Ek het al kans in my lewe gehad om Koedoes te skiet maar vir een of ander rede was die geleentheid nooit "reg" nie en het ek altyd gese dat my Koedoe jag wil ek eendag spesiaal maak.
So gebeur dit dat ek 3-4 jaar terug begin beplan om my Koedoe te gaan skiet in die Noordkaap....en elke jaar van toe af, het iets voorgeval. Laas jaar het lockdown my weereens gestop letterlik ñ week voor die jag.
Uiteindelik het die dag aangebreek en is 2 weke terug oppad jagveld toe net so duskant Hotazel in die huidige "groen kalahari".
Ek wou ñ mooi bul skiet! Ek is nie gepla oor horinglengte nie. Solank my bul net uniek is.
Daar aangekom is kamp opgeslaan in ñ droeë rivierbed en onder ñ doringboom het ons die kombuis gemaak. 2 of 3 skote met die gewere sommer so in die rivierbed af het bevestig dat daar gejag kan word as die geleentheid homself bied.
Die Kalahari is dié jaar heeltemal anders as wat ek ooit sou kon dink en die gras is lank en nog groen. Plek plek sien mens die rooi duine uitsteek tussen die gras. Bome is vol blare en ruig en daar is hier en daar panne wat nog water in het.
Die boer wou weet of ons ñ draai wou gaan ry en sommer net die plaas bietjie gaan sien. Wie weet, dalk is ons gelukkig.
Dis groot wereld daar en ons het vêr gery voor ons die eerste bul laat middag teen die voet van ñ berg sien staan het. (Die oorvloed water en weiding die jaar hou baie van die wild maar in die koppe en berge) Toe ons stop toe besluit hy om so teen ñ draf stap maar aan te beweeg. Die boer het gese dis ñ mooi bul en as ek wil kan ons maar agter hom aan gaan maar dis my besluit.
Ek en Ben Remington het van die bakkie af geklim en vir hulle gese om maar aan te ry.
Ons het die bul gesien teen die berg op loop en eventueel terug loop in die rigting van waar ons hom die eerste keer gesien het.
Hyt gaan staan so ent teen die berg op by ñ groot groen bos en dis daar wat ek sy kenmerkende swart nek vir die eerste keer mooi gesien het, en besef het die oomblik is uiteindelik hier. Na 30 jaar vandat ek my eerste bok geskiet het, gaan ek dalk nou ñ geleentheid kry om die sneller trek op die Grey Ghost.
Ben wou weet hoe ver ek gemaklik was om te skiet want ons was nog ñ hele ent verby 300m van hom af. Ek wou nie fout maak nie so het gese ons moet nog nader gaan.
Eventueel het ons by ñ boom gekom 242m van die bul af waar ek gemaklik kon staan en aanle.
Bul het quartering to gestaan en ek wou hom nie voor op die been inskiet met die 300 Weatherby met ñ 180gr Vital Shock van Federal nie. Ek moes die skoot agter die voorbeen probeer insit om longe te tref. Geweet hy sal nie dadelik val met daai skoot nie maar hy sal nie ver gaan nie.
Adrenalien was hoog en ek kon my hart sien klop in die scope! Bullet drop moes 18cm wees volgens strelok so ekt effe hoër gemik....maar ekt getref waar ek gemik het...hoog! Dis skoot het vitals getref maar bok het teen die berg begin uitloop en Ben het gese as hy oor daai koppie gaan, gaan ons sukkel vandag.
Die bul het gedraai by ñ bos en weer quartering to gaan staan en ekt besluit om die skouer tog maar te skiet. Ek is op die linker skouer voor in en die koeël het ek agter teen die boud onder die vel uitgehaal later. (Skade was nogal baie het ek met die slag gesien.
Bloedvleis tot op die rug agter)
Mens kon duidelik die skoot hoor tref op daai been voor. My bul was plat.
Die berg is geklim en toe ek by die bul kom was dit ñ emosionele oomblik vir my.
Ek was bly en verlig maar tog hartseer. Ñ leeftyd se wag is verby in paar sekondes. En my bul was besonder!
Ons moes die bul uit die berg uit sleep om mooi fotos onder te gaan neem. Dit het lank gevat en was bloed sweet maar was die moeite werd.
Dis ñ baie spesiale bul met sy swart nek en ñ unieke jag gewees. Ek sou hom op geen ander manier wou jag nie.
Dankie Ben.
Ek sit so paar fotos op van die jag en my bul. Hyt 190kg uitgeslag.










Sent from my LM-G810 using Tapatalk


