Devcon vir glass bedding
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Devcon vir glass bedding
Dagse, kan enige iemand my se waar ek Devcon hier in SA kan kry vir glass bedding?
- Jurie Vermaak
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm
Re: Devcon vir glass bedding
Praat met Joerg Eckmann by nul823777804.
Ek het laas by hom reggekom. Hy het spesiale prys vir ouens wat bedding doen

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Devcon vir glass bedding
Gawie gebruik Staanvas as ek dit nie mis het nie. Ek het hier by ons plaaslike ko-operasie daarvan aangekoop. Praat met Gawie en hy kan dalk wyse raad gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Devcon vir glass bedding
Steenvas.tripodmvr wrote: Mon Feb 22, 2021 3:28 am Gawie gebruik Staanvas as ek dit nie mis het nie. Ek het hier by ons plaaslike ko-operasie daarvan aangekoop. Praat met Gawie en hy kan dalk wyse raad gee.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Devcon vir glass bedding
Probeer Summit Agencies
https://summitagencies.co.za/products/i ... h=70_71_78
Devcon is baas! Ek laat bed al my roere daarmee.

Goed, beter, 6millimeter!
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: Devcon vir glass bedding
Dankie julle,
Ek ken steenvas maar dis vir my te dik en putty rig. Ek het al JB’s gebruik met goeie sukses maar hoor dat Devcon beter is. Geno is dit wat Izak gebruik vir bedding?
Ek ken steenvas maar dis vir my te dik en putty rig. Ek het al JB’s gebruik met goeie sukses maar hoor dat Devcon beter is. Geno is dit wat Izak gebruik vir bedding?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Devcon vir glass bedding
Dis hy ja. Izak bed met Devcon en Epidermix. Die klient kan besluit wat hy verkies.
Goed, beter, 6millimeter!
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Devcon vir glass bedding
Ek deel wat ek onlangs oorgekom het.
My 6.5 Sweed het wisselvallig groepeer. Was gebed en free float. Die bedding materiaal is onbekend aan my.
Neem dit na ervare GS Johan Morkel, vra soek die probleem asb. Teen die tyd het ek geweet, baie skote, sneller stel en moerpraat later, dit is nie ek nie. Gevolgtrekking, daar was minimale spanning tussen my loop en lamineerkolf, hy kon dit slegs raaksien deur herhaaldelik los en vas te draai om die geringe beweging te kan raaksien. Spanning weens die foutiewe pak en swak pakmateriaal.
My gevolgtrekking as gebruiker, ek weet niks van gewere pak nie en stel ook nie belang om dit te doen nie;
Die kwaliteit van die aanvanklike werk gedoen en die medium wat gebruik was, is die oorsaak. Die regte tipe pakmateriaal en kennis van die eienskappe met die aanwending daarvan, is kern belangrik. Myne kon jy die oneweredige verspreiding sien. (Sal nie sê watter winkel dit gedoen het nie, geweer was nuut gekoop)
Die ander ding wat ek waarneem is dat sekere take(dit is dood normaal) in die geweerwinkel vir die junior en leerling vakleerling gegee word om te doen. Geweer pak en aksie bed is een van hulle. Laat mens dink.
Koop die regte putty!
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Devcon vir glass bedding
Verskoning. Kyk mooi na die tyd van my plasing en julle sal verstaan hoekom Staanvas in my kop opgekom het !!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Devcon vir glass bedding
Elke produk het sy plek en sommiges werk en hanteer beter in seker opsigte en vir sekere aplikasies.
Ek gebruik self Epidermix indien ek 'n klasieke houtkolf wil pak, vir die eenvoudige rede dat die hars kan kleur om by die kolf te pas.
Met gelamineerde kolwe vertoon die Steenvas as eindproduk baie mooi. Met sintetiese kolwe dieselfde, sowel as die voordeel dat die kolf versterk kan word sonder om adisionele versterkings aan te bring agv die kwarts in die produk. Die feit dat dit soos stywe pap is, maak dit ook makliker om mee te werk siende dat dit nie nodig is om te keer dat dit inloop op plekke waar dit nie moet nie. Ek kan dus die aksie en die vloerplaat saam pak op dieselfde tyd. Dit spaar nie net tyd nie maar sodoende kan jy in efek "pilare" vorm met die paksel.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Devcon vir glass bedding
Ek stem saam.Gawie(13mm) wrote: Mon Feb 22, 2021 4:53 pm Elke produk het sy plek en sommiges werk en hanteer beter in seker opsigte en vir sekere aplikasies.