Okavango Tiervis

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
Truvelloman
Full Member
Full Member
Posts: 180
Joined: Sun Jul 24, 2011 10:32 am

Okavango Tiervis

Post by Truvelloman »

Leke tiervis gevang opi okavango, 4.5 kg tier
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by Pvdw »

Ek ry more Jozini toe vir my eerste tiervis probeerslag. Ek gee nie om hoe groot hulle is nie, ek soek net een aan die lyn ;D ;D ;D

Pragtige vis daai.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by Dawid »

Ai hoe laat die tiere my nou terugverlang Kariba toe...Pvdw Jy moet laat weet hoe dit gegaan het by Josini en bring vir ons asb al die inligting en moets en moenies saam, ek wil nog die skippie haak en soontoe gaan.
Geniet dit en Truvelloman geluk met jou tiere dis pragtige Okavango pics daai.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by Pvdw »

Manne hier is my eerste probeerslag vir die tiere.

Ek hengel so v?r moontlik net met die vliegstok.

Hier is fotos van my eerste. 3de en 6de tier op my vliegstok. Almal mer 'n 5 weight 10' Stealt Magnum gevang.

Die ou grootte was 'n glips en ek weet dat die 5 weight nie vir hom bedoel is nie maar julle weet mos dat ons nie kan kies wie byt daar aan die ander kant nie :D :D

Nr. 1 wou nie die skaal beweeg nie >:( >:( ;D ;D


[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... 11077z.jpg[/img]

Nr.3 het darm so by 2.2kg getrek ;) ;)

[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... 11079z.jpg[/img]

Hier is die ou vrou wat my stok tot die max. getoets het. Sy trek die skaal toe op 5.6kg 8) 8) 8)

[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... 11088z.jpg[/img]

Nog een van haar aan die BOGA GRIP

[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... 11086z.jpg[/img]


Dawid ek vang nie met aas nie maar het mooi gekyk wat die ander manne doen, Sardiens, live bait en lewer is die ding wat die tiere opgewonde maak. In die winter maande bly kunsaas blykbaar koning.
Peet
Last edited by Pvdw on Tue Aug 09, 2011 4:53 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by Gerhard »

Baie netjies Peet...

Daai is almal trofee visse man!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by foxripper »

[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... ervis1.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... ervis2.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... /Delta.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... Delta1.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... Delta2.jpg[/img]

My eerste en enige Tiervis.

Pvdw, die laaste Tier is n baie mooi vis!  :o
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by Pvdw »

Daai Okovango tiere se kleur is darm mooi, lyk my die klompie in Jozini is maar vaal i.v.m. die delta se visse.

Die kleintjies is mooi maar  die van 2kg plus is maar vaal. Miskien is dit iets met die seisoen te doen ???

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by spekieries »

[img width=360 height=480]http://i780.photobucket.com/albums/yy85 ... zi1140.jpg[/img]

Hierdie Tiervis het ek in 2009 in die Zambezi by die Sapi jagarea langs Mana Pools gevang. Die aas was tiervis fillette.

[img width=360 height=480]http://i780.photobucket.com/albums/yy85 ... zi1148.jpg[/img]

Hierdie meneer is ook op dieselfde "trippie" gevang deur 'n vriend.

[img width=359 height=480]http://i780.photobucket.com/albums/yy85 ... 0_0097.jpg[/img]

Hierdie een is by Chirundu (Zambezi) 2010, op tiervisfillet "dryfaas" gevang.

[img width=560 height=418]http://i780.photobucket.com/albums/yy85 ... 0_0049.jpg[/img]

En hier is my groot pel Nico se Zambezi hond , ook by Chirundu.
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by foxripper »

Spekeries,

Baie mooi, niks kom by Zambezi tiervis nie.
Ek ken net kunsaas gooi, vertel my bietjie van die Teirvis fillet (dryfaas) besigheid.
Cast jy dit en dan laat dryf jy dit of katrol jy dit maar in soos kunsaas?
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by spekieries »

Fox

Die ding soos jy weet met Tiere is om die beste hoeke wat jy kan kry te koop. Die chemies skerpgemaakte swartbaars hoeke soos bv. Gamakatsu is volgens my ervaring die beste medisyne vir die tandebekke.

Nou maak jy vooraan die lyn so 30cm strop. "Piano wire" werk goed maar as hy 'n knak kry gaan 'n groot tier hom breek. Die sagter kabel werk ook maar is geneig om op te wen. Hoe dit ookal sy 'n lekker strop met 'n skerp hoek verkieslik omtrent so 06 of 07 (kan nie mooi onthou nie) groote hoek. Swartbaars groot hoeke werk goed.

Nou sny jy 'n mootjie uit die tiervis wat gevang is. So 3cm wyd en so 8cm lank. Jy hak jou hoek so 1cm vanaf die punt af net een keer deur. Die skubbe is af en die vel lekker taai.

Gewoonlik vang ons met redelike goeie kwaliteit koffiemeul katrolle. So 6 tot 8kg lyn. Ek hou van 8 kg. Jy gooi jou aas uit en stroop dan nog lyn dat die lyn so 50 m agter die drywende boot dryf. As jou aas op die oppervlak dryf knyp 'n loodjie dat hy onder die oppervlak dryf. So meter of twee diep afhangend van die water is goed.

Jou koffiemeul se klappie word nie terug geslaan nie. Druk die lyn net teen die stok se handgreep vas. As die plathond hom voor vat pluk hy hom onder jou vinger uit. Nou moet jy hom kans gee om te loop sodat hy hom sluk anders kap jy mis. 7 Stadige tellings. Nou gooi jy jou klappie oor en as hy die spanning opneem dan kap jy hom. Moenie speel nie, kap!

Skuus, jy ken die storie ek skryf maar soos ek onthou.

Jou briek moet reggestel wees want as dit raak is en hy is mooi begin hy loop. Onthou om maar altyd die spoel vas te hou as jy kap. 90% van die keer verloor jy hom want die hoek het nie die beenbek penetreer nie. Die ander 90% ( ja ek weet dit is 180%) want die frustrasie laat jou soms so voel verloor jy as hy by die boot spring en jou aas spoeg. As hy by die boot is hou jou punt van die stok laag om die spronge te probeer verhoed.

Ja so loop hy!

Verlang ek nou na daardie groot Zambezi, dit is Or_ _ _mies lekker. Skuus vir die kru uitdrukking maar dit is wragtig lekker.

Groete         
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by foxripper »

Spekieries, baie dankie vir daai raad en die tyd wat jy spandeer het aan die waardevolle inligting. Ek gaan or so 2 maande weer op Okavango toe, gaan definitief dit doen.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by henslin »

Julle laat mens regtig verlang na die dae toe ons nog kinders was. Katima, Klein Kalembeze ( ? ) Lisikilimeer en  Shakawe !!!  Net drie tiere in 'n 'dagga' kruiwa. Tien pond breams ( blou kurpers ) op die kole die aand.
Al wat ek kan s? is: Knip enige drie angel hoek van enige lepel af - vervang dit met die grootste en sterkste hoek in jou viskas - fillet enige vars vis (maltier,  chessa, bream, Cupi ) en hak maar 'n redelike lang strokie ( twee vinger wydte ) net deur die een kant. Maak seker dat jy deur die velkant gaan. 'n Stukkie rooi wol sal die storie nogal mooi afrond !!. 

Dryf hom so 50m agter die boot oor sandbanke in die stroom. As jy nie weet wat om te verwag nie - JY SAL BLEDDIE GOU UITVIND !!!.

Redelike kort bootstok, Pen Jigmaster  ( 500 ) met 'n staalspoel ( twee bakelights gesnap ! ) 15-25 lb breekkrag lyn en ek hoop regtig jy dink ook jy het aan 'n spoelstomp vasgehak. Dis presies die gevoel wat jy kry as die tier hier langs die boot uitslaan en vir jou knor !!!















/
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by Pvdw »

Magies manne maar julle het baie planne om daai visse in die boot te kry ;D ;D ;D

Ek vat my vliegstok met baie vinnige sink lyn(lyn wat NIE REK NIE) Sink teen so 12-15cm/s. Maak 'n 25-30m cast, tel tot 3 en strip die lyn so vinnig moontlik. As die tier hom vat swem hy homself meeste van die tyd in die hoek vas en daar sit die ou beenbek. Ek baklei egter die vis van die eerste kontak met die stok se punt onder die water om die spronge te probeer keer. Met al my planne kom die tiere maar nog steeds los maar nie so baie dat dit my pla nie.

As jy spin of aas gooi is dit 'n goeie plan on die laaste 50m of so op die katrol 20 pond braid op te sit. Braid rek glad nie en so is die kapslag baie meer efektief en set die hoek baie beter as met gewone vislyn.

Manne wanneer ry ons, as ek julle so hoor/sien kwyl dink ek ons moet maar draai by die water gaan maak ;) ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Okavango Tiervis

Post by henslin »

Peet jy is 'n black-sam !!! My bankbestuurder gaan jou HAAT !!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Post Reply