Watter 9mm pistool vir n vrou
-
muishond
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Watter 9mm pistool vir n vrou
Watter 9mm pistool sal julle aanbeveel vir n vrou.... Die doel is slegs vir selfverdediging... Moenie te groot en swaar wees nie en goeie waarde vir geld... Dan die belangrikste is dan seker betroubaarheid..
Groete
Groete
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Ek het ‘n Glock so ek gaan sê G26 of G43 afhangende van hoeveel rondtes jy soek en hoe klein hy moet wees. Die Glock het nie ‘n “external” safety wat iemand kan vergeet van as hul aangeval word nie, trek die sneller en hy skiet. Glock het ook die wereld se holsters en toebehore wat jy dalk wil bykoop hier in SA. Vat haar om met al die opsies te gaan skiet as jy kan. Sterkte met jou besluit!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Dink jy moet jou vrou neem na 'n geweer winkel, dat sy voel en pas waarmee sy gemaklik is.
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Nee man, dit is soos om jou bakkie te kies oor watse sitplek die lekkerste sitJohanvB wrote: Tue Nov 24, 2020 7:35 pm Dink jy moet jou vrou neem na 'n geweer winkel, dat sy voel en pas waarmee sy gemaklik is.
Muishond jou vraag is eintlik die beskrywing van 'n glock
JJV is op regte spoor met Glock 26/43. Kyk ook na Glock 43X of 19 kan ook werk, ken vroue wat dit. Natuurlik sal die CZ P10C (G19)/P10S (G26) of P10m(G43) en dan kan jy ook lkyk Smith and Wesson M&P9 Shield en laastens die Sig P365.
Maar nou noem ek net als op. Koop ek v my vrou en in ag neem haar leefstyl ens. sal dit 'n 43/26/p10s wees
- pwdejager
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Ek het 'n CZ-P07 wat my vrou baie goed skiet en baie van hou. Nadat sy haar bevoegdheid gedoen het, het ek 'n paar ouens by ons skietclub nader getrek en het sy met die CZ-P07, CZ-P10S, Glock G26 en 43 asook die S&W Shield geskiet.
Nou sy weet niks van fabrikate af nie, maar ken my P07 en hou baie van hom.
Nadat sy almal geskiet het, het sy sonder twyfel gewys na die S&W Shield en gese "ek soek hom". Sy het ook toevallig die beste groepering met hom geskiet.
So ek sal aanbeveel dat sy 'n paar probeer voordat sy koop (indien moontlik)
En by-the-way, die P10S het my verbaas, hy het by verre die beste sneller (uit die boks), selfs beter as my kompetisie pistool.

Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
-
Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 505
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Glock 43X.
Groete
Groete
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
My voorstel is vat haar na n geweer winkel, haar kleredrag op die gegewe dag moet dieselfde wees as wat sy werk toe dra, of soos sy elke dag haar take verrig - Dan neem sy al die moontlike wapen opsies en "conceal" dit soos sy dit elke dag sou drae, van daar af word die opsies al klaar minder en kan daar dan verder gekyk word na watter wapen vir haar die gemaklikste is en beste op die skietbaan werk, My rede hiervoor is dat as sy nie dit gemaklik of "concealed" kan drae nie kan die situasie dalk ontstaan waar dit n handsak of kluis wapen word.
Behalwe vir boonste, neem ook asb die volgende in ag:
1. Onderdeel beskikbaarheid
2. Beskikbaarheid van alternatiewe sights bv night sights vir die wapen
3. PLaaslike ondersteuning
4. Magasyn beskikbaarheid
5. Behoorlike Kydex holsters
Sluit aan by n kompetitiewe skietklub en neem deel aan klub kompetisies, dit is al manier om die wapen te leer ken en gaan vir herhaaldelike opleiding by die regte instrukteurs en maatskapye.
Dit is ons plig as man om ons geliefdes aan te moedig en te ondersteun om hulle self te kan beskerm.
Blessings.
Behalwe vir boonste, neem ook asb die volgende in ag:
1. Onderdeel beskikbaarheid
2. Beskikbaarheid van alternatiewe sights bv night sights vir die wapen
3. PLaaslike ondersteuning
4. Magasyn beskikbaarheid
5. Behoorlike Kydex holsters
Sluit aan by n kompetitiewe skietklub en neem deel aan klub kompetisies, dit is al manier om die wapen te leer ken en gaan vir herhaaldelike opleiding by die regte instrukteurs en maatskapye.
Dit is ons plig as man om ons geliefdes aan te moedig en te ondersteun om hulle self te kan beskerm.
Blessings.
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Om aan te sluit by my skrywe hierbo, ek is n voorstaander van die Glock reeks pistole vir verskeie redes soos ek hierbo genoem het, jou vrou kan gerus kyk na die Glock 26:
Voordele:
1. Dit is n Glock
2. Concealment
3. Holsters / Aftermarket parte beskikbaarheid
4. En hierdie is belangrik: Die Glock 26 kan Glock 19 en 17 magasyne vat, asook die 30 rondte magasyne, so vir concealment kan die klein magasyn gedrae word en die ekstra mags dan die groter 19 / 17 magasyn wat baie lekker werk saam met n x-grip.
Nadele:
1. Die kort loop kan moontlik vir haar meer terugslag laat voel, maar met goeie instruksie en oefening hoef dit nie n probleem te wees nie, onthou net hoe kleiner en ligter die pistool hoe meer terugslag kan moontlik ondervind word.
Baie sterkte met die kies van pistool, dit is n groot maar baie belangrike stap om te neem.
Blesssings.

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Indien iemand baie gaan skiet is daar altyd onderdele vir Glock en CZ pistole beskikbaar.
Die gemiddelde persoon wat 'n pistool vir selfverdediging aanskaf sal waarskynlik nooit die wapen soveel skiet dat onderdele nodig gaan wees nie.
Laat jou vrou kies waarvan sy hou, want dan sal sy die wapen dra. My vrou het 'n Taurus PT111G2 gekies. Dit is alles waarvan ek nie hou nie, Taurus, Tupperware, ens. Die feit is egter dat sy hou van die wapen en dit met selfvertroue saamdra. Sou ek vir haar 'n blok, ekskuus Glock, koop, sou dit heeltyd in die kluis bly lê het.
Ek self het al baie rondtes deur die ding gejaag. Die pistool is kompak, betroubaar, skiet akkuraat en is maklik hanteerbaar. Die feit dat dit nie in my smaak val nie, beteken niks nie.

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Gee haar blootstelling aan verskeie pistole, en laat haar kies.
n Dik, stewige gordel en n goeie holster is n moet.

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1371
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Ek is mal daaroor hoe julle vroue soos flippen kinders behandel wat nie self kan kies nie.
Dis maklik. Jy kies 'n betroubare brand waarvoor jy parte en goed soos holsters gaan kan kry as jy dit nodig het. Dus CZ, Glock of as die geld dik loop, iets soos Sig Sauger. S&W is 'n opsie en Ruger is besig om meer naam te maak in SA (maar parte is nog bietjie van 'n probleem). Dan vat jy haar na 'n gunshop toe en laat haar self kies. 'n Gunshop met 'n binnehuis-skietbaan is nog beter, want dan kan sy self skiet en kies.
Moenie dink net omdat jy dink 'n rollie is perfek, sy MOET hom dra nie. Moenie dink omdat sy 'n vrou is, sy kan nie 'n volgrootte pistool hanteer nie, of sy sal nie die slide kan werk of basiese pistoolmanipulasie kan uitvoer nie. Training training training. "Klein en lig" is die twee vrotste eienskappe wat mens in 'n vuurwapen kan kry, want die goed hanteer moeilik en skop meer. Al waar dit "shine" is waar jy hom kan wegsteek, en dis letterlik al.
Maar ek moet sê, iets soos die Glock 26 is nie 'n slegte keuse nie. Dis 'n goeie begin.

- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
+1Toxxyc wrote: Wed Nov 25, 2020 7:28 am Ek is mal daaroor hoe julle vroue soos flippen kinders behandel wat nie self kan kies nie.
Dis maklik. Jy kies 'n betroubare brand waarvoor jy parte en goed soos holsters gaan kan kry as jy dit nodig het. Dus CZ, Glock of as die geld dik loop, iets soos Sig Sauger. S&W is 'n opsie en Ruger is besig om meer naam te maak in SA (maar parte is nog bietjie van 'n probleem). Dan vat jy haar na 'n gunshop toe en laat haar self kies. 'n Gunshop met 'n binnehuis-skietbaan is nog beter, want dan kan sy self skiet en kies.
Moenie dink net omdat jy dink 'n rollie is perfek, sy MOET hom dra nie. Moenie dink omdat sy 'n vrou is, sy kan nie 'n volgrootte pistool hanteer nie, of sy sal nie die slide kan werk of basiese pistoolmanipulasie kan uitvoer nie. Training training training. "Klein en lig" is die twee vrotste eienskappe wat mens in 'n vuurwapen kan kry, want die goed hanteer moeilik en skop meer. Al waar dit "shine" is waar jy hom kan wegsteek, en dis letterlik al.
Maar ek moet sê, iets soos die Glock 26 is nie 'n slegte keuse nie. Dis 'n goeie begin.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13580
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Die flippen mans darem
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1371
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Varke en poepholle, dit lot van hulle!
-
muishond
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Baie dankie vir julle insette... Waardeer
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
My vrou het gister 'n Beretta APX Compact gekoop. Sy is wel 'n die-hard Beretta fan, so sy het al die ander brands bekyk asof dit honnebollie is...
Groetnis!
Groetnis!
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
As ek namens my vrou kan praat, sy het gaan kyk na n klomp pistole,sy het op die Glock 43 besluit. Haar grootste probleem met die Glock 26 was dat hy te breed is om gemaklik te versteek.
Ek stem wel saam, onthou die beskikbaarheid van komponente vir die wapen wat sy kies.
Kyk ook as sy gaan vir iets in die Kompak en Sub Kompak grootte pistool dat sy kyk na swaarder ammunisie in 9mm iets in die 124gr of 147gr klas, dit het in die korter lope baie meer beheerbare terugskop.

Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
S&W Shield 9mm is ook n goeie opsie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
1. Glock 19, as die grootte haar regtig pla G26, maar as hy te dik is G43
2. CZ P07 of P10c
3. Beretta PX4 storm sub-compact. Net omdat my pel se vrou een het en ek hom geskiet het. What a gun!

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Watter 9mm pistool vir n vrou
Toe ek my eerste pistool gekoop het, het ek maar bitter min geweet. Eers nadat ek opleiding gekry het en geoefen het, kon ek beter verstaan wat nou eintlik nodig en nuttig is aan 'n pistool en wat nie.
My voorstel is dus dat enige iemand wat sy/haar eerste dra/SV wapen gaan kies, eers soveel as moontlik opleiding kry en met mense gesels wat elke dag dra. 'n Vrou moet met vrouens gesels wat dra, want ons mans kan nie verrstaan wat dit presies is wat 'n vrou wil hê nie.
Die pistool moet aan 'n paar vereistes voldoen:
1. Klein genoeg om maklik te versteek aan die lyf. (Die ding help niks as hy in die kluis lê nie.)
2. Onderdele moet plaaslik beskikbaar wees. (Want sonder gereelde oefening is dit net 'n "lucky charm".)
3. Sinvolle kaliber, ten minste 9mm kort maar verkieslik 9mm P en soveel as moontlik van die patrone by jou in spaar magasyne.
4. Die wapen se eienaar moet goed geoefen wees en aanhou oefen daarmee.
Hoe dit voel of lyk is nie ingesluit by die lys nie. Dit tel nie punte as jy jou eie of iemand anders se lewe moet red nie.