Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by SV MAD (Henk) »

Met die Howa wat so betroubaar is en n goeie prys is ook, stel ek belang in enige van bogenoemde gewere. Ek weet maar min van gewere af en vra raad asb.
Ek sal primer blesbokke skiet op my skoonma se plaas in die Vrystaat. 200-400m skote. Watse kaliber kan baie goed werk. Neem asb in ag dat ek tog so 2keer per jaar in bosveld ook wil jag.

Waarna kyk ek vir vlakte skiet (puntgewig en spoed) van die verskillende kalibers? En kan ek die 375 met n ligte punt skiet? Dankie manne, ek luister by die radio. Moet asb nie terughou met opinies en raad nie.
ek soek nog wapens...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Geno »

300 win mag met 130gr GSCHV koeels en jy's gewax ;)

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by SV MAD (Henk) »

Hi Eugene. Enige rede hoekom jy so se en nie die 375 nie?
ek soek nog wapens...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Geno »

Hoeveel buffels gaan jy skiet? Dis nie die moeite werd om 'n 375 te koop as jy hom nie gaan gebruik waarvoor hy ontwerp is nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Theo E »

i am a 270 fan but in your case i would go for the 30-06 or the 300win
then you can load from a 125gr to a 220gr
at the end of the day the choice is yours 
my 2c
theo
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by SV MAD (Henk) »

Goeie punt. Watter van die kan ek met n knaldemper ook opsit en dat die knaldemper goed werk?
ek soek nog wapens...
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Armand Steenkamp »

Geno Dankie! Ek meen die selle.

SV watse geweere het jy reeds? As dit jou eerste roer gan wees sal dit nie n slim plan wees om die 375ruger te koop nie.
Hy skop sommer lekker en jy kan n flinch opdoen. Hy is ook duur om te skiet en as jy nie herlaai nie gan jy nog meer betaal.

As die jou eerste kaliber is dan sal ek se jy moet die 270,308 of 3006 sterk oorweeg. Jy se nou 200m tot 400m maar baie keer lyk dit vir jou baie verder as wat dit rerig is. As jy jag dan is 400m n bitter lang skoot en jy moet uiters goed skiet as jy so ver wil skiet. Ek sal se kry vir jou n 308. Jy het n wye verskydenhyd koelpunte wat jy kan laai,dit wil se jy kan hom gemaklik in die bosveld gebruik en dan met die ligter koeele kan jy sy gat lekker warm maak vir daai laaang skote warvan jy praat. Tot op 300m kan n man nog met die 308 goed regkom.Jy gan ook nie sukkel om n 308 te laat groepeer as jy herlaai nie . As jy iets soek met n bietjie meer oemff kry dan n 3006.

Dis maar net my 2c

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Armand Steenkamp »

SV jy kan al die kaliber n KD opsit. By die 2 kalibers wat ek jou aanbeveel het (308Win,3006) Gan n knaldemper mooi werk! Sag op die skouer en oore! Op die ligter punte skop die geweertjie soos n 243!


Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Biltongjagter

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Biltongjagter »

SV Mad,

As daardie SV vir Speed Velocity staan, is Geno reg!

Jy kan daai GSCHV 130gr 3600vps uit 24" loop jaag en as jy kan skiet, kan jy maar daai 400m skote aanvat!

Die 300WM keuse gee jou 'n wye reeks van GSCHV koe?ls  - vanaf 130gr tot 160gr - meer as wat jy sommer gou sal nodig h?.

Groete,
Koos.
User avatar
saimportsuplies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Jan 11, 2011 8:51 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by saimportsuplies »

300win mag, 220gr rhino vir bosveld ,buffel se m..r en 168gr teen 3250fps , dan is jy reg vir 400m. dit help nie jy wil te lig gaan nie want jy wil darm n eland op 150 meter of n kudu op 200 meter kan skiet sonder om altyd met jou buffel koels veld toe te gaan. ons skiet 300wm op die baan met 200gr sierra smk teen 2920fps en ons skiet uit tot 1200m
hoop jy kies lekker
francois
User avatar
DavidddeWet
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sat Jul 23, 2011 10:53 am

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by DavidddeWet »

Ek skiet 'n 300 wm met 165gn punte vir alles, ons vlakte blessies hier en alles in die bos en dit werk goed vir my.
Baie lekker geweer en kd werk mooi. Sterkte met die keuse!
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by SV MAD (Henk) »

Ek dink die keuse nou vir my is die 300winmag. Ek sou graag die 375 gedoen het, maar soos tereg gese, die geweer gebruik mens net eintlik op dangerous game. Ek is maar nog net gewoond aan boogjag dat jy die swaarste wat jy kan trek gebruik, ek bedoel jy kan n duiker skiet met n 90pond boog, maar jy kan nie n buffel skiet met n 50pond boog nie.
Is daar n groot verskil in punt gewigte en muzzle velocity tussen die 375 en die 300winmag? Wat is die prys van koele watse geweer overall is duurder om te "skiet en onderhou". Dankie vir al die antwoorde sover.
ek soek nog wapens...
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Monrique (SJ) »

SV

Van al die gewere wat jy noem is die .308 seker die goedkoopste om te skiet.  Spoed is nie altyd die antwoord nie.

Vir wat jy wil jag en omgewing van jagte sal ek se gaan vir die .308 of 30-06!

Groetnis
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by BLOK »

300wm Daars al heeltemal genoeg redes gegee, en anderdag as jy dalk n eland wil skiet hoef jy nie weer te koop nie. Enige van die gewere kan jy knaldempers opsit daai 300 gaan dan voel soos n 243, en as jy nie daarvan hou om met hom in die bosveld te loop nie haal jy hom net af. Ek het n 300H&H en skiet alles met hom van springbok tot eland daai 150g koele loop redelik plat en as ek bosveld toe gaan gebruik ek net 220g met n laer spoed.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Armand Steenkamp »

SJ stem saam jou!

SV Gan vir die 308of 3006  Los die magnum kalibers vir later. Altwee die 300winmag en 375 is duur om te skiet.

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
BUSH1
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Apr 21, 2010 3:58 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by BUSH1 »

sv die groot vraag is hoeveel jy gaan skiet , as jy 10 bokke per jaar skiet maak koste van patrone nie soveel saak nie , maar as jy  100 + bokke gaan skiet dan maak die kostes van komponente nogal groot verskil ,

jou bosveld jag is dit koedoes en rooibokke of wil jy groter gaan soos eland ect .?

ek het nogal bietjie voorkeur op spoed so my antwoord mag miskien in daai lyn wees .

dit klink vir my of jy jou meer gaan toespits op vlakte wild so jy sal beter doen moet plat trajek

270 win vir blesbok hoofsaaklik tot koedoe ( vir nou en dan )  of 300 win mag as jy na eland se size wil gaan .


en sit maar vir jou silnecer op dit maak die wereld se verskil
User avatar
DavidddeWet
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sat Jul 23, 2011 10:53 am

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by DavidddeWet »

SV,
Hier is baie goeie eienaskappe van beide genoem en alles is ook persoonlike keuse en hoeveel jy gaan skiet.

Met vandag se uistekende goeie punte kan jy 'n kleiner dop geweer kry en self laai en 'n goeie plat trajek kry vir baie minder skop.

Waar ek so amper 100 rondtes per blik kruit kry vir die 300wm gaan jy baie minder kruit gebruik en meer rontes laai met 'n 308 bv en dit beteken meer skiet uit 'n blik kruit wat jou gemakliker gaan maak met die geweer wat jy kies.

'n goed geplaasde 7.65 premium punt uit 'n geweer wat jy baie skiet en goed ken sal beter dood maak as 'n vinge punt uit 'n geweer wat jy nie baie skiet oor die recoil te veel is omdat mens min skiet en oefen. 

Sterkte met die keuse en die leker le voor al daai skiet en oefen om jou gun te leer ken!

Groete
David
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Monrique (SJ) »

@David

Stem saam met jou, jy kan met minder kruit en spoed ook dieselde dier dood met n goed geplaasde skoot.  SV gaan dalk nie nou so baie skiet nie, maar dalk later en dan is n .308 of 30-06 nogal heelwat goedkoper om aan die gang te hou as n .300 of .375 en jy het minder recoil vanselfsprekend.

@SV

Die uiteinde van die saak is jy moet jou geweer ken asook die trajek en  tevrede wees met die geweer.  As jy kan skier eers met van of al die gewere wat jy genoem het en kyk en besluit dan self watse een jy gemaklik mee is en skiet.

Groetnis
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by Arnold »

Kom ek s? 270Win net om jou opsies oop te hou. Ek kyk self na 'n 270Win as 'n jag geweer.
My 308 is nou eintlik te swaar om mee rond te loop en my 260 is vir my 'n bietjies te lank.

Vir 'n eerste roer sou ek die 30-06 voorstel bo die 300WM, sodat jy nie 'n flinch aanleer nie.

Omdat ek gewere het waarmee ek baie op die baan kan skiet is die 375 Ruger vir my ook nogal 'n opsie, alhoewel hy min gebruik gaan word. En ek het myself belowe dat ek my 9.3x62 (wat verkoop is) sal vervang met 'n 375 of groter kaliber  ;D
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by DawieKotze »

Alweer so 'n topic! Lekker om al die manne se voorkeure van te lees ;D

Eks bevooroordeeld, want my hartgeweer is 'n .308 W. Tot dusv?r in al my jare (meer as 30) se jag het ek als met hom geskiet wat ek wil skiet - van duikers tot eland op verskillende afstande (naaste skoot was 50 meter op die eland en verste gemete skoot was 345 meter op springbok).

As ek weer moes begin? Dan kies ek weer die .308W! Eendag as buffels se pryse my sak pas, sal ek 'n 375 koop!

Watter geweer jy ookal op besluit - daar is net 3 dinge wat jy moet onthou as jy gaan jag en jy sal dit net regkry as jy gereeld oefen.......

1) Skootplasing
2) Skootplasing
3) Skootplasing

.........met natuurlik premium koe?ls

Dis hier waar ek eerder 200 skote oefen met my .308W as met 'n 300WM - al skiet ek miskien net 10 skote per jaar in die jagveld.


Groete en voorspoed met al die keuses!  :)
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by SV MAD (Henk) »

Dakie vir al die raad sover manne, ek waardeer dit ongelooflik. Ek wil net nog iets weet asb, en dit te doen met die knaldemper.
As ek n 300winmag n knaldemper opsit en hy skiet klink hy soos die 243 en wat ek van gelees het het hy dan minder recoil ook. Hoe vergelyk dit dan as ek n 270 en n 308 n knaldemper aansit? Hoe hard is die skoot en hoe is die recoil? Jammer vir al die vrae, maar ek kyk na al die opsies voordat ek n geweer koop, want as jy jou eerste geweer koop is dit darem iets spesiaals.
ek soek nog wapens...
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by DawieKotze »

SV MAD - ek kan jou nie daar help nie, want ek het nog nooit die nodigheid vir my tipe jag gesien om 'n KD op te sit nie. Hoekom wil jy een h??

As ek moet raai uit al die manne se gesels, gaan die KD op die 270 en 308 hulle seker soos 'n 222 laat skiet? 
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by SV MAD (Henk) »

Ek wil graag n KD opsit want wil nie die blesbokke wild skiet nie
ek soek nog wapens...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by BLOK »

SV

Knaldemper is n baie lekker en goeie ding, soos jy se dit keer baie dat die bokke wild word, jou ore spaar jy baie veral as jy op die skietbaan is en baie skote skiet, die geweer is baie meer akuraat agv die minder recoil en jump.

My 300 sonder demper skop geweldig baie so dat my vrou weier om met hom te skiet darmee skiet my seun wat baie klein gebou is en nou eers graad3 skoot vir skoot op die baan sonder pyne. Wat die klank demping betref hang dit baie af van die tipe demper en wie hom gemaak het. Gaan soek elders op die forum daar is knaldemper al in detail bespreek.

As ek jou raad kan gee koop n Terminator van Clarence in bloem baie manne het al ander make gekoop en was nie tevrede maar van die Terminator het ek nog nie n slegte woord gehoor nie.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger

Post by SV MAD (Henk) »

Hi Blok. Dankie vir die inligting. Ek het gedink om n terminator te kry, dit klink na n baie goeie knaldemper
ek soek nog wapens...
Post Reply