Hello Louis 303
Hael grote
Ek sien my ou maat Meerkat spot al weer met my skiet vernuf.Moet se dit is maar power.

Ja ek gooi ons eie hael en dit kom nie sleg die meeste van die tyd.Die proses is maar baie trail en error. Ek het vir my n gooier gebou.Die pannetjie en nozzles (gooi size 7,5 )kom van littleton in amerika en die die stoof gedeelte het ek self gebou.Ek maak gebruik van n 2kw elektriese spiraal stoofplaat wat in n raam is (gecopy van hulle een wat hulle verkoop) Ek het die skaal tekeninge van die raam.Ek gebruik n mengsel van diesel en motor olie om in te gooi .25L diesel gemeng met 5 liter olie.Die hoogte wat die hael val na stolmiddel is nogal kritiek.Tussen 3 en 6mm werk goed vir my.Temp speel ook n groot rol.
Die lood mengsel wat in jou pannetjie gaan moet baie skoon wees. Ek meng 7kg skoon pyp lood met 3kg wiel gewigte en gooi dit dan in stafies wat in my pannetjie gaan.Jy moet die mengsel goed flux met bye was. Die hoeveelheid lood in pan het ook n invloed op grote van jou korrel. Hier is n berg inligting op die site oor die gooi van hael.
http://www.shotgunworld.com/bbs/viewtop ... &start=760
[img]http://[/img]

Foto van gekoopte een.Myne lyk amper so, net nie so mooi nie.
[img]http://[/img]

Foto van 'n kennis van my se setup.
Ek het nie nou foto's van myne nie,maar indien julle belangstel dan neem ek en sit op of e-mail dit.
Ek het gevind dat Diana doppe lekker laai (Laai 28 gram.) Rio werk ook nie sleg nie(Laai 26 gram ).Ek koop Maxan primers in bulk.Gebruik Gualandi se 24-28 gram wad .Ek gooi 28 gram hael ,21,5 grein MS 200 kruit.Spoed gemid 1180 v/s in my geweer.
Groete
Pierre