More almal!
My ou staat maaker kort n nuwe loop. Het die geweer geerf van my oupa af en wil nie die geweer af skryf nie. Ek wil n nuwe sneller op sit ook. Wie sal julle voorstel om vir my n nuwe loop op te sit, Watse tiepe loop moet ek opsit(Bull of standerd)? Watse sneller? Die is my eerste keer wat ek so iets gaan aan pak. Kan julle my help asb!
Isreal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
-
tiaan09
- Newbie

- Posts: 11
- Joined: Thu Jul 18, 2019 5:46 am
Isreal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
Last edited by tiaan09 on Sat May 29, 2021 2:24 pm, edited 1 time in total.
Jag Jag en Nog jag!!!!

308 Israel Mauser k98
30-06 Musgrave Model 80
.22 Krico
45 ACP
22-250 Howa
308 Israel Mauser k98
30-06 Musgrave Model 80
.22 Krico
45 ACP
22-250 Howa
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Iseal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
More Tiaan
Ek sien jy het darem ook 'n30-06, so die wag tot jou Mauser uitgesort is sal darem draaglik wees.
Het 'n wapendmid al die loop deeglik ondersoek? Maak maar seker voor jy net aanneem doe loop is klaar. Moontlik kan dit ook net die kroon wees?
Indien die geweer vir jag aangewend gaan word sal ek by 'n standaard profiel loop bly. Diklope mak net sin indien jy 'n klomp skote kort op mekaar skiet, bv. gedurene sekere skietkompetisies.
In terme vn sneller, ek het 'n M98 gekoop met 'n Timney op, en hy trek presies soos ek verkies. Indien jy egter waarde aan die geweer se oorspronklikheid heg is, kan jy oorweeg om hom oorspronklik te hou en die geweersmid vra om te kyk of hy aan die sneller kan werk na jou wense.
Laat weet ons waar jy woon en sie mamne sal laat weet wie betroubare werk in jou omgwewing doen.
Laastens moet jy ook onthou dat loopverwanging ongelukkig gepaard gaan met 'n aansoekproses deur jou SAPS DFO.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
tiaan09
- Newbie

- Posts: 11
- Joined: Thu Jul 18, 2019 5:46 am
Re: Iseal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
More J le Roux
My wapensmid het hom deur gegaan, ek het 2 jaar trug n nuwe kroon laat sny. Ek vat elke jaar my gewere na my wapensmid toe om deur gegaan te word. Hy se ekt so +- 500 skote oor tot hy gaan begin moeilikheid maak. My groepering raak groter elke jaar,ek herlaai ook self. ek skiet so +- 500 skote n jaar. Die geweer gebruik ek vir jag,baan en op die plaas. Die groot ding met my 308 is Die kamer, hy het al roes binne wat uit gehaal is en dit het ook growe gemaak.
My sneller kan nie gestel word nie, omdat dit n weermag sneller is volgens my wapensmid. So ek sal graag n nuwe sneller wil op sit.
Ek bly naby Kareedouw in die Oos kaap. Ek gee glad nie om,om te ry om my geweer na die regte ou toe te vat nie.
My wapensmid het hom deur gegaan, ek het 2 jaar trug n nuwe kroon laat sny. Ek vat elke jaar my gewere na my wapensmid toe om deur gegaan te word. Hy se ekt so +- 500 skote oor tot hy gaan begin moeilikheid maak. My groepering raak groter elke jaar,ek herlaai ook self. ek skiet so +- 500 skote n jaar. Die geweer gebruik ek vir jag,baan en op die plaas. Die groot ding met my 308 is Die kamer, hy het al roes binne wat uit gehaal is en dit het ook growe gemaak.
My sneller kan nie gestel word nie, omdat dit n weermag sneller is volgens my wapensmid. So ek sal graag n nuwe sneller wil op sit.
Ek bly naby Kareedouw in die Oos kaap. Ek gee glad nie om,om te ry om my geweer na die regte ou toe te vat nie.
Jag Jag en Nog jag!!!!

308 Israel Mauser k98
30-06 Musgrave Model 80
.22 Krico
45 ACP
22-250 Howa
308 Israel Mauser k98
30-06 Musgrave Model 80
.22 Krico
45 ACP
22-250 Howa
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Iseal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
Koop 'n Thor sneller. http://www.sapremiumbullets.co.za/sapremium-thor.htmltiaan09 wrote: Sat May 29, 2021 7:45 am More J le Roux
My wapensmid het hom deur gegaan, ek het 2 jaar trug n nuwe kroon laat sny. Ek vat elke jaar my gewere na my wapensmid toe om deur gegaan te word. Hy se ekt so +- 500 skote oor tot hy gaan begin moeilikheid maak. My groepering raak groter elke jaar,ek herlaai ook self. ek skiet so +- 500 skote n jaar. Die geweer gebruik ek vir jag,baan en op die plaas. Die groot ding met my 308 is Die kamer, hy het al roes binne wat uit gehaal is en dit het ook growe gemaak.
My sneller kan nie gestel word nie, omdat dit n weermag sneller is volgens my wapensmid. So ek sal graag n nuwe sneller wil op sit.
Ek bly naby Kareedouw in die Oos kaap. Ek gee glad nie om,om te ry om my geweer na die regte ou toe te vat nie.
Ek het een op my ou 8x60J gesit en dit maak die wêreld se verskil. Daai ou weermagsneller is heel moontlik die rede vir jou groot groepe.
- thys308
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm
Re: Isreal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
Ek stem oor die sneller, gooi thor sneller op en my mauser loop mooi met 150gr punt en bietjie ligter. Die ouens reken daai 308 kan tot 8000 skote doen met gemak en freeflout daai loop dat jy R10 noot maklik tussen kolf en loop deur trek en kyk dan.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Isreal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
Jy moet maar kyk watter lope jy kan in die hande kry.tiaan09 wrote: Sat May 29, 2021 6:54 am More almal!
My ou staat maaker kort n nuwe loop. Het die geweer geerf van my oupa af en wil nie die geweer af skryf nie. Ek wil n nuwe sneller op sit ook. Wie sal julle voorstel om vir my n nuwe loop op te sit, Watse tiepe loop moet ek opsit(Bull of standerd)? Watse sneller? Die is my eerste keer wat ek so iets gaan aan pak. Kan julle my help asb!
Ek sou by 'n dunner profiel bly, aangesien die '98 aksie nie styf genoeg is om 'n swaar loop te dra sonder vervorming nie. (Daar is 'n paar "trieks", maar dit gaan nou duur raak.
Kyk na die groefdraai. Standaard is gewoonlik 1:12". As jy 'n 1:10" loop opsit kan jy langer koeëls gebruik. Dit mag handig wees as jy na gedraaide koperkoeëls wil oorskakel. Soms is daar nog 1:14" lope beskikbaar, maar dit beperk jou tot kort koeëls, ongeveer 150gn maks.
Die loop plus wapensmidwerk gaan jou waarskynlik meer as R10 000 kos. Kyk mooi daarna, want vir dieselfde geld kan jy 'n splinternuwe Howa koop.
Vervang die sneller met 'n Thor. Goeie waarde vir geld en uiters duursaam. Dit maak 'n groot verskil aan enige geweer.
-
tiaan09
- Newbie

- Posts: 11
- Joined: Thu Jul 18, 2019 5:46 am
Re: Isreal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
Ek herlaai klaar en skiet 150gr Hornady interlocks. Ek het nou n nuwe lading gelaai en kon mooi groepering skiet op 200m. Die geweer hou ook van Army rontes. Ek het geen idee watse twist my geweer het nie. Hoe kyk ek dit? Ek gaan vir my nou n Thor sneller bestel, het klaar hulle gemail. Kan ek self die sneller in sit? Watse K98 sneller moet ek vat? watter een is die beste? Ek hou van my din loop op my 308. Skote deur sy loop kan ek nie vir julle se nie. Ekt al 4500 skote deur hom gesit van hy op my naam is,ek weet nie hoeveel my pa en oupa deur hom het nie, dis my probleem. Die geweer was full stock gewees en ekt hom na n normale hout kolf toe gemaak. Kolf is reg gebed en R10 noot trek mooi deur.
Jag Jag en Nog jag!!!!

308 Israel Mauser k98
30-06 Musgrave Model 80
.22 Krico
45 ACP
22-250 Howa
308 Israel Mauser k98
30-06 Musgrave Model 80
.22 Krico
45 ACP
22-250 Howa
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Isreal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
Maak die geweer se loop mooi skoon. Maak veral seker dat jy al die koolstof uitkry. Koper word maklik uitgehaal met vandag se mutis, maar koolstof word baie hard en het spesiale behandeling nodig.
Jou loop is heelwaarskynlik 1 in 12 om weermag ammunisie te skiet. Gewigte van 140-150gr sal dan goed werk.
Jou loop is heelwaarskynlik 1 in 12 om weermag ammunisie te skiet. Gewigte van 140-150gr sal dan goed werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Isreal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
Meng waterstofperoksied en wit asyn en water, omtrent 1:2:3. Dit werk koolstof se gal.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Isreal Mauser K98 .308 kort nuwe loop
Het Thor meer as 1 sneller opsie?tiaan09 wrote: Sun May 30, 2021 6:41 am Ek herlaai klaar en skiet 150gr Hornady interlocks. Ek het nou n nuwe lading gelaai en kon mooi groepering skiet op 200m. Die geweer hou ook van Army rontes. Ek het geen idee watse twist my geweer het nie. Hoe kyk ek dit? Ek gaan vir my nou n Thor sneller bestel, het klaar hulle gemail. Kan ek self die sneller in sit? Watse K98 sneller moet ek vat? watter een is die beste? Ek hou van my din loop op my 308. Skote deur sy loop kan ek nie vir julle se nie. Ekt al 4500 skote deur hom gesit van hy op my naam is,ek weet nie hoeveel my pa en oupa deur hom het nie, dis my probleem. Die geweer was full stock gewees en ekt hom na n normale hout kolf toe gemaak. Kolf is reg gebed en R10 noot trek mooi deur.
Om die sneller in te sit is redelik maklik. Gewoonlik het hulle 'n pamflet met instruksies by.
Om die sneller reg in te stel is ietwat moeiliker. Die probleem is dat daar baie beweging in die grendel is en dit kan veroorsaak dat die glipnok glip voordat jy die sneller trek. Maak dus seker dat jy kundige hulp kry om die sneller reg in te stel. Dis 'n veiligheidskwessie. Onthou ook dat 'n sneller slyt met gebruik. Hy kan dus toekomstig onveilig raak met gebruik. Leer hoe om dit te sien en reg te stel.