Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post Reply
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by Cyclone101 »

Ek het n video gemaak oor die teleskoop,

Laat weet my wat julle dink van die toets. Dit is jammer dat die teleskoop nie perfek is nie, maar dit is redelik maklik om reg te maak.


[youtube]https://youtu.be/UVP6KFPbWJY[/youtube]
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by prohunt »

Dit kan wees dat jou teleskoop se vertikale montering nie presies gedoen is nie maw dat jou vertikale kruishaar effens skeef is.
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by Cyclone101 »

Ek het ook so gedink, maar as ek die Kruishaar skeef draai tot dit nie meer horisontaal beweeg nie lyk dit definitief skeef teenoor my plumb lyn.
User avatar
Schalk van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 341
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by Schalk van Wyk »

Goeie video met bietjie turret torture. Hoe het jy die papier ge “level” teen die muur. Kan hy nie dalk bietjie skeef wees nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by Cyclone101 »

Ek het n laser level gebruik om die papier op te lyn, en dieselfde laser gebruik met die teleskoop op 'n lae vergroting om die teleskoop op te lyn.

Ek het dieselfde toets twee keer op verskillende geleenthede getoets en altwee kere dieselfde resultate gekry.

Daar is definitief n kans dat dit my fout was, maar ek sal hoor wat Zeiss sê wanneer hulle dit toets.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2946
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by Lategan1 »

Cyclone, oulike toets.

Hoe seker is jy jou ruitpapier is kalibreer en 100% akuraat gedruk? Kan effe skeef gedruk wees.

Jou Zeis terugvoering sal interessant wees.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by Cyclone101 »

Dit is relatief maklik om akkuraatheid te meet met n goeie maatband en 'n winkelhak.

My grootste moeilikheid is dat die papier nie orals plat teen die muur was nie, maar dit sou nie die egalige skuif van bo na onder verduidelik nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by tripodmvr »

Hang 'n skietlood om die vertikale te definieer. Jy moet ook die rol van parallaks nie vergeet nie. Jou 17m is bietjie kort. Ek sou hierdie liefs op 100 jaarts herhaal. Kyk na Cyclops se videos en hoe hy sy teleskope toets.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by Cyclone101 »

tripodmvr wrote: Wed Feb 24, 2021 5:16 pm Hang 'n skietlood om die vertikale te definieer. Jy moet ook die rol van parallaks nie vergeet nie. Jou 17m is bietjie kort. Ek sou hierdie liefs op 100 jaarts herhaal. Kyk na Cyclops se videos en hoe hy sy teleskope toets.
Dankie vir die advies, ek sal definitief sy videos opsoek.

Ek het n laser level gebruik om die vertikaal te meet, bedoel jy ek moet dit in die video ook wys? Ek is nie seker of dit mooi sal optel op kamera nie, maar ek sal dit probeer.

Parallaks is iets wat moeiliker is om heeltemal in ag te neem aangesien ek nie my oog voor die Kruishaar het om dit te toets nie. Ek wil volgende keer my selfoon aan die tafel vasmaak dat daar geen beweging kan wees nie.

Wat maak dat my toets op 17.19m slegter is as op 100m?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by tripodmvr »

Parallaks is wanneer die kruishaar en die beeld wat jy na kyk nie op dieselfde vlak is nie. Beweeg jou oog dus agter die lens dan verskuif die kruishaar ten opsiget van die voorwerp wat jy na kyk. Om reg waar te neem moet jou oog presies in die middel van die lens wees.

Die meeste teleskope se parallaks verstelling is eers vanaf 25 treë.

Die laser level - is dit die wat 'n gewone bouers waterpas is met die laser daarop gemonteer? Vir die akkurate toetse wat jy wil doen sal ek 'n gewone bouers nivelleerder (level) aanbeveel en dan moet jou ruitnet op papier ook beter as 1mm akkuraatheid lewer van bo na onder en links na regs.

https://www.youtube.com/watch?v=1TpagmXG3xM&t=6s
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 "tracking" toets

Post by Cyclone101 »

Ek gebruik n Bosch laser level soos die een.

https://images.app.goo.gl/qbjo1mD81DjevQYC7

My papier is akkuraat oor 500mm (of 100moa) gemeet met maatband en n staal liniaal. Definitief beter as 1mm akkuraatheid. Ek sou sê ek kan nader aan 0.2mm verskille sien so.

Die Zeiss V4 se parallaks verstel van 10m af op.

Ek wou die volle verstelbaarheid van die teleskoop meet, nie net n gedeelte soos meeste mense dit doen nie, en ek dink oor korter afstande kan ek dit meer akkuraat doen as om n 2.8m hoë teiken oor 100m te probeer perfek parallel kry en ook akkuraat te druk op daai grote gaan baie duur wees.

My manier dink ek is in meer beheerde omstandighede gedoen wat dit meer akkuraat moet maak.
Post Reply