CZ550 elevasie probleem

Post Reply
User avatar
Philip_L
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm

CZ550 elevasie probleem

Post by Philip_L »

Ek het onlangs n nuwe CZ550 gekry, maar sukkel nou om die teleskoop ingestel te kry.

Ek het Warne Medium ringe gekoop en het n Z3 3-9x36 teleskoop.
Wanneer ek die teleskoop opsit het ek nie genoeg elevasie om op te stel om geweer te bore sight nie. Met elevasie tot bo gestel skiet geweer steeds 2duim laag op 25m.

Ek het gedink dat daar fout met teleskoop is of dalk die ringe en teruggestuur na SO in Stellenbosch saam met die ringe. Hulle het dit daar op n ander CZ550 gesit en teleskoop boresight mooi wanneer hy gesenter is.

Wag nou vir scope om terug te kom voor ek verder stoei.
Nou lees ek op n paar plekke van ander mense wat daarmee sukkel of gesukkel het met die CZ550’s. Blykbaar n probleem met toleransies op die aksie se basisse (dovetails).

Het enige iemand dit al ervaar en wat was die oplossing?
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Alwin »

Ek het onlangs 'n Brno ZKK601 gesien wat se swaelsterte heel skeef gesny is. Die teleskoop wys 'n hele paar grade na regs. Waarskynlik is die masjinering op 'n Maandag na 'n langnaweek gedoen.

Siende dat die CZ550 die opvolger van die b.g. is, is dit moontlik dat dieselfde freesmasjienoperateur steeds daar werk. Ek dink hy drink saam met die blinde ou wat die "inletting" op die kolwe doen. ++>:

Jy sal moet ringe en basisse kry wat verstel of ge-"shim" kan word om die elevasie reg te kry. Daar is 'n paar make wat dit kan doen, of iemand kan dalk vir jou 'n pasmaak montering vervaardig.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Johan van Wyk »

Die CZ, net soos die Brno, is 'n sogenaamde investment casting, maw gegiet. Die probleem kom in as die gietstuk in die eerste plek nie reg gemaak is nie. Ek het hierdie probleem al meermale gesien maar hoofsaaklik met die ZKK's. Jy gaan moet laat timmer aan die monterings om jou probleem op te los.
Last edited by Johan van Wyk on Tue Jun 29, 2021 9:12 am, edited 1 time in total.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by DWB »

Jip, ongelukkig kry mens dit. Die loop dit basies skeef op die aksie...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Lategan1 »

Raar maar waar, dalk meer kere waar as wat ons besef.

Jy kry soortgelyk op Sako gewere. Moes my nuwe Leupold Sako ‘ringmounts’ vervang met Sako Optilocks om probleem reg te stel.

Google het my probleem ook bevestig. Jammerlik ook eers na gesukkel, Philip.

Verder, ek nie tegniese kenner nie. Het ook stel Warne ringe. My vermoede is dat hulle ook nie gaan help om die probleem te oorkom nie. Split is vertikaal, nie horisontaal nie.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Philip_L
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Philip_L »

Ek gaan kyk of ek gelukkig is en die probleem opgelos kry met ander ringe, maar anders gaan die maklikste seker wees om n 20MOA picatinny rail op te sit wat my ekstra hoogte sal gee.
Die ander alternatief is n teleskoop met meer elevasie verstelling, maar ek hou nie van die idee van n teleskoop wat so naby sy maks gestel is nie en dit is n groot uitgawe om iets te vervang wat eintlik reg werk.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Smith223 »

Philip_L wrote: Tue Jun 29, 2021 9:26 am Ek gaan kyk of ek gelukkig is en die probleem opgelos kry met ander ringe, maar anders gaan die maklikste seker wees om n 20MOA picatinny rail op te sit wat my ekstra hoogte sal gee.
Die ander alternatief is n teleskoop met meer elevasie verstelling, maar ek hou nie van die idee van n teleskoop wat so naby sy maks gestel is nie en dit is n groot uitgawe om iets te vervang wat eintlik reg werk.
Philip, plaas foto’s van jou geweer met ringe op asseblief.
Ek het moontlik ‘n goedkoop oplossing wat jy self kan implementeer.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Philip_L
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Philip_L »

Image
Image

Ek het ongelukkig net hierdie twee fotos op die oomblik.
User avatar
Philip_L
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Philip_L »

Kan mens n klein spacer/shim onder die agterste mount insit? Hy sal dik genoeg moet wees om n verskil op elevasie te maak, maar dun genoeg dat mount steeds genoeg vleis het om vas te trek.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Smith223 »

Philip_L wrote: Tue Jun 29, 2021 10:10 am Kan mens n klein spacer/shim onder die agterste mount insit? Hy sal dik genoeg moet wees om n verskil op elevasie te maak, maar dun genoeg dat mount steeds genoeg vleis het om vas te trek.
Dit is presies wat ek gedink het. Ek het gehoop jy het stud-tipe mounts want hulle is self-aligning. En sal nie ‘n buig moment op scope sit as jy agter shim nie.
As die mounts 120mm uitmekaar is, sal 0.35mm shim bo-op die agterste dovetail jou [glow]10MOA[/glow] gee.
As jy ‘n coke blikkiebmet skêr sny vir shims en 4 van die shims bo-op mekaar plaas is dit ongeveer 0.36mm.
Edit: MOA fout gekorrigeer
Last edited by Smith223 on Tue Jun 29, 2021 6:12 pm, edited 1 time in total.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Capt. Yoda »

Philip_L wrote: Tue Jun 29, 2021 10:10 am Kan mens n klein spacer/shim onder die agterste mount insit? Hy sal dik genoeg moet wees om n verskil op elevasie te maak, maar dun genoeg dat mount steeds genoeg vleis het om vas te trek.
Sny n bank kaart en sit hom agter in die mount (jy kan dalk bq sukkel met daai ringe wat so skeef vas maak). Ja ek het ook die CZ wat uit elevasie uit hardloop Tshirt
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by tripodmvr »

@Smith223

My se trig berekeninge dui op slegs 10MOA vir 'n .35mm verhoging?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Smith223 »

tripodmvr wrote: Tue Jun 29, 2021 6:09 pm @Smith223

My se trig berekeninge dui op slegs 10MOA vir 'n .35mm verhoging?
Oom is Korrek.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Heinz Petersen »

Om shim's onder die ringe te sit is nie n kortpad nie. Jy gaan vir jouself probleme veroorsaak. Die ringe gaan nie reg op die aksie vas trek nie en
met recoil gaan jou scope loskom. Sit vir jou n 20moa rail op.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Malan123 »

Ek neig om saam Hein te stem hier. Goedkoop koop is duur koop. Ek sal altyd in die veld worry oor shims...
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Alwin »

Philip_L wrote: Tue Jun 29, 2021 10:10 am Kan mens n klein spacer/shim onder die agterste mount insit? Hy sal dik genoeg moet wees om n verskil op elevasie te maak, maar dun genoeg dat mount steeds genoeg vleis het om vas te trek.
Jy sou kon op ander monterings, maar hierdie tipe het nie plek daarvoor nie. As jy dit tussen die aksie en ringe insit, dan trek die swaelstert die hele ring skeef. Tussen ring en teleskoop pyp is daar geen spasie om op te vul op vertikaal gesplete ringe nie.

Die oplossing is 'n 30 (of meer) MOA basis. As jou teleskoop 60 MOA 'n elevasiestrek het, sal 'n 30 MOA basis jou mooi netjies tot in die middel van die strek bring. Dalk het jy selfs meer nodig.

Verskeie vervaardigers het ringe met eksentriese insetsels beskikbaar. Jy kan selfs die agterste ring boontoe "offset" en die voorste ene ondertoe.
User avatar
Philip_L
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Philip_L »

Dankie almal.
Kry vandag scope terug dan gaan ek net nog 1 keer mount en doodseker maak alles is op die regte plek. As hy steeds laag is gaan ek maar n 20MOA rail try en kyk wat maak hy.
User avatar
Philip_L
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Philip_L »

So kry ek gister die teleskoop terug en sit hom sommer gou self op. Kyk hom met die oog so deur die loop na n bordjie in die buurman se erf en dit lyk vir my of teleskoop dan op selfde plek wys.
Vat hom gou na die plaaslike geweerwinkel om te check op die boresight en hulle se hy lyk reg.
Vanoggend gaan skiet en hy stel mooi in op 100m met elevasie te spaar…
Skiet 3 x 3 skoot groeperings en hy hou sy zero baie mooi.

Ek weet wraggies nie wat fout was die eerste rondte dat ek, geweersmid en gunshop nie n fout kon sien nie, maar nou is hy reg?! Dalk het die koeriers die scope net reg laat val dat hy nou reguit buig!

Baie verlee omdat ek so gesukkel het met n ding wat eintlik reg was en jul tyd gevat het om te help, maar bly ek het nie nou daai 20 MOA rail by my wat ek gister so amper amper bestel het nie……

Dankie vir almal se raad. Dalk help die draad iemand vorentoe wat n soortgelyke probleem het om net eers weer te double check…..
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by J le Roux »

Lyk my gewere is maar soos vrouenmense.

Partykeer is hulle moeilk sonder rede en dan skielik is als sommer netso maanskyn en rose.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Alwin »

Philip_L wrote: Thu Jul 01, 2021 11:19 am So kry ek gister die teleskoop terug en sit hom sommer gou self op. Kyk hom met die oog so deur die loop na n bordjie in die buurman se erf en dit lyk vir my of teleskoop dan op selfde plek wys.
Vat hom gou na die plaaslike geweerwinkel om te check op die boresight en hulle se hy lyk reg.
Vanoggend gaan skiet en hy stel mooi in op 100m met elevasie te spaar…
Skiet 3 x 3 skoot groeperings en hy hou sy zero baie mooi.

Ek weet wraggies nie wat fout was die eerste rondte dat ek, geweersmid en gunshop nie n fout kon sien nie, maar nou is hy reg?! Dalk het die koeriers die scope net reg laat val dat hy nou reguit buig!

Baie verlee omdat ek so gesukkel het met n ding wat eintlik reg was en jul tyd gevat het om te help, maar bly ek het nie nou daai 20 MOA rail by my wat ek gister so amper amper bestel het nie……

Dankie vir almal se raad. Dalk help die draad iemand vorentoe wat n soortgelyke probleem het om net eers weer te double check…..
Daai Warne ringe sit meer druk op die teleskoop se pyp as enige ander tipe. Dit is dus baie maklik om die teleskoop se pyp in te duik en dus die binnegoed te affekteer, as jy dieselfde wringkrag op die skroewe sit as met gewone horisontaal-gesplete ringe. Maak seker jy draai die boonste skroewe nie te styf nie. Ek sou sê om veilig te wees, gebruik die kort hefboom van die Allen sleutel. Ek gebruik self so 'n stel Warne's.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: CZ550 elevasie probleem

Post by Gawie(13mm) »

Net aanvullend tot wat Alwin hierbo sê.

Moet nooit jou telskoop gebruik om jou ringe "reguit" op die aksie te monteer nie, veral nie met die Warne ringe nie. Gebruik maar altyd 'n vlekvrye staal staaf met die korrekte deursnee om die ringe op te lyn en in te bed indien nodig. Ek gebruik self Warne ringe op my een roer en hy loop mooi.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply