300 WM doppe

Post Reply
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

300 WM doppe

Post by Leon Crous »

Naand manne,
Ek het 300WM gekoop en wil herlaai.
Wat sou julle aanbeveel as die beste doppe?
Bedoelende - ek wil eerste ladings reeds gebruik op jagte en nie alle doppe moet skiet eers om te fireform voor ek regtig kan begin ladings uitwerk en dan eers redelike akkuraatheid verwag nie...
Seker 'n snaakse/interresante vraag die.
Ek reken Norma. Maar sê julle?
Groete.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: 300 WM doppe

Post by Smith223 »

As jou geweer se headspace reg is behoort enige ‘premium’ dop goeie akuraatheid te gee.
Ek het nog net goeie resultate met Lapua doppe gekry soos hy van sy ma af kom. Net nekke oopgedruk en gelaai.
Bygesê my headspace was miner as 0.1mm langer as ‘n fabriek dop nadat hy gevuur is.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 300 WM doppe

Post by joe rocket »

Smith223 wrote: Wed Apr 21, 2021 11:18 pm As jou geweer se headspace reg is behoort enige ‘premium’ dop goeie akuraatheid te gee.
Ek het nog net goeie resultate met Lapua doppe gekry soos hy van sy ma af kom. Net nekke oopgedruk en gelaai.
Bygesê my headspace was miner as 0.1mm langer as ‘n fabriek dop nadat hy gevuur is.

Smit 223 waar kry jy Lapua 300Winmag doppe?
Leon as jy kan kry, kry vir jou Sako doppe. Hulle volume is die meeste van alle doppe op die mark. Meer dopvolume meer kruit. Norma sal werk en Remington doppe het lekker gewerk in my 300 destyds. Lapua gaan wel 300Winmag doppe beginne maak wanneer dit beskikbaar sal wees weet ek nie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 300 WM doppe

Post by Malan123 »

Ek het redelik baie brands al probeer. Norma het baie goeie akkuraatheid gegee, maar primer pockets rek vinnig. Ek skiet huidiglik ADG en is dood gelukkig met hulle. Baie konsentries en ek kry gemaklik sub moa groepe. Ek sal wel oorskuif lapua toe wanneer hulle beskikbaar is, maar dis net persoonlike voorkeur.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: 300 WM doppe

Post by Smith223 »

joe rocket wrote: Thu Apr 22, 2021 12:55 am
Smith223 wrote: Wed Apr 21, 2021 11:18 pm As jou geweer se headspace reg is behoort enige ‘premium’ dop goeie akuraatheid te gee.
Ek het nog net goeie resultate met Lapua doppe gekry soos hy van sy ma af kom. Net nekke oopgedruk en gelaai.
Bygesê my headspace was miner as 0.1mm langer as ‘n fabriek dop nadat hy gevuur is.

Smit 223 waar kry jy Lapua 300Winmag doppe?
Leon as jy kan kry, kry vir jou Sako doppe. Hulle volume is die meeste van alle doppe op die mark. Meer dopvolume meer kruit. Norma sal werk en Remington doppe het lekker gewerk in my 300 destyds. Lapua gaan wel 300Winmag doppe beginne maak wanneer dit beskikbaar sal wees weet ek nie.

Ek was onder die indruk dit is klaar beskikbaar :-X
In my skrywe het ek na my ervaring met Lapua doppe oor die algemeen verwys in ander kalibers. My skrywe is dus nie van toepassing nie. :police:
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Dirk777
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Wed Dec 04, 2019 9:26 am

Re: 300 WM doppe

Post by Dirk777 »

HI Leon, vertel bietjie watse 300 het jy? Ek sit self met 'n sak vol doppe en moet ook begin laai vir my 300
HOWA .300WM
GLOCK 23 EDC
Smith and Wesson 15-22
FN FAL 7.62 x 51
FAIR 12br O/U
MAGTEC 12br
Taurus .375 Mag
Smith & Wesson .38 Special
CZ 6.35
BSA .22 long
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: 300 WM doppe

Post by Forester »

Ek gebruik Norma doppe in my 300WM met baie goeie akkuraatheid (<0,5 MOA) en geen probleme met primer pockets nie - ek dink dit kom maar in waar ouens probeer spoed jaag. My stel doppe is al 9x gelaai en lyk of hulle nog lank gaan hou.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 300 WM doppe

Post by Malan123 »

Forester, watter punt en spoed kry jy? Ek rev nie my 300 in die rooi nie en na 4de laai was pockets maar gaar. Kon dalk net slegte batch gewees het
Ajviljoen260rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Tue Jan 26, 2016 8:29 pm

Re: 300 WM doppe

Post by Ajviljoen260rem »

Ek self skiet ook Norma doppe,178eldm met 4350kruit en kry goeie resultate. Nou by derde herlaai slag op hulle soo kan nie opinie lewer oor primer pockets nie
Tikka SuperVarmint 260 Rem
Tikka SuperVarmint 300 WinMag
Howa 243 Win
Howa 22-250 Rem
BRNO Mod 2 .22
Tikka GRTech 22-250 Rem
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: 300 WM doppe

Post by Kallie Fernhout »

Skiet n Winmag, 230gn pitte teen 2900 met N570 en Norma Doppe. Doppe is al 6keer gelaai en die primerpockets voel nog soos nuut.
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: 300 WM doppe

Post by Forester »

Malan123 wrote: Thu Apr 22, 2021 11:50 am Forester, watter punt en spoed kry jy? Ek rev nie my 300 in die rooi nie en na 4de laai was pockets maar gaar. Kon dalk net slegte batch gewees het
Hi Malan, meestal 178gr ELDM @ 2962fps uit ‘n 26” loop met BAIE stadige S365 en “normale” S385. 180gr TTSX @ 3060fps met VV N560.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 300 WM doppe

Post by Capt. Yoda »

Malan123 wrote: Thu Apr 22, 2021 6:47 am Ek het redelik baie brands al probeer. Norma het baie goeie akkuraatheid gegee, maar primer pockets rek vinnig. Ek skiet huidiglik ADG en is dood gelukkig met hulle. Baie konsentries en ek kry gemaklik sub moa groepe. Ek sal wel oorskuif lapua toe wanneer hulle beskikbaar is, maar dis net persoonlike voorkeur.
Malan, waar het jy die ADG's gekoop?
Ek moet nou weer koop en dink ADG gaan n beter roep wees as Normas, die Normas het wel baie lank gehou met n 200gr Hybrid teen 2800fps
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 300 WM doppe

Post by Malan123 »

Dis baie interressant. Ek glo ek het dan seker 'n slegte batch gehad.

Kaptein ek het by Accsa (jacques) hier op die forum gekoop, maar was al 'n hele rukkie terug
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: 300 WM doppe

Post by Kallie Fernhout »

Kallie Fernhout wrote: Thu Apr 22, 2021 12:10 pm Skiet n Winmag, 230gn pitte teen 2900 met N570 en Norma Doppe. Doppe is al 6keer gelaai en die primerpockets voel nog soos nuut.
Darm net noem dit is met n 30duim pyp
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 300 WM doppe

Post by LUAN »

Ek het nou al met 300win en wsm gesien dat Federal doppe once fired fabriek ammo gaan die primers reeds loserig in as jy hulle begin herlaai maar hulle skiet darem nie te sleg.
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: 300 WM doppe

Post by Leon Crous »

Hallo Dirk.
Dis 'n tweedehandse Musgrave Field Delux wat ek deur Jagtersreg bekom het.
Nog in puik kondisie.
Maar met die prys v 300WM ammunisie, het ek net besluit om sommer vd start af te herlaai.
Joe - Ek kan Sako doppe in die hande kry, maar @ R2300/50 is dit darem erg duur.
3 plekke al probeer v Norma doppe, maar lyk my dis ook maar skaars.
Sal maar nog rond bel.
Groete,
Leon.
Post Reply