Nosler RDF vs Custom Competition

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Post Reply
User avatar
Gideon Burger
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm

Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Gideon Burger »

More Lede

Ek glo dit gaan goed.

Ek wil graag weet wat die verskil is tussen die twee baan punte.

Ek ken n paar manne wat die custom competition baie goed gebruik, maar nog nooit gehoor van iemand wat met RDF skiet nie?

Ek lees graag saam

Groete

Gideon Burger
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Heinz Petersen »

Jy sal kry dat die CC beter skiet as die RDF in sekere gewere. Twist, loop legte en kaliber speel ook n rol met punte.
Ek het altwee probeer en die RDF's doen baie beter in my 6mm Dasher
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Eugene »

Die RDF het 'n heelwat beter BC as die CC's. Ek het altwee se 140gr in my 6.5-284 geskiet en die RDF's se trajek en wind skuif was heelwat beter as die CC's. Dit sal egter seker maar afhang van wat jy wil doen en in watter kaliber. Tot 300m weet ek nie of jy werklik 'n enorme verskil gaan agterkom nie, maar hier op 1000m is daar 'n redelike verskil tussen die 2.
Aim small, miss small
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Frikkie Coetzee »

Die Custom Competitions het n tangent ogive en die RDF het n , wat Nosler noem n bcompound ogive.Dis maar hulle weergawe van n hybrid ogive maar is nader aan n secant ogive. Dus sal die RDF, alles anders dieselfde n hoer BC he as die CC.
User avatar
Gideon Burger
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Gideon Burger »

Baie dankie julle

Ek waardeer julle tyd.

Groete

Gideon Burger
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Eugene »

Frikkie Coetzee wrote: Thu Jan 14, 2021 8:55 am Die Custom Competitions het n tangent ogive en die RDF het n , wat Nosler noem n bcompound ogive.Dis maar hulle weergawe van n hybrid ogive maar is nader aan n secant ogive. Dus sal die RDF, alles anders dieselfde n hoer BC he as die CC.
Dankie Frikkie. Ek wou dit noem, maar ek het gelukkig geweet ek het nie al die tegniese jargon mooi onder die knie nie en gaan net vir Gideon deurmekaar maak! ;)
Aim small, miss small
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Rasmus »

Party mense noem die RDF's die random flyers.... Hulle skiet baie mooi in my 308. Ander skietmaats wat hulle in 308 en 7mm's geskiet het is nie so gelukkig met hulle nie.

Daar was heeltyd een wat buite die groep val.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Eugene »

Rasmus wrote: Thu Jan 14, 2021 10:10 am Party mense noem die RDF's die random flyers.... Hulle skiet baie mooi in my 308. Ander skietmaats wat hulle in 308 en 7mm's geskiet het is nie so gelukkig met hulle nie.

Daar was heeltyd een wat buite die groep val.
Rasmus, my ondervinding met die RDF's - en dit het waarskynlik baie met die tipe ogive te doen, is dat hulle redelik sensitief vir jump is en as mens eers die sweet spot gekry het, dan loop hulle soos stroop. Die CC's is weer baie minder sensitief vir jump en enige jump van 0.5mm tot amper teen die lande, het weinig verskil in akkuraatheid gelewer.
Aim small, miss small
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by RUPERT »

Het Cappie nie op n kol genoem dat hy kop skote met die CC geskiet het nie?
User avatar
Victor_
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Fri Jan 08, 2016 2:34 pm

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Victor_ »

RUPERT wrote: Thu Jan 14, 2021 10:34 am Het Cappie nie op n kol genoem dat hy kop skote met die CC geskiet het nie?
As ek reg onthou het hy gesê hy skiet eerder snot as CC's >:+
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Capt. Yoda »

Victor_ wrote: Thu Jan 14, 2021 10:49 am
RUPERT wrote: Thu Jan 14, 2021 10:34 am Het Cappie nie op n kol genoem dat hy kop skote met die CC geskiet het nie?
As ek reg onthou het hy gesê hy skiet eerder snot as CC's >:+

hahah net so maar Frans skiet 105gr CC's uit sy 243AI en daai koele loop baie mooi verby n 1000m in daai swart roer, hy het hulle wel geklas volgens gewig en lengte as ek reg onthou. Hy skiet baie blessies ook uit met hulle en vir n kop hou loop hul baie mooi, Gerhardu skiet die RDFs uit sy XC en Stompe skiet hulle in sy 6Dasher en hulle is heel gelukkig met die koel, ons het al paar bokke van springbok tot RHB bulle met die 105 RDF's gerol
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nosler RDF vs Custom Competition

Post by Eugene »

Ek het September verlede jaar gaan rooibokke en varke oes en het met die .223AI gelaai met 77gr CC's gegaan. Elke raak skoot in die kop, was 'n doodskoot gewees op rooibokke, varke en selfs 'n (goue) BWB. Die CC's is lekker sag, so dit werk lekker vir kopskote. Ongelukkig moet mens raakskiet vir dit om te werk en ek het 'n vark en rooibok mis geskiet wat nie geval het nie.... :-[ Maar dit was altwee amper raak! ::)
Aim small, miss small
Post Reply