Zeiss V4 6-24x50 het 130moa??

Post Reply
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Zeiss V4 6-24x50 het 130moa??

Post by Cyclone101 »

Ek het vir my n Zeiss Conquest V4 6-24x50 gekoop vir die 6.5 creedmoor. Zeiss adverteer dat dit 80moa intern-verstelbaar is, maar die zero stop is gestel op 65moa uit die boks uit.

Ek het die turret en zero stop afgehaal en toe die vertellings getel en dit het tot my verbasing 130moa, presies dubbel van waar die zero stop gestel was.

Dit laat my dink dat dit nie net n vloekskoot is nie en so ontwerp was. Maar waar kom die 80moa vandaan?

Is dit dalk waar die "tracking" akkuraat is? Of is die rede wat die wind verstellings minder raak as n mens op die limiete is?

Ek het n 20moa basis waarop dit gaan sit so ek behoort dan min of meer 80moa bruikbare verstelling te hê, maar ek wonder of dit nog sal werk met n 60moa basis en dan 120moa totaal kan gebruik.

Ek gaan dit nie nodig hê nie, maar dit is interessant.
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 het 130moa??

Post by Cyclone101 »

Ek het n ander een getoets in die winkel en dit het 115moa.

So dit is nie n ontwerp nie, maar nogal redelik meer as wat geadverteer word. Ek gaan n tracking toets doen op myne wanneer ek n geweer vir dit het, dan sal ek kyk of daar n akkuraatheid verskil is op die ekstreme.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Zeiss V4 6-24x50 het 130moa??

Post by Pinkes »

Dit sal interessant wees.Dankie
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Re: Zeiss V4 6-24x50 het 130moa??

Post by Cyclone101 »

Ek het vandag die teleskoop se "tracking" getoets.

Ek het die teleskoop op n tafel vasgemaak 17.19m van n muur af waarop ek lyne 5mm uit mekaar opgesit het.
WhatsApp Image 2021-01-15 at 11.47.11 AM.jpeg
Op 17.19m is 1MOA presies 5mm, dit beteken dat ek die die kruishaar presies kan stel tot op die lyn, en dan opkyk om te sien of dit ooreestem met wat die teleskoop wys.
Ek het besluit om my 17,19m te meet vanaf die kruishaar in die middel van die buis tot teenaan die muur.
Ek het elke 5MOA dikker lyne gemaak sodat ek makliker kan sien waar ek trek, en ook elke 20MOA n simbool gemaak.
WhatsApp Image 2021-01-15 at 11.47.11 AM (1).jpeg
Ek het elke 5MOA gemeet, maar daar was te min verskil om dit als te skryf, so hier is n opsomming.
Onthou, elke 10cm is 20MOA op 17.19m

0cm = 0 MOA
10cm = 20 MOA
20cm = 40 MOA
30cm = 60 MOA
40cm = 80 MOA
50cm = 99.75 MOA

Tussen 95 en 100MOA het ek gesien dat die kruishaar net onder die lyn sit op een verstelling en net bo die lyn op 0.25MOA minder, die verskil is nie heeltemal 0.25MOA nie maar ek het gevoel dit is die naaste wanneer ek een minder as die waarde op die turret te stel.
Tot en met 95MOA het ek elke keer die kruishaar gestel tot op die lyn en as ek opkyk is die waarde op die turret presies reg.

Ek het net tot op 110MOA gemeet omdat ek perongeluk my papier te hoog gesit het (ek het vergeet van die 20MOA rail) en was nie lus om weer als te skuif en waterpas kry nie. Ek gaan moontlik nooit dit als kan gebruik nie, so ek sal dit toets wanneer ek dit nodig het.

Wind het ek 10MOA links en regs getoets en dit was ook perfek, ek sal nie meer as dit kan stel in die veld sonder om die turret aftehaal nie, so ek is tevrede daarmee.
WhatsApp Image 2021-01-15 at 11.47.11 AM (3).jpeg
Die foto is op 50cm op die papier met 99.75MOA ingestel, teen 100MOA sit die kruishaar net onder die lyn.

As mens na die 10MOA lyne op die Kruishaar kyk kan 'n mens mooi sien dat dit sit net bo die lyn. As ek moet skat is dit nader aan 0.15 moa wat dit uit is, in ander woorde, die lyn sou perfek onder die Kruishaar wees as ek dit kon stel tot 99.85.

Meeste teleskoop toetse wat ek al gesien het meet hulle nie meer as 80MOA nie en meeste mense sê 1% verskil is aanvaarbaar, en met 100% akkuraatheid tussen 0 en 95moa en 'n 0.25% verskil van 95+moa dink ek die Zeiss is die beste koop vir 'n LA geweer. Dit help ook dat dit aansienlik goedkoper is as die SHV of die PST Gen2.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply