Hulp met .30-06 QL lading asb

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
Tollie
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Tue Mar 13, 2012 7:21 pm

Hulp met .30-06 QL lading asb

Post by Tollie »

Goeie môre manne,

Hoop dit gaan goed en almal is nog gesond.

Kan iemand my dalk help met die volgende asb. Ekt die naweek verskillende ladings gaan skiet en beste akkuraatheid gekry op een lading. Ek wil net graag bevestig of dit op 'n node is of waar die nodes sit? As iemand kan help sal ek dit baie waardeer.

.30-06 Sako
21.85" loop
165gr Nosler Ballistic Tip
Federal GM210 Primer
70.2 Grein dop vol Lapua
83.7 mm tpl
Lading 58.5 Hodgdon H4350 - 2855, 2861, 2867, 2855, 2861 fps -
21 Grade Celsius
Prochrono

Baie baie dankie

Groete
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hulp met .30-06 QL lading asb

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê. Ek is bly jy kan die data self vir ons deurgee.😅
Met daai spoed is jy so 4 446 psi oor maks druk.
Vir alle praktiese doeleindes moet jy nie 2800 vps oorskrei met die betrokke kombinasie nie.

Jou hoogste veilige node is met 55.5 grein H4350 @ 2715 vps op die chronograaf.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Tollie
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Tue Mar 13, 2012 7:21 pm

Re: Hulp met .30-06 QL lading asb

Post by Tollie »

Baie dankie Gawie,

Ag nee dis nou nie goeie nuus vir my nie.

Ek het ook die 55.5gr lading geskiet.

Spoed was soos volg: 2677,2704,2699,2721,2743.

Dopvolume 69.98 grein.

55.5gr het nie baie mooi groepering gegee nie.

Ek hoor graag van jou
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hulp met .30-06 QL lading asb

Post by Gawie(13mm) »

Tollie wrote: Mon Jul 12, 2021 2:55 pm Baie dankie Gawie,

Ag nee dis nou nie goeie nuus vir my nie.

Ek het ook die 55.5gr lading geskiet.

Spoed was soos volg: 2677,2704,2699,2721,2743. (Gemiddeld =2 707 vps) Dit is baie naby aan die 2715 vps wat Ql na kalibrasie gee.

Dopvolume 69.98 grein.

55.5gr het nie baie mooi groepering gegee nie.

Ek hoor graag van jou
Die feit dat jy nie 'n goeie groepering op 'n node kry nie, kan aan 'n paar faktore toegeskryf word.

Alhoewel die spoed met die 55.5 grein wisselvallig was, bevestig die gemiddelde van die 5 skote, die kalibrasie met QL.
Wat is jou sprong na die lande en is jy seker oor die loop lengte?

Tollie, jy is welkom om my direk te kontak @ 08drie 45oo 7een 8. Ek help graag.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Tollie
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Tue Mar 13, 2012 7:21 pm

Re: Hulp met .30-06 QL lading asb

Post by Tollie »

Baie dankie Gawie,

Ek sal vanaand gou kyk hoe ver is ek van die lands af en vir jou stuur.

En sommer die loop ook weer oormeet en seker maak daarvan.

Weereens baie dankie vir jou hulp sover.
Post Reply