Basisse en Ringe

Post Reply
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Basisse en Ringe

Post by J le Roux »

Goeie dag almal

Ek werk daaraan om hierdie Musgrave 30-06 mod80 myne te maak, hou asb. vir my duim vas. Ek verstaan hierdie aksie was op die Winchester Mod 70 geskoei.

Ek wonder oor die basisse en ringe wat saam met die geweer gaan kom, is dit diensbaar of 'n model 666?

Indien hulle wel van Lucifer se fabriek af kom, watter basisse en ringe stel julle voor vir 'n P3-9x42 Lynx?

Groete en sterkte met die jagplanne.
30-06.jpg
basis en ringe.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Basisse en Ringe

Post by knipmes »

Die skroef gaatjies vir die basisse kom ooreen met die van die Winchester Mod 70. Miskien sal dit goed wees om die basisse te verwyder en na die wapen winkel te neem sodat hulle net seker kan maak. Volgens die fotos wat jy geplaas het lyk daardie basisse na die aluminium Weaver tipe. Die ring montering het n ronde skroef skag wat in n keep in die basis pas sodat dit help dat dit nie kan beweeg nie.
Die ringe en basisse behoort te pas op teleskope wat n 25mm buis het. Jy kan dalk meer inligting kry op Dr Google
As dit my geweer was sou ek staal basisse en ringe opgesit het. Ek het geen verbintenis met Thor nie maar ek weet hulle vervaardig monterings wat op die Musgrave sal pas
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Basisse en Ringe

Post by wlm »

Moenie die bestaande opset onderskat nie. Skiet dit eers so en kyk of die geweer sy zero behou. Moenie iets wat nie stukkend is probeer heel maak nie.
Ek dink jy sal sonder probleme die Lynx in die bestaande montering kan skiet. Ek sou net sterker basisse en ringe aanbeveel indien jy 'n swaarder teleskoop wil monteer.
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Basisse en Ringe

Post by Musgrave »

Ek het `n Musgrave Model 80 in .30-06. Toe ek die roer by my pa gekry het, was dieselfde ringe en basisse soos joune gemonteer.

Ek het egter oorgegaan na Thor se produkte en kon die teleskoop laer monteer. Thor het lae, medium en hoog ringe. Die lae hoogte ringe behoort vir jou Lynx te werk, want ek het `n 3-10×42 teleskoop opgesit daarmee.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Basisse en Ringe

Post by J le Roux »

Dankie sover menere.
Nou vir die lang wag.

Lekker aand.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Post Reply