243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post Reply
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Ds J »

Goeiedag,

n Persoon hier in ons omgewing wil begin herlaai vir 243. Dit is 99% vir jakkalsbeheer, en 1% vir kopskote op koedoes.

Hy het n 243 BRNO (ZKK 601). Sover ek weet is die groefdraai 1-10".

Kan enigeen n koeël aanbeveel wat met baie goeie waarskynlikheid akkuraat sal skiet tot op 250m?

Ek het al gehoor/gelees dat die volgende koeëls baie goed werk in die 243 BRNO:

- Hornady ELD-X 90gr

- Sierra Gameking 85gr

- Sierra Pro-Hunter 100gr

- Sierra Blitzking 70gr

Vreemd genoeg is dat die eerste drie van hierdie koeëls redelike lang dravlakke het?

Sal enige raad waardeer!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by tripodmvr »

75 of 87gr Vmax
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Ds J »

Dankie
Silwer
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Silwer »

Ek het nou wel nie 'n brno nie, maar 87 vmax'e skiet baie mooi uit my howa en sako forester.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by prohunt »

Daar is min wat so goed werk vir jakkalse soos 'n 70 gr Blitzking
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Ds J »

Dankie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by tripodmvr »

Sierra is net skaars om in die hande te kry. Hornady se koele daarenteen kon darem nog bekom word. Prys is ook 'n faktor.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Danie01 »

Ek sou ook vir die 70gr klas koele gaan of selfs 65vmax, maar nie seker hoe dit sal werk in die spesifieke geweer nie. In al.die 243 en variante waarvoor ons herlaai het die 65 en 70gr koele goed gewerk.

Ek het al n paar koedoes met 70gr koele geskiet, so dit kan werk as dit moet.

Ek het onlangs gesoek vir 70gr sierra en kon nogal by n paar plekke kry, koop net genoeg op n slag.

Kontak vir Geno, ek glo hy sal kan help.

Groete

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Capt. Yoda »

Sierra se 70gr Blitzking (hoor by Central arms in Klerksdorp of Geno) of Nosler se 70gr BT
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Lategan1 »

Nosler 80gr BT doen baie goed in my 1:10. Vir jakkels stem ek ook vir die 70gr. Hulle behoort net so akuraat te wees. Vir Kudu en ligte wind, is 80 seker weer terug in die prentjie?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Ds J »

n Regte 243-guru het my enkele minute terug aangeraai om baie ernstig te kyk na Hornady 85gr HPBT, of Sierra 87gr HPBT.

Dit bied die beste kombinasie vir afstande tot 350m, en stabiliteit in wind.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Lategan1 »

Dink nie jy kan verkeerd gaan nie. Sluit ook in die 87gr. V-max Voorstel.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Gawie(13mm) »

Ds J wrote: Thu Dec 17, 2020 9:13 pm n Regte 243-guru het my enkele minute terug aangeraai om baie ernstig te kyk na Hornady 85gr HPBT, of Sierra 87gr HPBT.

Dit bied die beste kombinasie vir afstande tot 350m, en stabiliteit in wind.
Ek gaan nou die kat, die muishond en die jakkals in die hoenderhok gooi!

Dit is alles goed en wel om die "beste" koeël te kies vir'n spesifieke aanwending. Punt!!!!

Wat my bekommer is daai 1% vir kopskote op koedoes. Die twee genoemde koeëls sal ook my seën dra vir daai stout skootjie so nou en dan, ek weet net nie of dit goeie medisyne vir jakke is nie?

Wat my eerder bekommer is dat jou vriend nou eers begin herlaai. Sonder om op tone te trap of die draad te skaak sal ek eerder voorstel dat hy die basiese praktyke van herlaai leer, en verstaan. Dit sluit dinge in soos die meet van sy geweer se looplengte, groefdraai en vryboor. Met die inligting as agtergrond kan hy dan self 'n ingeligte besluit neem.

Almal soek vandag 'n vinnige oplossing, maar geduld en leergierigheid is soos saamgestelde rente; die bonus kom aan die einde.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Ds J »

Gawie(13mm) wrote: Fri Dec 18, 2020 6:39 am

Goeiemôre Gawie, hy het al herlaai vir n handwapen en swaarder kaliber. Daar is net nie tyd of geld om eers met verskillende pakkies koeëls te eksperimenteer nie. Hy skiet gewoonlik met S&B 100gr ammunisie, wat te duur begin raak.
Last edited by Ds J on Fri Dec 18, 2020 7:34 am, edited 1 time in total.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Malan123 »

Ek stem grootliks saam met Gawie. Indien die man nou eers begin herlaai en hierdie tipe vraag vra oor die 243 se vir my dat hy nie 'n gesoute jakkals jagter is nie. Soos hy meer geskoold raak sal hy wel sy eie besluite maak en tien teen een met 70greiners begin skiet.

My voorstel sou wees om met 'n algemene punt te begin waarmee hy gemaklik gaan wees om daai stout kopskote ook elke nou en dan te neem. 87gr Vmax gaan die job doen. Goeie balans tussen spoed en werksverrigting en groeppeer mooi in meeste 243s
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by tripodmvr »

Ek het ekstra 80gr SBT Sierra (1515) koeëls beskikbaar. Kan dit moontlik teen 3200vps uit die Brno kry. Dit behoort voldoende te wees vir die 99% jakkals.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Lategan1 »

Kletsers, ek het gelees hy wil begin herlaai vir sy 243, nie dat hy wil begin herlaai nie.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by joe rocket »

All round koeel 75gr. vmax. Enige skoot op n hond is n goeie skoot. Daai koele mors lekker.Onthou net n jakkals roer moet super akuraat kan skiet.
Last edited by joe rocket on Fri Dec 18, 2020 8:00 am, edited 1 time in total.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by tripodmvr »

Julle moet net gaan loer wat is nou beskikbaar en teen watter prys.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Geno »

Ds J wrote: Thu Dec 17, 2020 3:31 pm

- Hornady ELD-X 90gr

- Sierra Gameking 85gr

- Sierra Pro-Hunter 100gr

- Sierra Blitzking 70gr
Uit daardie klomp wat genoem is, is net die 70gr Blitzking 'n jakkalskoeel.
Ek sou hom of die 70gr Ballistic Tip / 70gr Varmageddon skiet vir die aanwending en almal behoort mooi te skiet in daardie .243
Goed, beter, 6millimeter!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Ds J »

Net ter wille van duidelikheid: die man het baie ervaring met jakkalse, en hy skiet heelwat beter as ek. Hy het tot nou toe hoofsaaklik met 100gr S&B geskiet omdat hulle goed werk in sy geweer, maar die beskikbaarheid en koste van ammunisie maak dit moeilik. Hy wou eintlik begin kyk vir n ander geweer in n kaliber soos 204 Ruger, 223 of iets soortgelyks, en toe ons begin somme praat het hy besef dat hy nog baie kan herlaai en skiet met n nuwe geweer se geld. Boonop sal hy waarskynlik vir daardie kaliber ook moet begin laai. Dan maak dit eerder sin om voort te gaan met sy ou staatmaker.
Uit daardie klomp wat genoem is, is net die 70gr Blitzking 'n jakkalskoeel.
Ek sou hom of die 70gr Ballistic Tip / 70gr Varmageddon skiet vir die aanwending en almal behoort mooi te skiet in daardie .243
Baie dankie, hoe gevoelig is die 70-greiners vir wind?
Matewis28
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Sun Oct 12, 2014 5:47 am

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Matewis28 »

Ds J wrote: Fri Dec 18, 2020 9:58 am Net ter wille van duidelikheid: die man het baie ervaring met jakkalse, en hy skiet heelwat beter as ek. Hy het tot nou toe hoofsaaklik met 100gr S&B geskiet omdat hulle goed werk in sy geweer, maar die beskikbaarheid en koste van ammunisie maak dit moeilik. Hy wou eintlik begin kyk vir n ander geweer in n kaliber soos 204 Ruger, 223 of iets soortgelyks, en toe ons begin somme praat het hy besef dat hy nog baie kan herlaai en skiet met n nuwe geweer se geld. Boonop sal hy waarskynlik vir daardie kaliber ook moet begin laai. Dan maak dit eerder sin om voort te gaan met sy ou staatmaker.
Uit daardie klomp wat genoem is, is net die 70gr Blitzking 'n jakkalskoeel.
Ek sou hom of die 70gr Ballistic Tip / 70gr Varmageddon skiet vir die aanwending en almal behoort mooi te skiet in daardie .243
Baie dankie, hoe gevoelig is die 70-greiners vir wind?
Moet sê die 100gr S&B het ook goed gewerk in my geweer uit 'n koop oor die toonbank oogpunt. Skiet nou 87gr Vmaxe met IMR4350 en S361 en maak nie saak wat ek sy lading maak nie hulle loop soos stroop. Dink uit 'n one bullet for all oogpunt kan jy nie verkeerd gaan met die 87gr Vmax nie. 243 LOVE hulle.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Freddie101 »

Opskrif vra vir n koeel vir jakkalse!!!

70gr en ligter... punt!

Vra mmar enige voltydse of werklik ernstige jakkalsjagter.

Groetnis
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by tripodmvr »

In rifles chambered for either the 6mm Remington or 243 Winchester cartridge, this 80 grain #1515 Blitz bullet is dependably frangible and has no peer as a varmint bullet at velocities delivered by these cartridges. The Sierra Spitzer boat tail shape assures a flat trajectory, good resistance to crosswinds and vertical winds, and high-energy delivery even at extreme ranges. Built at the request of numerous varmint shooters, this bullet will bring out the best in both a shooter and his rifle for all varmint hunting applications.

In handguns, the soft core and thin jacket of this 80 grain #1515 Blitz bullet will deliver positive expansion at handgun velocities together with the accuracy and ballistic efficiency of the famous Sierra boat tail shape.

The #1515 was introduced in 1994.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 243 BRNO vir jakkalse - watter koeel?

Post by Geno »

Freddie101 wrote: Fri Dec 18, 2020 12:32 pm Opskrif vra vir n koeel vir jakkalse!!!

70gr en ligter... punt!

Vra mmar enige voltydse of werklik ernstige jakkalsjagter.

Groetnis
Dankie vir die waarheid
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply