Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
-
bush hat
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm
Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Goeie more almal
Ek soek graag raad vir 'n nuwe jukkery.....
Ek het 'n standaard Howa 6,5x55 SE lang aksie, met 22" dun loop wat sowat 560 rondtes gelanseer het.
Nou die jukkerigheid.....
Ek dink al hoe meer daaraan om die loop te vervang.......met 'n dik loop en langer loop, so 26" of so, as dit sal werk.
Ek wil die geweer gebruik op SAJV tabelle soos Springbok & Jakkals, dalk 'n paar voorsit jagte, papier skiete tot so by 300m
en dan ook gongs tot so1 600m op hierdie stadium. Ek beplan om vir tyd en wyl steeds Lapua doppe, LR primers en Lapua
Scenars 139gr (want ek het voorraad) baan af te jaag, as ek kan.
Nou my vraag aan die kenners.....
Is die Twist van 1-8 goed genoeg of sal dit my loon om na 1-7,5 te kyk ?
Is 26' loop lengte sinvol of wat is die beste lengte vir stabilisering ?
Sal natuurlik ook die kolf moet vervang .....om die juk heeltemal weg te vat !
Dankie by voorbaat,
Barry

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Met die 139gr koeël dui QL dat daar potensiele nodes te vinde is met die dryfmiddels hieronder. Die spoed verkry is selfs beter as die met 6,5 Needmoor - die' word voor gedruk as 'n puik lang afstand skieter. Albei ladings is by baie veilige druk uit 'n 22 duim loop.
Norma MRP 2780vps
Rel 22 2750vps
My raad sou wees om die geweer aan te wend net soos hy is. Jy het niks van akkuraatheidsvlakke van die geweer genoem nie.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Ek sou verseker se vervan die loop met een van tussen 26 en 28 duim daar is net voordele. Ackley hom sommer ook. Dan skiet jy n 140gr koeel lekker teen 2940fps.
Ek het die selle geweer as jy gehad.
Groetnis
Ek het die selle geweer as jy gehad.
Groetnis
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Jy kan met n “beter” LR koel as die scenar in jou 22” loop basies doen wat jy met n 26” loop en die scenar wil doen en R12 000 en klomp gesukkel spaar. Met n 147gr ElD naby aan 2750 gaan jy daai 139gr klop uit n lang loop. Net iets om aan te dink ook
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Hou jou geweer net soos hy is.
Dan koop jy 'n dikloop geweer wat aan al jou vereistes voldoen in 'n geskikte kaliber. Die 6,5 Needmore blyk heel gewild te wees vir die doel. Die kostes vir die hele geweer gaan dalk minder wees as die ombouing. Mens kan ook nie te veel gewere hê nie...
My 2c.

ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Barry.
Ek het 'n paar jaar met 'n Howa 6.5x55 gejag en baie wild met hom geskiet. Dit is 'n puik jag kaliber. 'n Paar jaar later het ek 'n dikloop Howa in 6.5 Creedmoor gekoop vir baanwerk en jag, vir 'n tyd het ek met beide gejag, daar is geen verskil tussen die twee kalibers op wild nie. Die 22 duim Swede en die 24"Creedmoor lewer baie dieselfde spoed.
Ek het later my 6.5x55 laat herloop na 9.3x62, die oefening was heelwat duurder as die aankoop van die Creedmoor en ek het nie 'n duur loop opgesit nie. Hou die Swede soos hy is, sy loop het nog baie lewe in hom, en koop solank 'n dikloop geweer. Dit is altyd goed om 'n spaar 6.5mm roer te hê want loopverandering neem lank en is frustrerend.

Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Soos die ander manne sê, hou die Sweed soos hy is en laai hom vir jag, uitstekende bosveld geweer gelaai met bv 156gr Oryx.
Koop vir jou n dikloop 6.5CR vir die baan en ghonge.
Howa 6.5CR gaan jou minder kos as om jou Sweed te herloop, en dan het jy twee gewere.
Herloop gaan jou n tyd sonder n geweer laat, baie lank neem en sorg vir baie frustrasies.
n Swaar baangeweer is nie optimaal vir jag nie, en net so is n ligte jaggeweer nie optimaal vir die baan nie.
Koop vir jou n dikloop 6.5CR vir die baan en ghonge.
Howa 6.5CR gaan jou minder kos as om jou Sweed te herloop, en dan het jy twee gewere.
Herloop gaan jou n tyd sonder n geweer laat, baie lank neem en sorg vir baie frustrasies.
n Swaar baangeweer is nie optimaal vir jag nie, en net so is n ligte jaggeweer nie optimaal vir die baan nie.
-
bush hat
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Vriende,
Jul opinies hou baie waarde......Hercules se se laaste sin, soos ondervind by 'n skiet in Klerrksdorp paar weke gelede,
dat 'n ligte jaggeweer nie optimaal geskik is vir die baan, het reeds die jukkery begin !!
Baie dankie vir die raad....klink vir my of ek my jukkerigheid op 'n ander manier sal moet salf smeer !
Sal moet begin by die finansies......nuwe roer in CM of dalk Sabatti x 47, glase, herlaai komponente, punte, nuwe kruit, ens.
teenoor oorspronklike gedagte van selfde herlaai komponente en met huidige Sightron glas, dan nuwe loop en kolf.
....en natuurlik die wederhelf se omkoop-geskenk !!!!!
Jul opinies hou baie waarde......Hercules se se laaste sin, soos ondervind by 'n skiet in Klerrksdorp paar weke gelede,
dat 'n ligte jaggeweer nie optimaal geskik is vir die baan, het reeds die jukkery begin !!
Baie dankie vir die raad....klink vir my of ek my jukkerigheid op 'n ander manier sal moet salf smeer !
Sal moet begin by die finansies......nuwe roer in CM of dalk Sabatti x 47, glase, herlaai komponente, punte, nuwe kruit, ens.
teenoor oorspronklike gedagte van selfde herlaai komponente en met huidige Sightron glas, dan nuwe loop en kolf.
....en natuurlik die wederhelf se omkoop-geskenk !!!!!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Kerels het hulle almal mooi die vraag deur gelees? Barry wil onderandere plate tot 1600m skiet.
Barry, ek wil presies die selle as jy doen. Nou ek het n ander pyp laat opsit en weer my roer laat Ackley. Nou kan ek die 140gr pitte teen 2900+ skiet en is my mening is dit beter....

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
1600m is ongelooflik vêr!
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Barry, elkeen van ons het al daai jeuk gehad.
Daai jeuk gaan nie met 'n salfie weg nie en krap gaan dit net erger maak.
Ek het my 7x57 Brno vir 'n swaarloop 7mm AI verruil en was nog net een keer jammer en dus toe ek my kluis moes takel met 'n voorhammer om die dikloop in die kluis te laat pas.
'n Duisend skote op die baan teen oor 1 skoot in die jagveld vanjaar gaan my wraggies nie na my ou Brno laat verlang nie.
Moenie vir jouself lieg nie. As jy daai "kom kyk" roer uit sy sak trek op die skietbaan en jou buurman vra na die kaliber as hy die skote op die papier sien, dan weet jy, dit was elke sent werd.
Ek stem met Armand saam, gaan groot en Ackley die ding terwyl jy die moeite doen. Die lewe is te kort om te wonder oor wat kon wees.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Bush hat, was dit 1 600 of slegs 600m wat jy wou geplaas het?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- HunterB
- Sr. Member

- Posts: 340
- Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Ek het 6.5x55 met n 28" 1-8. Hy skiet bitter mooi met n 147gr ELDm teen 2780fps. Korter loop gaan moeilik by daai node uitkom tensy hy geackley is
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
My 260AI het omtrent dieselfde dopvolume wat n 6.5x55 het. Ek skiet die 147gr relatief stadig met S365 uit my 26" loop teen so 2815fps.
Met 'n langer loop en n560 gaan jy daai koeël gooi teen amper die spoed van wit lig
Sit n lang swaar 8 twist pyp op, Ackley hom en skiet die 156gr Bergers. Jy sal die koppe laat draai
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Met 'n langer loop en n560 gaan jy daai koeël gooi teen amper die spoed van wit lig

Sit n lang swaar 8 twist pyp op, Ackley hom en skiet die 156gr Bergers. Jy sal die koppe laat draai

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Daaaarshy nou klink dit vir my regArnold wrote: Tue Dec 29, 2020 11:00 pm My 260AI het omtrent dieselfde dopvolume wat n 6.5x55 het. Ek skiet die 147gr relatief stadig met S365 uit my 26" loop teen so 2815fps.
Met 'n langer loop en n560 gaan jy daai koeël gooi teen amper die spoed van wit lig
Sit n lang swaar 8 twist pyp op, Ackley hom en skiet die 156gr Bergers. Jy sal die koppe laat draai
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
bush hat
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Net om die vrae te antwoord....
- Tripod... Ek het baie onlangs van S365 oorgeskakel na VV N550 en eerste ontwikkeling het my by gem. 2688 met 42.6gr en ogive lengte
van 64.82 (sal tpl bevestig). Skote x 10 was bonterig, so 5MOA op 300m ...nog nie klaar met ontwikkeling nie. Eers hand laat opereer !
Wat wys jou QL kristalbal.....my spoed nog baie stadig en doppe is nog leeg op bogenoemde resep.
- Ek kyk huidig nog nie verder as 600m nie, maar.....
- Is VV N550 geskik vir my huidige roer ?
- Ek kan swaar 8 twist pyp bekom en laat sny tot seker so 28" as nodig sou wees...sonder demper. 26" met demper klink vir my reg, as hy
punt stabiel kan laat loop.
Dankie almal, julle help met julle salf/raad....party salf brand ander stop darem jeukery vir rukkie ! ha ha

As jy QL raad wil hê gaan die volgende gemete waardes nodig wees :-
1. Looplengte vanaf kroon tot gespande gesig van slot
2. Dopvolume
3. TPL - van basis na punt van koeël
4. Lading en spoed (dui aan chrono of ander tipe)
Doplengte kan gegee word en dan baie belangrik. Is die skote sonder 'n knaldemper geskiet.
'n Opmerking - groefdraai bepaal of die koeël sal stabiliseer en nie die looplengte nie.
1. Looplengte vanaf kroon tot gespande gesig van slot
2. Dopvolume
3. TPL - van basis na punt van koeël
4. Lading en spoed (dui aan chrono of ander tipe)
Doplengte kan gegee word en dan baie belangrik. Is die skote sonder 'n knaldemper geskiet.
'n Opmerking - groefdraai bepaal of die koeël sal stabiliseer en nie die looplengte nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
bush hat
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Dankie Tripod...ek leer mooi !
Hiermee die inligting waarop ek tot dusver met VV 550 gewerk het...
- Loop lengte - 558mm
- H2O - 58.16gr
- Dop lengte - 54.90 mm
- Skote met knal demper gemeet op Chrony 5m weg
- TPL is 79.30 Ogive is 64.80
- lading / spoed .....bevestig more
dankie dusver !

Goeie more Almal
Eerstens, Hier is goeie nuus.... 'n Voorspoedige nuwe jaar is beslis moontlik en dit is my wens vir elke Jaracal-maat !
Tweedens, ek kon darem paar toets-skote skiet op oujaarsdag:
VV 550 Doppe = Lapua, Winchester Large Rifle Primers
41,5gr 2550
2561 gem 2558
2565
41,6gr 2559
2585 gem 2568
2562
Tripod, kan jy vir my loer na veilige nodes seblief ?
Dankie sover !
Eerstens, Hier is goeie nuus.... 'n Voorspoedige nuwe jaar is beslis moontlik en dit is my wens vir elke Jaracal-maat !
Tweedens, ek kon darem paar toets-skote skiet op oujaarsdag:
VV 550 Doppe = Lapua, Winchester Large Rifle Primers
41,5gr 2550
2561 gem 2558
2565
41,6gr 2559
2585 gem 2568
2562
Tripod, kan jy vir my loer na veilige nodes seblief ?
Dankie sover !
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Ek het al die inligting aanvaar wat vroeër gegee is.
41.4gr vir 2555vps op chrony
44.3gr vir 2718vps
Hoe het die groepe van daardie twee ladings gelyk?
Die 44.3gr lading kan dalk vinniger brand weens hoër druk (dit is by 56K psi van maks 60K). Jy sal moet kyk hoe die doppe daardie druk hanteer. Ons sal moontlik moet skaaf aan hierdie lading om dit reg te kry synde daar 'n 2gr sprong is.
41.4gr vir 2555vps op chrony
44.3gr vir 2718vps
Hoe het die groepe van daardie twee ladings gelyk?
Die 44.3gr lading kan dalk vinniger brand weens hoër druk (dit is by 56K psi van maks 60K). Jy sal moet kyk hoe die doppe daardie druk hanteer. Ons sal moontlik moet skaaf aan hierdie lading om dit reg te kry synde daar 'n 2gr sprong is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
bush hat
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm
Re: Howa 6,5x55 Swede loop lengte en twist
Dankie Tripod
Ek gaan intussen so paar van elk laai en oor die Chrony lanseer, dan laat weet ek.
Interssant net, ek het vroeer met S 365 op TPL van 77,6 gelaai, terwyl huidige TPL van 79,3 net na
groot sprong voel, maar dit is na vriend loop gemeet het vir Ogive lengte. Net vreemd, maar
geen probleem tydens die slot toemaak nie.
Dankie dusver !