Rand waarde hulp op wapens

Post Reply
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Rand waarde hulp op wapens

Post by PJB »

Goeie dag almal.
Ek kort bietjie hulp.
Ek moet van my wapens ontslae raak agv. koers land uit.
Ek soek abs 2de handse waarde wat ek kan beoog om te kry. Ekt reeds ( kopers / Belangstelling ) vir hulle 2 maar wil darm nie die manne skroef nie.

Nr1: CZ 550 LUX 7X57 ( Spotless )
Rudolph 4-16X42 Teleskoop ( Spotless )
Mute Silencer
Snywerk van draad ens.
Warne Quick release mounts
+/- 300 skote deur die loop
Ek besit hom van nuut af 2016
R???????

Nr2: CZ/Brno Mod 2-E .22 ( Spotless )
Nikon 3-9X40 BDC scope
Warne ringe
Silencer en snywerk
2de Eienaar en sekerlik 1000 skote deur loop.
Eeste eienaar het net 32 skote met hom geskiet.
R????????

Enige insette en hulp sal baie waardeer word.

Beste groete
Pieter
Last edited by PJB on Fri Jul 02, 2021 10:59 am, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Rand waarde hulp op wapens

Post by tripodmvr »

Vat die nuwe aankooppryse van soortgelyke komponente en kostes en gebruik 80% daarvan as 'n beginpunt vir jou prys. Die koper betaal dan 80% van die vervangingsprys. Aantal skote deur die loop moet ook in ag geneem word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Rand waarde hulp op wapens

Post by PJB »

Baie dankie Trip. Ek maak dit gou reg. Ek sal uitwerk en sien tot watse som ek uitkom.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Rand waarde hulp op wapens

Post by J le Roux »

Pieter dit is altyd moeilik, daar is 'n prys wat iets werd is, maar dit is ongelukkig nie altyd die prys waarteen iets gaan verkoop nie. Veral as die aanbod hoog en die vraag swak is soos nou, so ek skat maar.

CZ 550 LUX 7X57 ( Spotless ) +-R12000

Rudolph 4-16X42 Teleskoop ( Spotless ) +-R5000
Mute Silencer +-R1500
Snywerk van draad ens R?????, selfs dalk nadelig

Warne Quick release mounts
R???????

Nr2: CZ/Brno Mod 2-E .22 ( Spotless ) R5000
Nikon 3-9X40 BDC scope R2000
Warne ringe R500
Silencer R800
en snywerk R???????? selfs dalk nadelig
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Rand waarde hulp op wapens

Post by PJB »

Snywerk op my .22 my grootste fout wat ek nog ooit gemaak het.
As ek weet wat ek nou weet sou ek dit nooit gedoen het nie. Supsonic patroontjies klink presies dieselfde deur demper as sonder hom.
Maar ja soos my pa altyd se as die jeuk nie weg gaan nie gebruik n staal borsel dit help altyd.

Nie te min baie dankie vir die hulp ek waardeer dit opreg.

Beste groete
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Rand waarde hulp op wapens

Post by Joe13 »

Snaaks, jou demper is dalk nie reg nie?

Met almal wat ek al geskiet het, insluitend myne maak hy n groot verskil.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Rand waarde hulp op wapens

Post by Basie2 »

PJB wrote:Snywerk op my .22 my grootste fout wat ek nog ooit gemaak het.
As ek weet wat ek nou weet sou ek dit nooit gedoen het nie. Supsonic patroontjies klink presies dieselfde deur demper as sonder hom.
Maar ja soos my pa altyd se as die jeuk nie weg gaan nie gebruik n staal borsel dit help altyd.

Nie te min baie dankie vir die hulp ek waardeer dit opreg.

Beste groete
Ek het 3 silencers op 3x .22’s. Die gewere met standard of subs is geluidloos (wel byna). Die pistool raas, maar dis omdat die aksie oopmaak. Is daar nie iets anders wat fout is daarom klink dit dieselfde. Sonder silencer raas die standards en subs nie baie nie. Hulle breek nie klankgrens nie.
My 2c
Dis altyd sleg as jou verwagtinge nie bereik word deur so iets nie.


Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Rand waarde hulp op wapens

Post by PJB »

@ Joe. Nee ek oordruif dalk effe maar om n mooi standaard geweertjie te sny is en was nie die geld en moeite werd nie. Ek het 2 verskillende dempers en die teflon eenetjie het die beste gewerk. As ek se dit klink dieselfde is dit waarlik baie naby klank gewys as met of sonder die demper.
Ek het die heel meeste met standard cci's geskiet dan het ek n groot verskil gehoor.

@ Basie dit is inderdaad so. Ekt wel agter gekom dat die standaard 1060fps CCI van hulle wel deur die grens moes gaan agv klank. ek kon dit duidelik gehoor het. Die slegste was dart hulle die loop n duim of twee moes korter maak omdat die loop te dun is by die voorste vesier.
Nodeloos om te se is dat dit gedoen was en is.
Post Reply