Sable met 'n 243 met 105gr oryx
-
Conna Howa
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm
Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Goeie naand
Ek wil by julle manne hoor, het iemand hier al 'n Sable geskiet met 'n 243 met 105 gr oryx punte?

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Swartwitpens = groot bok en gewoonlik 'n trofee - kopskote is nie aan te beveel nie synde jy die horings kan raakskiet.
Die mikpunt is dus 'n bladskoot en so klein kaliber is nie die beste vir die taak nie. Die prys van so bok behoort jou ook nie kanse te wil waag met 'n 243 nie.
Die 243 het sekerlik die vermoë om 'n doodskoot te skiet, maar ek sou .30 of groter gebruik as ek dit moes doen.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Dit soos dobbel. Jy kan n kans waag met n 243 maar ek sou meen jy moet gesonde oordeel aan die dag le. Probeer eerder n groter kaliber (ten minste n .308) met "swaar" koeels.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Enige bok sal val as jou skoot plasinging reg is. Enige bok sal hardloop as jou skootplasing verkeerd is. Ek het al baie gemsbokke en koedoes met die 243 geskiet. Vermy groot bene.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Het self al Sable gejag met my 9.3x62 , en was by met 4 ander.
Stem saam met .30 en groter. Soos dit maar werk soms en veskil van omstandighede , maar een van die waar ek by was is met 30-06 en 200gr geskiet en skaars 80m later loop le.
Ander een is met .375 en 300gr geskiet maar het +/-200m gehardloop voor die gaan le het.
Beide was mooi blad skoot , naby hart , dubbel longe
Om suksesvol groot wild te jag met .243 ... ja , maar om te se vermy swaar groot been is nie so maklik nie , en persoonlik dink ek die kaliber is net bietjie lig in die broek.

It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.

- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Niemand hier het die man se vraag geantwoord nie...
Nee Conna Howa ek het nog nie...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee Conna Howa ek het nog nie...
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Conna
Ek het wel nie met n 243 nie, maar met my 6.5 x 55 met Norma Oryx 156gr. Als het volgens plan verloop.
Ek wou hom met die 375 skiet maar elke keer as ek uit was met die 375 het ek hom nie gekry nie. Groter is beter maar as dit al is wat jy tot jou beskiking het go for it. Gaan vir n hoë nekskoot. Lyfskoot gaan dalk te riskant wees...
Ek het wel nie met n 243 nie, maar met my 6.5 x 55 met Norma Oryx 156gr. Als het volgens plan verloop.
Ek wou hom met die 375 skiet maar elke keer as ek uit was met die 375 het ek hom nie gekry nie. Groter is beter maar as dit al is wat jy tot jou beskiking het go for it. Gaan vir n hoë nekskoot. Lyfskoot gaan dalk te riskant wees...
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Stem saam met die skryweRasmus wrote:Conna
Ek het wel nie met n 243 nie, maar met my 6.5 x 55 met Norma Oryx 156gr. Als het volgens plan verloop.
Ek wou hom met die 375 skiet maar elke keer as ek uit was met die 375 het ek hom nie gekry nie. Groter is beter maar as dit al is wat jy tot jou beskiking het go for it. Gaan vir n hoë nekskoot. Lyfskoot gaan dalk te riskant wees...
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Hoe is n teiken wat 4-6 keer groter is meer riskant as n klein teiken/doodmaak oppervlak?Rasmus wrote: Thu Nov 19, 2020 7:25 am Conna
Ek het wel nie met n 243 nie, maar met my 6.5 x 55 met Norma Oryx 156gr. Als het volgens plan verloop.
Ek wou hom met die 375 skiet maar elke keer as ek uit was met die 375 het ek hom nie gekry nie. Groter is beter maar as dit al is wat jy tot jou beskiking het go for it. Gaan vir n hoë nekskoot. Lyfskoot gaan dalk te riskant wees...
Ek vra net uit onkunde...
Met n vleisie...
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Mellies
Soos ek sê groter is beter!
Ek sou eerder met die 243 n nekskoot waag as n bladskoot, indien jy een vd groot bene tref met die 243 kan dit n lang dag in die veld raak.
Ek het al bv n groot Eland koei se skouer knop raakgeskiet met my 375 en hornady 270 gr koeël wat amper vir n lang dag gesorg het.
Use enough gun kan nooit oorbeklemtoon word nie!
Soos ek sê groter is beter!
Ek sou eerder met die 243 n nekskoot waag as n bladskoot, indien jy een vd groot bene tref met die 243 kan dit n lang dag in die veld raak.
Ek het al bv n groot Eland koei se skouer knop raakgeskiet met my 375 en hornady 270 gr koeël wat amper vir n lang dag gesorg het.
Use enough gun kan nooit oorbeklemtoon word nie!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Dit is nie net die "gun" se grootte nie, maar die koeël se konstruksie is net so belangrik.
Conna het nie genoem of dit 'n vleis of trofeebok is nie. Dit kan ook 'n rol speel by kaliber keuse.
Conna het nie genoem of dit 'n vleis of trofeebok is nie. Dit kan ook 'n rol speel by kaliber keuse.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Conna
Ek dink nie te veel mense sal hulle hande kan opsteek op jou vraag nie, vir die eenvoudige rede dat die meeste mense darem nog hulle gesonde verstand volg.
Groetnis
Wouter
Ek dink nie te veel mense sal hulle hande kan opsteek op jou vraag nie, vir die eenvoudige rede dat die meeste mense darem nog hulle gesonde verstand volg.
Groetnis
Wouter
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Dankie hiervoor. Uitsondering op die reël beteken nie dit is goeie praktyk nie. Goeie oordeel wel.Wouter Roets wrote: Fri Nov 20, 2020 10:36 am Conna
Ek dink nie te veel mense sal hulle hande kan opsteek op jou vraag nie, vir die eenvoudige rede dat die meeste mense darem nog hulle gesonde verstand volg.
Groetnis
Wouter
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Daar was geen fout met jou keuse van die 6.5x55 nie. Die kaliber, en ek het self een, boks in 'n klas wat jou soms sprakeloos laat. Die SD (sectional density) van daardie lang dun koeëls vergelyk soms beter as die van die 375, en penetrasie sal nie sommer 'n probleem wees nie. Sien berekening hieronder.
SD van 156 Norma Oryx - 6.5 = 0.320
SD van 250gr Hornady GMX - 375 = 0.254
Die wondkanaal sal beslis nie dieselfde wees nie, en dis dalk hier waar die groter kalibers 'n voorsprong sal hê.
Ek kon nog net een 6.5 koeël kon herwin uit 'n eland wat op 260m 'n plank dwars skoot ontvang het.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13526
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Sponsor my daar n Sable dan maak ek vir julle n video as hy n 108gr ELD eet dan kan ons presies weet wat gebeur
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Jean ek soek nou nie bloedbek nie maar wil net noem dat ons moet miskien passop om SD te veel krediet te gee.Jean Marais wrote: Fri Nov 20, 2020 11:29 am Daar was geen fout met jou keuse van die 6.5x55 nie. Die kaliber, en ek het self een, boks in 'n klas wat jou soms sprakeloos laat. Die SD (sectional density) van daardie lang dun koeëls vergelyk soms beter as die van die 375, en penetrasie sal nie sommer 'n probleem wees nie. Sien berekening hieronder.
SD van 156 Norma Oryx - 6.5 = 0.320
SD van 250gr Hornady GMX - 375 = 0.254
Die wondkanaal sal beslis nie dieselfde wees nie, en dis dalk hier waar die groter kalibers 'n voorsprong sal hê.
Ek kon nog net een 6.5 koeël kon herwin uit 'n eland wat op 260m 'n plank dwars skoot ontvang het.
Met 'n sagte punt is SD van toepasing solank die koeël deur die lug trek. Sodra dit die dier tref en omklink dan verander/verlaag daardie SD teen n hoë tempo. 'n monometaal 243 koeël gaan waarskynlik n sagtepunt 243 koeël stof wys met penetrasie
Selfde vergelyking kan dus nie regverdig gemaak word tussen twee koeëls wat nie identies omklink nie Oryx vs GMX miskien?
Bell se 7x57 met FMJ sal enige omklink koeël ore aansit as dit by penetrasie kom. (ek het ook al SD se stert geprys tot ek mooi daaroor gaan dink het)
Die stelling het niks te doen met die feit of n 243 n Swartwitpens kan dood of nie dood nie. Eerder die feit dat n koeël wat n bok vol penetreer of nie,
nie noodwendig 'n direkte verband het met 'n vinniger dood of goeie etiese waardes nie.
Waarom skiet ons Buffels met swaar kalibers terwyl n 308 dit ook kan doodskiet? Is dit oor dit veiliger is vir ons gesondheid of oor ons eties wil jag?
Geld n etiese dood net vir ons of vir die Buffel ook? Wat ek wil sê is, al sal n SWP nie noodwendig jou kom loop storm en seermaak nie verdien dit sekerlik dieselfde respek as wat jy vir n Buffel sal hê? En dalk n tikkie meer oor hulle so mooi is.
Ek vra vooraf vir vrede
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Dankie vir 'n goeie beskrywing van SD. Ek verstaan dit darem ook soos jy verduidelik het. Die groter momentum van swaarder koeëls speel beslis 'n groot rol.airhunter wrote: Mon Nov 23, 2020 1:48 pmJean ek soek nou nie bloedbek nie maar wil net noem dat ons moet miskien passop om SD te veel krediet te gee.Jean Marais wrote: Fri Nov 20, 2020 11:29 am Daar was geen fout met jou keuse van die 6.5x55 nie. Die kaliber, en ek het self een, boks in 'n klas wat jou soms sprakeloos laat. Die SD (sectional density) van daardie lang dun koeëls vergelyk soms beter as die van die 375, en penetrasie sal nie sommer 'n probleem wees nie. Sien berekening hieronder.
SD van 156 Norma Oryx - 6.5 = 0.320
SD van 250gr Hornady GMX - 375 = 0.254
Die wondkanaal sal beslis nie dieselfde wees nie, en dis dalk hier waar die groter kalibers 'n voorsprong sal hê.
Ek kon nog net een 6.5 koeël kon herwin uit 'n eland wat op 260m 'n plank dwars skoot ontvang het.
Met 'n sagte punt is SD van toepasing solank die koeël deur die lug trek. Sodra dit die dier tref en omklink dan verander/verlaag daardie SD teen n hoë tempo. 'n monometaal 243 koeël gaan waarskynlik n sagtepunt 243 koeël stof wys met penetrasie
Selfde vergelyking kan dus nie regverdig gemaak word tussen twee koeëls wat nie identies omklink nie Oryx vs GMX miskien?
Bell se 7x57 met FMJ sal enige omklink koeël ore aansit as dit by penetrasie kom. (ek het ook al SD se stert geprys tot ek mooi daaroor gaan dink het)
Die stelling het niks te doen met die feit of n 243 n Swartwitpens kan dood of nie dood nie. Eerder die feit dat n koeël wat n bok vol penetreer of nie,
nie noodwendig 'n direkte verband het met 'n vinniger dood of goeie etiese waardes nie.
Waarom skiet ons Buffels met swaar kalibers terwyl n 308 dit ook kan doodskiet? Is dit oor dit veiliger is vir ons gesondheid of oor ons eties wil jag?
Geld n etiese dood net vir ons of vir die Buffel ook? Wat ek wil sê is, al sal n SWP nie noodwendig jou kom loop storm en seermaak nie verdien dit sekerlik dieselfde respek as wat jy vir n Buffel sal hê? En dalk n tikkie meer oor hulle so mooi is.![]()
Ek vra vooraf vir vrede![]()
![]()
My ervaring met my 6.5x55 is egter sover nog net goed. Ek is baie lief vir die 120gr GMX'e, en soos ek vermeld het, kon ek nog net 1 van die koeëls herwin uit 'n Eland wat op 260m plankdwars gestaan het. Met die blom van die koeël het hy omgeswaai, en steeds met die bootstertkant van die koeël deur die vel aan die uitgangskant penetreer. As dit nie vir die oopmaak van die koeël was nie, het ek hom ook nie kon herwin nie.
Op die ou einde gaan als maar oor goeie skootplasing, ongeag die kaliber. Dis waar die werklike verskil lê. Die etiek van die kaliberkeuse op bepaalde wild is egter 'n heel ander gesprek.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Niks fout met 'n x55 nie. Baie goeie kaliber.
Jou laaste lyn bly die kruks te wees. Ek kan baie meer akkuraat skiet met my 308 as my vriend se 416.
Kaliber is nie altyd alles nie.
Mooi dag
Jou laaste lyn bly die kruks te wees. Ek kan baie meer akkuraat skiet met my 308 as my vriend se 416.
Kaliber is nie altyd alles nie.
Mooi dag
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
“Skootplasing wen kaliber enige dag”airhunter wrote:Niks fout met 'n x55 nie. Baie goeie kaliber.
Jou laaste lyn bly die kruks te wees. Ek kan baie meer akkuraat skiet met my 308 as my vriend se 416.![]()
Kaliber is nie altyd alles nie.
Mooi dag
Piet Pille - 24/11/2020
Sent from my iPhone using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
airhunter wrote: Tue Nov 24, 2020 12:18 pm Niks fout met 'n x55 nie. Baie goeie kaliber.
Jou laaste lyn bly die kruks te wees. Ek kan baie meer akkuraat skiet met my 308 as my vriend se 416.Maar 'n 308 is 'n gepaste kaliber vir die taak om 'n SWP te jag
Kaliber is nie altyd alles nie.
Mooi dag
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Touchetripodmvr wrote: Tue Nov 24, 2020 1:12 pmairhunter wrote: Tue Nov 24, 2020 12:18 pm Niks fout met 'n x55 nie. Baie goeie kaliber.
Jou laaste lyn bly die kruks te wees. Ek kan baie meer akkuraat skiet met my 308 as my vriend se 416.Maar 'n 308 is 'n gepaste kaliber vir die taak om 'n SWP te jag
Kaliber is nie altyd alles nie.
Mooi dag
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Ek het gehoor dat Gregor Woods altyd met sy 375 jag, en as iemand vra waarom, is sy antwoord blykbaar dat die bokke geneig is om om te val en te bly lê.
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Sable met 'n 243 met 105gr oryx
Dit hang seker maar af of jy hom gaan poach of vir hom betaal. As dit laasgenoemde is sal ek liefs maar 'n .30 kaliber of groter gebruik. Persoonlik sal ek my 338 gebruik.