbon Steel mes versorging.

Post by J le Roux »

Baie dankie vir sie advies sovêr. Die mes het 'n houthef, en ek sal hom maar deeglik olie om die wasmasjien se skade te beheer.

Ek het hom sommer met Wimpy mosterd bygekom, en het sulte tik tik patrone met my vinger gemaak en so 45min gelos. Ek moet se die patroon lyk nogal aanvaarbaar.

Ek het die mes oordentlik geslyp en hy word vrek skerp. Ek glo die ekstra moeite beteken so mes is nie vir almal 'n plesier nie, maar ek dink nogal ek gaan daarvan hou om hom te gebruik en op te pas.
20210830_212610_compress3.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Post Reply