Dan beur ek die geweer na links om op skoot te kom.
https://youtu.be/8TbmwGNjNKM
Die kamera sit agter op die teleskoop se oogstuk. Dit "sien" dus presies wat die skut se oog sien.30-06 wrote: Wed Jul 21, 2021 1:31 pm Ek het n vraag vir die manne wat die Triggercams ken.
Jy kan die video mooi stadig maak en kan alles sien tot wanneer die skoot afgaan.
My vraag is wat gebeur daarna en het die plek waar die scope uiteindelik "kalmeer" einge iets met die skootplasing te doen.
As die skoot dus op die regte plek afgaan kan n flyer dan nog die skut se skuld wees of moet dit dan n ander oorsaak he?
Ek sal later 'n video probeer laai wat mooi wys hoe 'n man 'n gonge mis oor die stokke. Die kruishaar is op die teiken, maar op die oomblik wat die skoot loop, ontspan ek en kan gesien word hoe die skoot "getrek" word.
Die rede hiervoor is die gebrek aan "natuurlike" rigting deur die geweer na die teiken te forseer in plaas van om my skiet posisie aan te pas.

