Nuwe herlaaier en top skut!

Post Reply
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Nuwe herlaaier en top skut!

Post by THOMAST »

My jongste 16 jarige seun was nog altyd meer ge interesseerd in rekenaars.
Ek het hom vrydagaand na die herlaai kamer toe geneem en hom stapsgewys geleer hoe om sy patrone te laai. Hy het 'n totaal van 10 gelaai.
Saterdagoggend het ons skietbaan toe gegaan. Ek was van plan om 'n nuwe loop in te skiet en terwyl ek nog besig was om die chrongraaf op te stel het hy begin nes skrop by die skiet tafel. Ondanks aanmanings om sy tyd te vat het hy die eerste 7 skote in 10 minute afgeskiet.
Ek het toe maar met die inskiet proses begin met my ander geweer. Dis mos 'n tydsamige proses en ek kon hom toe 'n paar fynere punte uitwys oor skiet tegnieke.
Hier is sy laaste 3 skote op 100 meter. Geweer is 'n 7mm08
[img width=560 height=335]http://i66.photobucket.com/albums/h244/ ... lgroup.jpg[/img]

Lyk my al daai sniper speletjies het tog vrugte afgewerp!
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Nuwe herlaaier en top skut!

Post by 222 »

Thomast

'n vraag: " Kom ons veronderstel hy laaaaaaik dit nou kwaai, nou gaan hy saam wil gaan elke week. Hy begin oplees en doen kennis op, hy begin vir jou s? jy doen so en so nie reg nie EN hy skiet meer ammo uit as jy. Dit kos jou nou dubbel soveel, hy wil nou sy eie 'gun' h?. Wat nou?"

Ek vra maar net hoor. Is iets om oor te dink want dit kan toekomstige probleme se oplossing baie baie makliker maak. ;D ;D ;D ;D

Ek is daardeur EN nou begin sussie saamspeel. Ek is erstig opsoek na 'n sponser.

Sterkte en dit is lekker as hulle saam met mens die dinge doen
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nuwe herlaaier en top skut!

Post by Wouter Roets »

Tomast

Dis nou vir jou Pa se trots! Geluk aan die jong man!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Nuwe herlaaier en top skut!

Post by 222 »

Wouter

Dit is verseker so, myne skiet my ook heeltemal planke toe, nou gebruik ek die oe is swak verskoning. Dit werk nog tot nou toe.

As hy hier begin lees dan gaan dit eers "swaar" gaan, mens sou sweer hy kuier elke naweek by van die manne en hy ken hulle persoonlik ??? ???
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nuwe herlaaier en top skut!

Post by Arnold »

Daai is baie netjies! Bring hom bietjie saam Boland ope toe.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Nuwe herlaaier en top skut!

Post by THOMAST »

222,
Sy middel broer skiet alreeds saam met my die veldskiet kompetisies en het sy eie geweer. En ek moet alreeds Pa staan vir al sy komponente.
Nou as jongste ook gebyt word deur die gogga...
Snaaks genoeg het ek gedink die loop op die geweer is op sy einde, met al naby 5000 skote deur hom. Sy spoed het al gesak na 2730 fps met 'n 140gr Koe?l agv keel verwering. Ek het egter my lading aangepas om weer by 2870fps uit te kom (dop is nou propvol- compressed lading) and die ou roer wys hy kan nog.
Sal maar die nuwe loop volgende jaar opsit.

Arnold,miskien volgende jaar, hy moet nog bietjie oefen van praktiese skietposises.
Last edited by THOMAST on Mon Aug 15, 2011 10:37 am, edited 1 time in total.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nuwe herlaaier en top skut!

Post by James Wilson »

baie mooi. niks so lekker as die jong manne ook begin belangstel
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply