.308 Lapua Palma brass

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

.308 Lapua Palma brass

Post by Monrique (SJ) »

Naandse maters

Ek het julle hulp nodig.  Ek het vandag 20x Lapua Palma doppe gekry om te toets asook CCI400 primers.  Ek het ongelukkig nie S335 nie, so nou my vraag.  Kan ek S341 met hierdie primers gebruik saam met 180gr PMP koeels.  Is ek reg as ek kan begin met so 40.5gr S341 in my Ou Plank? 

Sal julle insette graag wil hoor!


Groetnis
User avatar
saimportsuplies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Jan 11, 2011 8:51 pm

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by saimportsuplies »

SJ , wat is jou twist van jou geweer, die lengte van jou loop. ek het so baie ouens wat saam kompitiesie skiet ek sal hul vra en ek self het ook een,so laat weet maar dan sal ek jou n goeie lading kan gee om mee te begin
help graag as ek kan
francois
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by MJK »

Sj

Moenie koeels mors nie. Daai plank is gemaak vir 155gr Palmas. Gooi net kruit in dop  en sal akkuraat skiet  ;)
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by Monrique (SJ) »

MJK

Dit is n toets wat ek wil doen met die doppe en primers.  Dit is n maat van my se doppe en wanneer hy hulle in sy plank skiet brand die primer deur.  Nou wil ons kyk of dit in myne ook gebeur, om so te kyk of daar dalk fout is met die primers, of sy slagpen. Indien dit nie dit is, dan verder te soek vir die probleem.

Hoop julle kan help asb.


Groetnis
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by MJK »

Sj

is die primers losserig as seat? Kan wees dat die doppe gerek het met hoe druk of dat in elk geval te veel druk het. Hoe ver laai jul die 180gr van die lands af? Oppas van die planke het min spasie na lands toe.

Ken jy die truuk om die slagpen uit te haal?

Span die slagpen(haal oor), aktiveer die "safety",  haal slot uit aksie en draai agter oop. Kyk of die slagpen rond is en of nie skerp hoeke het nie.

Groete
M
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by Monrique (SJ) »

MJK

Na aanleiding wat erx in sy .308 plank ondervind het met die primers wat deur brand het ek gese ek sal hulle in myne toets en kyk of dieselfde gebeur.

Lees hier:  http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=8


Daarom my vraag of ek die CCI400 kan gebruik met S341 en n lading van 40.5 gr op die 180gr koeels. Ek het nie op die stadium S335 en wil daarom S341, dis waar my vraag vandaan kom of dit in orde sal wees? ??? ???

Groetnis
User avatar
saimportsuplies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Jan 11, 2011 8:51 pm

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by saimportsuplies »

ek wil nou maar net my 2c gee, gewoonlik as n geweer sy slagdop deur brand waar die slagpen slaan, dan is jou slagpen se spring te pap,dit klink snaaks maar dit is net wat gebeur,kry n ander spring en jou probleem is oor.
dis nou te se as jou lading normaal en spoed normaal is
net my 2c
cheers
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by Monrique (SJ) »

????
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by MJK »

vind uit by ThosmasT of Ivan Lambrecht
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by Monrique (SJ) »

Thanks ek sal hulle probeer.


Groetnis
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by Monrique (SJ) »

Ek het so n bietjie S335 in die hande gekry, so sal hulle maar saam met die CCI400 probeer.

Nou is daar n ander probleem.  Ek het die doppe, nie gelaai, in my geweer se kamer gesit en die slot toe gemaak, maar hulle is baie stram om toe te maak en maak n merk op die rim wanneer ek dit doen, enige rede daarvoor.  Die doppe is nie te lank nie en maak gee verdere merke op die dop, nek, skouers, of romp nie.??

Hoor graag wat julle te se het.

Groetnis
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by Christo »

SJ wrote: Ek het so n bietjie S335 in die hande gekry, so sal hulle maar saam met die CCI400 probeer.

Nou is daar n ander probleem.  Ek het die doppe, nie gelaai, in my geweer se kamer gesit en die slot toe gemaak, maar hulle is baie stram om toe te maak en maak n merk op die rim wanneer ek dit doen, enige rede daarvoor.  Die doppe is nie te lank nie en maak gee verdere merke op die dop, nek, skouers, of romp nie.??

Hoor graag wat julle te se het.

Groetnis
Ja, daai girl van jou laat nie sommer enige ander ou se goete in haar gedruk word nie. Op 'n ernstige noot, het jy die doppe gefullsize voor jy hulle in jou geweer gesit het?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by Monrique (SJ) »

@ Christo

Ja het dit gedoen.   

Groetnis
Last edited by Monrique (SJ) on Sat Aug 13, 2011 10:33 pm, edited 1 time in total.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by DawieKotze »

M?re SJ!

Wil ons dan nie maar h? dat slot stram moet toemaak nie? Dit beteken baie goeie headspace en "tight" kamer (plankgewere se eienskap) wat tot voordeel van akkuraatheid is. As jy s? baie stram - hoeveel?

Kan jy dalk 'n foto opsit van die merk op die rim? Maak hy so met ander doppe ook?

Meer ervare manne sal jou seker beter kan help as ek, maar dit klink nie vir my na 'n probleem nie?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
IndianLima
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by IndianLima »

SJ,

Ek skiet nou al n tydjie met die Lapua Palma 308 brass maar het nog nie die CCI 400 primers probeer nie. Ek gebruik huidiglik 43gr S335 met n CCI BR4 agter n Berger 155.5 om so 2910fps te kry. Ek het toetse gedoen met die CCI 450 maar dit het nie vir my gewerk nie.

Ek stel voor probeer eers ander primers voor jy jou spring verander. Die doppe kan maar "stywerig" toemaak maar moenie geforseer word nie. Daai merke moenie daar sit nie. Fullsize hulle dan liewers weer en meer.

Die plankgewere se springs is maar geneig om pap te word na n paar duisend skote - enige geweer s'n is. jy kan of n nuwe spring probeer of net n spacer/bushing van so 5mm.

Groete
Ivan Lamprecht
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by 243Songdaug »

Naand ou Maat.

Doppe wat moeilk toemaak in jou plank:

S? gou vir my die volgende:
As jy jou doppe volengte size - raak jou die/matrys aan jou dop se skouers?  (Maklik om te toets - vat 'n merkpen(koukie) en kleur jou dop se skour in - smeer die dop sizing lube en size hom - as jou die/matrys reg opgestel is behoort jy sulke ligte ringetjies in die ink te sien waar jy jou skouer ingekleur het)  Die ringe wat jy sien is waar die cutter die skouer in die die/matrys gesny het - die ink moet net gebreek wees en nie heeltemal afgehaal te wees nie.

Ek het al 'n klompie gevalle gehad waar doppe vollengte gesize is - die manne druk die case shoe VAS teen die matrys se onderkant.  Die nie noodwendig te s? dat jou matrys dan reg opgestel is nie - 'n volengte matrys is reg opgestel as hy jou dop se skouer net effens "bump" of terugdruk.  Ek necksize tot ek voel my doppe maak moeilk toe en dan weet ek met die volgende hetlaai moet hulle weer gefulllength word om weer die skouers so ietwat terug te druk.

As jy nie verstaan nie - sms my gou m?re so na 10:00 dan bel ek jou gou.

Groete.
Songdaug
Dont tell me, show me......
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by Monrique (SJ) »

Thanks Mater


Groetnis
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .308 Lapua Palma brass

Post by Monrique (SJ) »

Songdaug & ander

Baie dankie vir julle hulp.  Het toe reggekom met die doppe.


Groetnis
Post Reply