Scope te laag?
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Scope te laag?
Middag manne,
Ek het 'n probleem met my geweer. Nie groot nie, maar dit pla my want ek weet dit moet nie so wees nie. Elkgeval, my probleem.
Ek het altyd gedink die laagste ringe is die beste. So ek het toe sommetjies gemaak en uitgewerk dat lae ringe sal werk op my geweer, met die 44mm objective lens voor. Die teleskoop is 'n Athlon Talos BTR 4-14x44, FFP. Een van die groot redes hoekom ek die teleskoop gekoop het is omdat hy 'n FFP teleskoop is, en ek kan dan met behulp van my skietprogrammetjies (soos Strelok) maklik my dial uitwerk op enige vergroting. Alles reg.
So toe werk ek uit die lae ringe sal pas, ek koop hulle, sit hulle op en sit die teleskoop op. Hy pas. Great.
Toe nie so great nie. Ek weet nie of dit te doen het met die ringe nie, maar toe ek die geweer boresight toe kom ek agter ek moet die teleskoop vreeslik hoog draai om op dieselfde plek te mik as waar die geweer skiet. Ek dog toe dit kan nie reg wees nie, en skiet op baie kort afstand om eers seker te maak. Op 25m is ek egter bitter naby en 2 skote later skiet ek tennisballe op 100m raak met die teleskoop, sonder fyn verstelling.
Die probleem is egter dat ek nou die teleskoop amper tot op sy limiet "op" gedraai het om hom te kry om op die kol te skiet. So terwyl ek nou op die kol skiet en baie bly is daarmee, help dit my nie met die skietprogramme wat my dialling vir my uitwerk nie. Want ek kan nie so ver meer dial nie. Ek skat minder as een rotasie en ek is teen die scope se limiet op die turret.
Die windage het ek nie 'n probleem mee nie, ek weet dis maklik om reg te maak met die mounts, maar nou wonder ek - wat kan ek doen aan die elevation se probleem? Sal hoër ringe help? Moet ek probeer uitvind of ek die Low ringe kan ruil vir Medium ringe?
Groetnis,
Wynand

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Scope te laag?
Jy kan altyd jou (praat onder korreksie) jou voorste ringe "shim" met n stukkie coke blikkie. Indien jy daarna nog minder op kan stel, moet jy agter shim.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Scope te laag?
Ek het op my 243 toe dit nog stock was, die agterste mount (thor tipe) 'n 0.6mm wasser gegee om die mounts meer MOA te gee, dit het gewerk(onthou dat die ringe mooi gelap moes word om drukpunte te vermy). Jy sit nou dalk met 0MOA en kort 20 of 30 MOA as ek die probleem reg lees, hoër ringe dink ek nie gaan die probleem oplos nie.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2593
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Scope te laag?
Wat van 20mm picatiny rail of selfs hoër??
-
JCR
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Sat Aug 02, 2014 10:33 pm
Re: Scope te laag?
Selde probleem op my 6.5 x 55 gehad. 20 MOA rail opgesit rn probleem is opgelos.
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Scope te laag?
Wynand, hierdie is nie 'n probleem omdat jy lae ringe gebruik nie. Dit is 'n belyningsprobleem.
Die voorkant van die teleskoop is hoër as die agterkant. Jy sê nie watse geweer dit is en watse ringe jy gebruik nie maar jy kan probeer om die voorste en agterste ringe om te ruil. Indien dit die ringe was sal jy nou af moet stel om te zero.
So ander hoogte ringe gaan nie help nie. As daar iets fout is met jou huidige ringe sal ander ringe wel die oplossing wees maar jy sal dieselfde hoogte ringe kan gebruik.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13531
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Scope te laag?
Agterste ring of deel van die scope wat jy wil ligLouis Kriel wrote: Tue Dec 01, 2020 2:10 pm Jy kan altyd jou (praat onder korreksie) jou voorste ringe "shim" met n stukkie coke blikkie. Indien jy daarna nog minder op kan stel, moet jy agter shim.
Toxxyc watse ringe het jy nou op gesit, as jy tyd het kyk bq of dit dieselfde doen as jy die ringe om draai en die een wat agter is voor sit.
As dit nie werk nie kry ordentlike Burris ringe met inserts
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Scope te laag?
Wys bietjie fotos dat ons kan sien wat die probleem is.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Scope te laag?
Kappetijn gee goeie advies. As jy vêr wil skiet sal jy 20MOA of selfs meer moet lig om die nodige verstelling te kry. Die Burris ringe kompenseer vir die ringe wat moontlik nie belyn nie.
The Burris Signature Zee Rings (for Weaver mounts) are really an outstanding product for the price–a good choice for a field/varmint rifle. The polymer two-piece inserts are self-aligning, eliminating stresses on your scope. They also keep the scope from being scraped or chipped during mounting.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: Scope te laag?
Ek sal kyk hoeveel die scope totaal kan afstel todat hy uit bottom. Se dit is 40MOA, dan sal ek n 30MOA piccatiny rail opsit. As dit 50 is, sal ek 40 opsit ensovoorts.tripodmvr wrote:Kappetijn gee goeie advies. As jy vêr wil skiet sal jy 20MOA of selfs meer moet lig om die nodige verstelling te kry. Die Burris ringe kompenseer vir die ringe wat moontlik nie belyn nie.
The Burris Signature Zee Rings (for Weaver mounts) are really an outstanding product for the price–a good choice for a field/varmint rifle. The polymer two-piece inserts are self-aligning, eliminating stresses on your scope. They also keep the scope from being scraped or chipped during mounting.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Scope te laag?
Athlon Optics Talos BTR 4-14x44 APLR2 FFP IR MIL 30mm Rifle Scope
Be the first to review this product
APLR2 Reticle, 1st Focal Plane
30mm Single-Piece Maintube
1/10 MRAD Impact Point Correction
20 MRAD Windage/Elevation
Exposed, Finger-Operated Turrets
Anodized Aluminum Housing
Fully Multi-Coated Optics
Parallax-Free: 10 yd to Infinity
Verstelling is dan 20x3.4377 = Amper 69 MOA.
Be the first to review this product
APLR2 Reticle, 1st Focal Plane
30mm Single-Piece Maintube
1/10 MRAD Impact Point Correction
20 MRAD Windage/Elevation
Exposed, Finger-Operated Turrets
Anodized Aluminum Housing
Fully Multi-Coated Optics
Parallax-Free: 10 yd to Infinity
Verstelling is dan 20x3.4377 = Amper 69 MOA.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Schalkskiet
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Wed Oct 16, 2019 12:18 pm
Re: Scope te laag?
Skies vir die hijack, Arnold kan jy asb verduidelik. Ek gaan dalk nou baie dom klink maar ek sou reken die voorkant van die teleskoop is laer as die agterkant omdat hy sê hy moet baie op stel? Ek is nog nuut in die game en moet self nou 'n nuwe teleskoop instel.Arnold wrote: Tue Dec 01, 2020 2:48 pm Wynand, hierdie is nie 'n probleem omdat jy lae ringe gebruik nie. Dit is 'n belyningsprobleem.
Die voorkant van die teleskoop is hoër as die agterkant. Jy sê nie watse geweer dit is en watse ringe jy gebruik nie maar jy kan probeer om die voorste en agterste ringe om te ruil. Indien dit die ringe was sal jy nou af moet stel om te zero.
So ander hoogte ringe gaan nie help nie. As daar iets fout is met jou huidige ringe sal ander ringe wel die oplossing wees maar jy sal dieselfde hoogte ringe kan gebruik.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Scope te laag?
Schalk, onthou dat die kruishaar af moet beweeg om die loop te laat lig. Die verstelknop stel egter opwaarts om dit reg te kry. So die voorkant is te hoog in hierdie geval.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Scope te laag?
Manne ek moet byvoeg dat ek nie nog te veel geld wil spandeer nie. Dis eintlik 'n jaggeweer - Rem 700 in .30-06. Die ringe is Lynx ringe, gewones, Low. Ek sal hulle bietjie omswaai en kyk wat gebeur.
PS: As daar nie veel gedoen kan word nie, hou ek hom net so. Ringe omruil is gratis, so ek sal dit probeer!
PS: As daar nie veel gedoen kan word nie, hou ek hom net so. Ringe omruil is gratis, so ek sal dit probeer!
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: Scope te laag?
As jy net wil jag kan n shim mooi werk. Dit gee jou darem die opsie om te dail die dag as jy regtig moet.
Ek hou nie vreeslik van n shim nie, maar dit werk wel.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Ek hou nie vreeslik van n shim nie, maar dit werk wel.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Scope te laag?
Ek's nie baie lus om die scope seer te maak met allerhande goeters nie, maar ek dink iets soos 'n shim met 'n stukkie metaal kan seker werk?
Hoe doen mens dit? Die scope is te hoog gedraai, so die voorkant is te HOOG. So om die scope LAER te dial moet ek die agterkant LIG sodat ek die geweer moet optel, dan skiet hy te hoog, dan dial ek hom AF om op teiken te kom?
Ook, hoeveel shim ek hom? Gaan dit nie die scope tube seermaak nie? Wat gebruik ek - 'n cokeblikkie, of iets soortgelyk? Sal gewone painter's tape nie werk nie? Dis sagter en sal nie die scope seermaak nie?

- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Scope te laag?
Ek dink tape gaan te veel flex he...
Spaar vir jou n paar rand en sit n 20MOA rail op.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Spaar vir jou n paar rand en sit n 20MOA rail op.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13531
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Scope te laag?
Sny n ou bank kaart laat hy agter in pas of n ou xtraal werk ook, jy kort nie baie nie so 2 extrale op mekaar behoort te werk. Die ring moet net nie die scope vas druk nie en natuurlik gaan jy hom agter nou nie so baie lig laat hy die buis gaan buig nie. Ons het dit baie op PCPs gedoen as ons op 100m wou skiet voor daar al die lekker ringe beskikbaar was
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2593
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Scope te laag?
Beste raad, hierbo..jankraay wrote: Wed Dec 02, 2020 5:00 pm Ek dink tape gaan te veel flex he...
Spaar vir jou n paar rand en sit n 20MOA rail op.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Los daai ander goete, doen dit reg die 1ste keer.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Scope te laag?
Die shim met n coke blikkie werk goed, veral as finansies knap is..... ek raai nou maar dink daai triek het my minstens 4 of 6 moa gegee. Wees maar net versigtig dat jy nie die rinng dan woes erg vas draai nie want jy kan dalks die buis effe seer maak.....as jy kan gebruik dan eerder n torque skroewedraaier vir dit.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Scope te laag?
Bankkaart is maar bietjie vet dink jy nie? Ek sal seker iets kan kry wat werk wat nie te dik is nie. Ek het nie veel x-strale nie, my bene is hard sover.Capt. Oblivious wrote: Wed Dec 02, 2020 6:06 pm Sny n ou bank kaart laat hy agter in pas of n ou xtraal werk ook, jy kort nie baie nie so 2 extrale op mekaar behoort te werk. Die ring moet net nie die scope vas druk nie en natuurlik gaan jy hom agter nou nie so baie lig laat hy die buis gaan buig nie. Ons het dit baie op PCPs gedoen as ons op 100m wou skiet voor daar al die lekker ringe beskikbaar was
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Scope te laag?
Verseker, maar as ek moet geld spandeer los ek hom net so. Hy skiet reg vir jag soos hy nou skiet.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Scope te laag?
Met lengte van 150mm tussen ringe is 0,8mm hoër agter = 18MOA
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Scope te laag?
Dis genoeg. 18 MOA shim sal my lekker laag op die scope se turret sit! Ek sien ons bankkaarte is 0.76mm dik, so ek dink ek gaan dit probeer. Ek dink ook die 150mm tussen die ringe klink redelik naby aan wat ek het. Dink ek sal 'n ou kaart wat hier lê sny en indruk en kyk wat maak hy. As dit nie lekker werk nie kan ek hom mos altyd net weer uithaal.
Dankie manne!
Dankie manne!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Scope te laag?
Ek het ook al gehad dat die Lynx basisse nie die regte hoogte was op my cz550 nie. Soos die Remington kan mens ongelukkig nie die basisse ook omruil nie.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Sent from my SM-G955F using Tapatalk