Bushnell Teleskope

Post Reply
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Bushnell Teleskope

Post by Vosman »

Dagse Kerels.
Ek lees baie name van teleskope raak, maar sien maar min van die Bushnell?
Wat is die opinie van die Bushnell teleskope, veral gemik op die Elite 3200. Daar word nou een op my geweer gesit soos ek tik.

Gee asb opinies, dit lyk my julle ignoreer die newbies!

Groete
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Bushnell Teleskope

Post by Lourens »

Vosman,

Ek dink persoonlik die Bushnell Elite reeks is 'n baie goeie teleskoop. Ek het 'n Elite 3200 7-21x40 op my 7mm Rem Mag en ek geniet hom vreeslik baie. Hulle is lekker helder en dis ook n redelike geharde teleskoop so hy behoort bietjie stampe en stoote te kan vat. Bushnell is ligjare al op die mark en hulle vervaardig puik produkte. Jy sal nie spyt wees nie. Watse kaliber is dit waarop jy hom monteer en watse vergroting is die teleskoop?

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Bushnell Teleskope

Post by James Wilson »

ek het nou al n paar keer as ek by n geweerwinkel instap na Bushnell gekyk veral die elite reeks. ek moet se dit is ek is elke keer verbaas hoeveel keer duideliker is die scope as ander in die winkel. Danie243 het anderdag vir my verduidelik waaroor dit gaan maar ek kannie onthou nie. iets met die glase/lense en die coating.

al wat my pla van die Elite reeks is dat elke een waardeur ek kyk het n kruishaar so duk soos n trekpaal!!

maar ek weet ook dat die kruishare vervang kan word.

ek dink jy gaan die scope kwaai geniet.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Bushnell Teleskope

Post by Lourens »

Ek het die mil-dot kruishaar op myne en hy is lekker dun en het die dots op beide die vertikale lyn en die horisontale lyn. Dit is 'n lieflike kruishaar en ek geniet hom baie!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Bushnell Teleskope

Post by baboonstalker »

Ek het die 6-24x50 SF tactical op my 6mm. Ek het al kwaai gejeuk vir 'n NF, maar kon dit nog nooit vir myself regverdig.
Hy skiet waar ek mik en hy skuif waar ek stel. Daar is duideliker, maar vir 3x die geld.
Ek glo jy sal gelukkig wees met hom.
Pieter
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Bushnell Teleskope

Post by Vosman »

Hi Rooijakkals en manne!
Ek sit die teleskoop op 'n 308 wat ek besig is om te "accurize".
Dankie vir julle insae tot dusver!

Groete
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Bushnell Teleskope

Post by MJK »

Pieter

Hoeveel het jou scope gekos? Het jy hom vergelyk met die Vortex?

Groete M
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Bushnell Teleskope

Post by Dawid »

Vosman

Ek het op drie van my gewere Bushnell scopes en is baie tevrede, Was te lanklaas by die huis om presies te se watter soorte en sal volgende week as ek by die huis is meer insae daaroor gee.
Ek glonie jy kan n fout maak nie, geniet hom
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Bushnell Teleskope

Post by Pvdw »

Dawid wrote: Was te lanklaas by die huis om presies te se watter soorte en sal volgende week as ek by die huis is meer insae daaroor gee.
Dawid ek hoop daai lanklaas by die huis is omdat jy baie vakansie hoe en visvang en nie vir werk nie. ;) ;) ;D ;D

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Bushnell Teleskope

Post by Vosman »

Hi MJK.
Ek het die teleskoop by 'n vriend gekoop vir R3000. Hy het nog nie 'n 100 skote geskiet met die teleskoop nie, toe besluit hy op 'n ander vergroting.
Van my kant af het ek nie te veel navorsing en vergelyking gedoen nie, het net gevoel dis 'n goeie kopie, en BAIE beter as die 1980 model Nikko Sterling 4X32 wat op die geweer was!
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Bushnell Teleskope

Post by Vosman »

Jammer MJK, ek sien jy het vir Pieter gevra.
Ek haat haat dit ook as mense aanhou praat wanneer ek hulle in die rede val!
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Bushnell Teleskope

Post by MJK »

Geen probleem - nou weet ons hoeveel het jy betaal! :D
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Bushnell Teleskope

Post by baboonstalker »

MJK/ Vosman,

Nou sien ek ees daar is met my gepraat, so laat ek julle nou in die rede val!

Ek het my scope seker so 3 jaar gelede ingebring toe ek niks plaasliks kon bekostig wat aan my vereistes voldoen het nie. (niks het sededien in daardie departement verander nie  :P )
Ek het die scope by theopticzone.com gekoop en na 'n yankie gestuur wat op 'n Amerikaanse forum aangebied het dat ek die scope vir hom stuur - Dit was natuurlik 'n senuweetergende 2 weke tussen die bestel en kry, maar die Yank het die scope gestuur soos ooreengekom en my vertroue in die mensdom 'n boost gegee.

Ek dink hy het so R5K5 gekos teen die tyd wat hy hier geland het. Dit is virseker nie die beste lense in die industrie nie, maar ek sien steeds beter deur hom as wat ek kan skiet.
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Bushnell Teleskope

Post by klipspringer »

Hello Manne

Na my mening is dit die moeite werd om spesifiek na die Bushnell Elite 4200 en Elite 6500 teleskope te kyk indien jy akkurate verstelling en uitstekende optika soek. In die Elite 4200 reeks is daar onder andere die 4-16x50 met 25 mm buis, en in die Elite 6500 reeks is daar die 2.5-16x50 met 30 mm buis. Hierdie 6x zoom beindruk my baie. Hulle kom verder met opskroef sonskerms.

Ons is versigtig optimisties omtrent die Bushnell Trophy XLT 3-12x56, maar dit moet eers die toets slaag voordat ons te veel daaroor se.

Groete

Jan
Post Reply