ek wil graag die volgende vrae vra ( Weet nie of ek mag nie )
Dink julle Oom Cyril sal die 11d Julie die land na l\Lev 5 toe vat en die land toemaak , of dink julle dat daar dalk n moontlikheid gaan wees dat die van ons manne wat nog nie gejag het nie dalk daai kans sal kry om te kan gaan
rede hoekom ek die post oopmaak is omdat ek ongelukkig laat bevestigings ontvang het van die lede wat elke jaar saam met my jag nie die jaar gaan jag nie , en meeste van die plase in my distrik reeds vol geboek was en waarby ek toe gelukkig was om op n gekanseleerde naweek te kon boek op n jagplaas so +-60 km van my huis af op die aangrensende buurdorp
ek wil bitter graag gaan die jaar om rede ek 4 jaar terug laas iets plat getrek het met die boog , dan n ander navraag , as dit nou so is dat hy die land volgens provinsies se gevalle op levels plaas , sal ek dan nog tussen grense kan reis om te jag bv die betrokke plaas waar ek geboek is , is in die buur dorp se grens area , nie my eie dorp se area nie, sal dit gesien word as tussen grense of nie
Admin , jammer oor die post as ek dit mie mag plaas nie sal enige een van die admin lede my asb dan net n boodskap stuur oor die navrae wat ek hier geplaas het
Groete
Connas

