Gebruik van spoor hond

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Gebruik van spoor hond

Post by Eduard Venter »

Is hier enige iemand wat honde gebruik om spoor te vat?

Ek wil graag 'n gesprek begin wat die voor en nadele, praktiese oorwegings en sommer enige ander punte uitlig om 'n hond aan te hou vir die doel.

Deel bietjie julle ondervinding asseblief. Hoe gereeld moet die hond werk, oefen ens? Ek oorweeg om 'n hond te kry, summier as 'n werk hond, nie 'n troetel dier nie.

Maar ek doen nou eers bietjie huiswerk, is nie haastig nie. Ek dink dit kan dalk die moeite werd wees, ek wil nie baie graag my jagter inlig ons het bloed gekry maar sy R50k bok lê êrens in die lang gras nie.

Groete

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by hierswolf »

Ek was onlangs op n jag waar een van die ouens n bwb gekwes het. Hy het die spoor verloor en 5 ure lank deur die bos gesoek maar kon nie weer die spoor kry nie.

Die PH reel toe n hond om te kom spoorsny. Nie 20min later nie kry hulle die bok in n digte bos, nie ver van waar hy geskiet was nie.

Ek was al op n paar jagte waar n hond die dag gered het vir n jagter en dis vir my n groot plus as die plaas een het, veral in die bosveld.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Gebruik van spoor hond

Post by J le Roux »

Ek het op n plaas naby Musina gejag waar 'n Bluetick baie goeie werk gedoen het. Dit is baie lekker

Met ons jaggroep is dit tradisie dat almal help kwesbok soek. Dit klink gaaf, maar die boer ly daaronder. Vyf jagters agter een kwesbok aan onderbreek die jag en sy inkomste ly daaronder.

Mer 'n goeie spoorsny hond en gids loop dinge mooi.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Capt. Yoda »

Ou Phillip (Morkel op die forum) is nou by sy huis in PE maar praat met hom oor sy Beagels. Daai honde is iets ongelooflik en volg enige ding, as ek op n plaas gebly het sou dit die hond gewees het wat saam my rond ry. Tot as ons kinders weg kruiper speel en jy se vir daai Beagels gaan soek hulle wors jy van verneek aan gekla
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Gebruik van spoor hond

Post by naas222 »

Ek het saam n ou gewerk wat met Kortbeen jack russels gewerk het.
Hyt hulle van kleintyd met bloedwater sommer wat hy loop en drup sommer uit n plastiek sak opgelei.
In lang gras bietjie gesukkel maar in sand en bosveld het hy mooi gesny ..
Dis nogal mooi om so hond te sien werk..
Van eland to vlakvark gewerk. En hulle is braaf .. dis waar een sy moses tee gekom het met so vark.. maar veeart het hom toegewerk..
Daai jack russels ry lekker in n bakkie met sy pote so op die dash om te kan sien.. of spring sommer op passasier se skoot kop by die venster uit.. groot hond moet agter ry
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Eduard Venter »

Dankie vir almal se terugvoer sover. Lyk baie belowend. My een bekommernis is wel so bietjie dat ons baie vlakvarke hier het en ek wil nie graag my hond se derms vir hom moet terugsit nie.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Stephan86 »

Eduard Venter wrote: Mon May 17, 2021 10:03 pm Dankie vir almal se terugvoer sover. Lyk baie belowend. My een bekommernis is wel so bietjie dat ons baie vlakvarke hier het en ek wil nie graag my hond se derms vir hom moet terugsit nie.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Ek weet nie of mens hul so kan leer nie, ma dalk is 'n minder brawe hond die antwoord in die geval, waar hul 'n ent weg staan en blaf as hul die dier vind.

Ek ken 'n ou wat sy staffies ook geleer het om bloedspoor tevat en hul het ook al 'n paar onderonsies met varke gehad, gelukkig tot op hede was daar nog nie te ernstige beserings nie.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Capt. Yoda »

Eduard, ons kan altyd vir jou n demo reel daar op die plaas, kry jy n rooibok reg en ek reel n Beagle of 2 ;)
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Hennie Dreyer »

Net een negatiewe ondervinding gehad: Twee Bluetics was gebruik om gekweste koedoe bul op te spoor. Die Bluetics het onderweg 'n jong koedoe koei doodgebyt.
Ek moet se ek weet nie veel van honde en korrekte opleiding vir hulle nie, maar neem aan dat hierdie 'n uitsonderlike voorval was?
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Eduard Venter »

Capt. Oblivious wrote:Eduard, ons kan altyd vir jou n demo reel daar op die plaas, kry jy n rooibok reg en ek reel n Beagle of 2 ;)
Haha Cappie, ons kan verseker iets reël.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by jaracal »

Capt. Oblivious wrote: Tue May 18, 2021 8:26 am Eduard, ons kan altyd vir jou n demo reel daar op die plaas, kry jy n rooibok reg en ek reel n Beagle of 2 ;)
Wie lei die honde op, of doen julle dit self?
Ek het 'n GSP gekoop maar hy is verskriklik aandag afleibaar wanneer dit by voëls kom. Baie frustreerend as hy die spoor vat en dan verdwaal as hy voëls sien. Ek oorweeg om 'n ander hond te kry vir die werk en dink ook kleiner is beter.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Capt. Yoda »

Oom Jaracal ek sal bq vir Phillip vra om hier te kom reply as hy kla vis gevang het, hy leer hulle self somer in sy erf maar hy weet wat hy doen met n hond. Sy laaste Beagle het n persoonlikheid van homself gehad en hy het hom in n week verander, daai een was nou nog nie in die jagveld nie maar mens kan sien hy sal reg kom veral as hy saam met die ouer Reun is. Hy het n tefie in PE wat ek nog nie gesien het nie maar ek verstaan sy breek sy spoed bq ++>: , dit is regtig n fantastiese honde ras, ongelooflik slim en lus vir werk en hulle is nog baie erg oor kinders ook.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by jaracal »

Dankie man, sal waardeer.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Methos »

Hier by ons is daar manne wat spesialiseer in die gebruik van bloedhonde. Hulle het 'n spesiale formasie gehad en hulle nommers word aan elke jagklub gegee. As jy 'n dier gekwes het dan merk jy die spot en volg nie te ver op nie - Dan kom die ou so gou as moontlik. Hy vat dan die spoor. Die hond is op 'n baie lang leiband sodat hy nie net weghardloop nie. As hulle naby die gewonde vark is word die hond losgemaak. Party mense trek vir die honde kevlar veste aan. Dit kos nie so duur nie. Hier is 'n video van 'n man wat 'n vark volg en skiet.

https://www.youtube.com/watch?v=SiMqSYMTyQY

https://www.youtube.com/watch?v=ac1AcLPkk8M

Worshonde is baie gewild daarvoor.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Dimitri »

My vriend het n plaas op Dwaalboom so 3km van die Botswana grens af. Daar is baie varke daar en sy een hond moes twee keer steke kry agv n gekwesde vark. Daai hond moes ook een keer steke kry agv n gekweste wildebees en dan ook n paar keer seergekry sonder dat steke nodig was. Arme hond het ook n spoegkobra by die plaashuis gekry en moes behandel word vir venom in die oe. Een reenirige aand het my vriend gehoor hoe die hond tjank en toe hy gaan kyk het kry hy die hond met n groot luislang om hom. Hy kon die hond red en die slang is weer vrygelaat. Daai hond se naam was Whitey en hy was die beste spoor hond wat ek nog gesien het. Hy't n goeie neus gehaad, hy was gehoorsaam en was baie intelligent. Hy het van die eerste dag af verstaan wat sy baas van hom verwag het. Marius het die hond gewoonlik losgemaak op n bloedspoor. As Whitey nie die bok kon kry nie dan het hy na so 15-30 minute self teruggekom. As hy die bok lewending of dood gekry het het hy aanhou blaf tot jy by hom was. Hy het dit van self gedoen, hy was nie opgelei om dit te doen nie. Sy enigste vout was dalk dat hy TE dapper was en daarom het hy so baie seergekry. As jy op n manier die hond kan oplei om die bok te keer maar nie fiesies aan te val nie dan is dit veiliger vir die hond. Hy was n Border Collie en, na Whitey, het my vriend weer Border Collies gekry en hulle was ook baie goed met spoor vat.

Een van sy Border Collie kon die bokke kry maar hy het nie geblaf nie so dan was dit moelik om die hond weer te kry en hulle moes maar probeer spoorvat. N GPS collar sal daai probleem uitsorteer maar ek dink tog dis n goeie ding dat die hond opgelei word om te blaf as hy die bok kry. In digte bos is dit baie moelik of ontmoontlik om die hond op n' leash te hou en saam met hom te loop so dis beter om hom los te maak en dan weer te kry deur sy blaf of deur die GPS.

Aan die begin van die maand het n ander vriend van my gaan voels skiet op n plaas naby Randfontein/Western Area. Hulle het in lang gras op n vlakvark afgekom. My vriend se GSP het die vark (wat nie gewond was nie) aangeval en hy het 4 steke vir sy moeite gekry.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by jaracal »

Wil amper vir my voorkom dat enige hond kan werk, ek weet ook van 'n ou wat 'n German Shepard gebruik en wat uitstekend gewerk het. Lyk my die hond moet net rgistreer wanneer die penny drop. Ander is dit so dat die ligte is aan maar die mense is nie tuis nie.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Capt. Yoda »

Een van die oulikstes wat ek gesien het was n worshond maar ja hy het ook net n paar seisoene gehou toe strip n BWB sy moer vir hom, ek dink die groter honde wat geteel is/was vir die game vertaan bq beter om nie bo op n gekweste dier te spring of hom aan die nek vel te probeer gryp nie. Met n gemsbok sal ek nie somer n hond gebruik wat nie weet wat hy doen nie, hulle leer nie n hond steek nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Lategan1 »

jaracal wrote: Tue May 18, 2021 9:12 am
Capt. Oblivious wrote: Tue May 18, 2021 8:26 am Eduard, ons kan altyd vir jou n demo reel daar op die plaas, kry jy n rooibok reg en ek reel n Beagle of 2 ;)
Wie lei die honde op, of doen julle dit self?
Ek het 'n GSP gekoop maar hy is verskriklik aandag afleibaar wanneer dit by voëls kom. Baie frustreerend as hy die spoor vat en dan verdwaal as hy voëls sien. Ek oorweeg om 'n ander hond te kry vir die werk en dink ook kleiner is beter.
Vriend Google.
“German Shorthaired Pointer
Like his cousin the Pointer, the German Shorthair has outstanding scenting and trailing ability in the field. Holding his large brown nose low, he follows ground scent intensely, unlike the Pointer, who runs with his head up.”

Vreemd wat jy noem. Kan baie redes wees, bloedlyn ens. Van die groot honde word GSP as een v d beter grondreuk en lugreuk spoorsnyers beskou, om te ‘retrieve’.

Ek jag al meer as 20 jaar voëls met honde, 25-30 haelgewere/jagters/dag saam met kundige manne. (Ek terloops die novus en onkundige). Het daar gesien dat die honde, hetsy Pointer, GSP, Hungarian Fizsla e.a. mekaar sterker maak en aanspoor, gesamentlik skep hulle fokus en BEHOU dit. Mens sien dit ook in die Ooskaap met die Jakkalsjag honde wanneer die trop uitgaan. Die retriever/pointer bly wel in kontak en werk vir sy hanteerder, nie vir die trop nie.

Weet te min van jou hond se omstandighede, ek ook nie kenner nie, maar klink vir my hy soek dalk maats in die veld. Hulle kompeteer oor grond- of lugreuke opvolg. Oorweeg kleiner hond saam met joune. Ongelooflike ervaring, my menswees verander.

Ek gebruik Weimareiner, koppigste v die lot, goed opgelei, maar ek vermoed die ander honde het hom beter opgelei as ekself. Hy moet ook huis oppas!

My2c.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Zuku »

Was eendag naby Black Rock saam met n jagter agter n kwes bok aan. Na so 5 km se spoorsny loop spoor dood. Ou Jonas van die plaas het so 2 ure later sy 3 strooi brakke (mixed breed almal n windhond, jack russel en poodle) gevat en so 2 km verder die bok gekry. So n gewone hond wat net reg geleer is sal die werk kan doen,
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by JohanvB »

Waar ek jag in die Oos Kaap, het die boer se twee seuns elk 2 langbeen Jack Russels, daai honde is ysters in die veld!!

Maar dit het tyd gevat om hulle te kry as spoorhonde..
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by jaracal »

My hond vind die dooie bokke in die lang gras as ek in die nag gaan skiet so ook die jakkalse maar die penny het nog nie heeltemal gedrop met die spoor volg van 'n gewonde dier nie. Sal bietjie kyk of ek nie 'n kleiner hond kan kry en hom ook oplei. Dalk is dit soos jy sê, dat hulle saam baie goed sal werk. Hy is goed opgelei om nie bokke te jaag nie, uitsonderlik gehoorsaam en verskriklike goeie temperament. Uitsonderlike companion
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Guillaume
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Thu Aug 29, 2019 8:54 am

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Guillaume »

Ek het ook al op 'n plaas net buite Musina gejag waar daar gebruik gemaak word van honde vir spoorsny.

Fantasties gewerk met verskeie honde, (Visla, Jack Russel/Foxterrier en worshond). Die boer is baie lief vir honde en leer hulle self.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Lategan1 »

Onthou net, die voël honde kef kef nie noodwendig as hulle werk nie. As hulle point of net gaan stilstaan by prooi, is hulle stil en staties. As jy opdrag gee om “te kry of bring”, verander die prentjie ietwat! Partykeer karnuffel hulle die prooi, maar op instruksie van die hanteerder nie veronderstel om dit te doen nie.

Pasop net dat die kleiner keffende hond hom nie swak maniere leer nie, maar al wat ek uitlig. Ek ht al met Jack R gejag, soos Johan noem, uitstekend, maar hulle raas wanneer hulle werk! Hang af wat is jou behoefte. Geniet.

My ervaring.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Ferdi Bam »

n Kleiner hond wat nie ook hunt, point en retrieve instinkte het nie soos n JR en heel moontlik n "flusher" is gaan jou GSP heeltemal konfoes. Jy sal die kleiner hond ook eers moet leer om nie bokke en voëls te jaag nie. Hulle jagmetodiek verskil totaal en al.

n Hond se vermoeë word grootliks bepaal deur sy hanteerder se insette. Geld koop nie n goeie jaghond nie maar wel die bloedlyn/teling. n Skouhond ook nie n goeie jaghond nie.

My verwysingsraamwerk lê ook maar net by die GSP en ek jag aktief voëls. Leer ook my honde self, geen groter jagter satisfaksie as jou hond suksesvol jag nie. Ek het egter nou vir my n JR teef uit n werkersbloedlyn gekry vir spoorsny. Bied totaal en al nuwe uitdagings. Opleiding van n GSP n " breeze" invergelyking met die JR maar ons vorder.

As daar n persoon is wat leiding kan gee met spoorsny sal ek dit ook waardeer.

Groete

Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Gebruik van spoor hond

Post by knipmes »

Ferdi Bam wrote: Tue May 25, 2021 7:45 pm n Kleiner hond wat nie ook hunt, point en retrieve instinkte het nie soos n JR en heel moontlik n "flusher" is gaan jou GSP heeltemal konfoes. Jy sal die kleiner hond ook eers moet leer om nie bokke en voëls te jaag nie. Hulle jagmetodiek verskil totaal en al.

n Hond se vermoeë word grootliks bepaal deur sy hanteerder se insette. Geld koop nie n goeie jaghond nie maar wel die bloedlyn/teling. n Skouhond ook nie n goeie jaghond nie.

My verwysingsraamwerk lê ook maar net by die GSP en ek jag aktief voëls. Leer ook my honde self, geen groter jagter satisfaksie as jou hond suksesvol jag nie. Ek het egter nou vir my n JR teef uit n werkersbloedlyn gekry vir spoorsny. Bied totaal en al nuwe uitdagings. Opleiding van n GSP n " breeze" invergelyking met die JR maar ons vorder.

As daar n persoon is wat leiding kan gee met spoorsny sal ek dit ook waardeer.

Groete

Ferdi Bam
Wat bloedspoor betref, het ek die bloed en bloederige vleis van geslagte bokke apart in plastiese sakkies gevries. Wanneer ek dan die jong hond (JR) leer, drup ek eers van die bloed wat ontvries is n ent en plaas n stuk van die rou vleis aan die einde. Ek loop dan met die hond aan sy leiband eers n bietjie kruis en dwars n ent voor die bloed spoor en lei hom dan na die streep bloed. As hy die bloed volg, is sy beloning dan die stukkie vleis. Aan die begin maak jy net die spoor kort entjies en soos hy leer al verder. Dit is belangrik dat die gewone opleiding soos om na bevele te luister, ens moet natuurlik ook gedoen word. Verkieslik voodat die spoorsny opleidng. Honde se maniere verskil ook, maar as jy een kry met die regte temperament en baie aandag aan hom gee kan jy sukses behaal. Dit help ook as jy reeds n geleerde ouer hond het. Die jong een leer gou wat die ouer een doen.
Last edited by knipmes on Wed May 26, 2021 6:48 am, edited 1 time in total.
Post Reply