Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Goeie môre.
Ek het hierdie heel vreemde teleskoop montering bekom. Die idee is dat jy deur die teleskoop mik vir vêr skote, en onderdeur die visiere kan gebruik vir haastige naby skote.
Ek sou dink mens sal dit kon oorweeg vir iets soos bosvark jag?
Het iemand dit al teegekom of gebruik?
Laat weet ons asb.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
.

Vissie
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Re: Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
Ek voorspel dat jy nie jou wang lekker gaan kan vasdruk teen die wangstuk van die kolf wanneer jy besluit om die teleskoop te gebruik nie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
Dagsê
Ek het so 'n montering in die vroeg 1980's op 'n .308 van my gebruik. Werk lekker vir oopvisier maar jou wang is byna heeltemal van die kolf af as jy deur teleskoop kyk. Het dit vir seker so drie jaar gebruik voordat ek dit afgehaal het. Sal eerder QD-mounts aanbeveel as jy oopvisier wil skiet.
Mooi loop

Leon Crous
- Sr. Member

- Posts: 429
- Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Re: Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
Vermoed ook jy sal dit net regtig met 'n teleskoop met 'n baie dun voorste "bel" kan gebruik. Enige iets van 40mm en groter gaan jy net in die scope vas kyk...
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
Jip, dis reg Leon. Ek het 3-9x40 gebruik.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
Dit klink reg en ek dink die cheeckweld probleem is maar hoekom die idee nie wyer posgevat het nie.
Ek het die montering met 'n lotjie goed wat saam met 'n Musgrave mod 80 30-06 wat ek gekoop het gekry, miskien soek iemand eendag so iets.
Lekker dag.
Ek het die montering met 'n lotjie goed wat saam met 'n Musgrave mod 80 30-06 wat ek gekoop het gekry, miskien soek iemand eendag so iets.
Lekker dag.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
Leon Crous
- Sr. Member

- Posts: 429
- Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Re: Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
Ek sal die Musgrave vat ja....

-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
Daardie "ironsighters" is van aluminium gemaak en nie besonders robuust nie. Die ekstra hoogte het ook nie gehelp met stewigheid nie. Enige ligte stampie kan die goed maklik laat skuif, wat dan misskote of kwesskote kan veroorsaak. Toe Lynx en ander met bekostigbare staal monterings op die mark beland, het aluminium ringe op senterslaggewere uit die mode gegaan.
Vandag kry ons weer allerhande aluminium ringe en basisse, maar die moderne weergawes is meestal baie dikker en van beter (harder) aluminium-legerings gemaak.
Vandag kry ons weer allerhande aluminium ringe en basisse, maar die moderne weergawes is meestal baie dikker en van beter (harder) aluminium-legerings gemaak.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Interessante Holden 'See-thru' Ironsigter scope mount
Alwin ek stem saam dat aluminiumringe nie so robuust is soos staalringe nie, maar ek het daardie ringe vir drie jaar lank gebruik en ek stem nie saam dat enige ligte stampie hulle kan laat skuif nie. Myne het nooit probleme met zero-hou gegee nie. Ek het hulle bloot afgehaal omdat hulle ongemaklik hoog was en omdat hulle nie gewerk het met teleskope met groter objective lense as 40mm nie.
Mooi loop
Mooi loop