Jagverskille tusen Europa en VSA

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Jagverskille tusen Europa en VSA

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Jagverskille tusen Europa en VSA

Post by Methos »

Baie interessant dankie oom.

Laat ek my 2c insit van wat ek geleer het in my 5 jaar van jag hier.

Jag is beslis meer 'n spansport hierso. Agv die reëls. Ek kan nie met 'n koeël geweer gaan stap en jag op my eie nie sonder dat die lokale regering vir my 'n permit gee nie.

Ek mag wel op my eie gaan stap met 'n haelgeweer en 'n hond en varke soek en hulle skiet met slugs sonder enige toestemming. Moet natuurlik die jag lisensie hê en validasie daarvan elke jaar.

Meeste europeërs ken minder van gewere as Amerikaners. Maar in die jag gemeenskap word kinders groot met gewere. Baie mense by die werk wat ek ken het nog nooit 'n jaggeweer gesien nie. Maar elke keer as ons gaan jag is daar kinders by. So dis 'n "geslote" gemeenskap. Dis maar dieselfde as in SA soos wat baie kinders nooit 'n geweer sien want hulle pa's en familie glad nie jag nie.

Oor die beter skutte op hardlopende wild. Ja nee kom ons los dit nou maar daar. Vandag 'n vark uitgesleep wat eerste skoot deur die boud geskiet is voor hy met 3 ander skote doodgeskiet is. Ek sou sê dat Amerikaners en Suid Afrikaners beter skutte is oor die algemeen as Europese jagters. Want ons kan meer oefen. Ek skiet al vandat ek klein kannetjie is met 'n windbuks en. 22. Dis hoekom ek 'n windbuks onlangs gekoop het. As jy met 'n windbuks kan skiet kan jy met 'n 308 skiet. Meeste Franse het nie daai geluk om van kleins af dit te doen nie. Natuurlik is daar uitsonderinge. Franz albrecht is een van die beste in die wêreld. Baie Franse wat ek ken skiet goed, maar baie ook maar vrot.

Waar die ou egter reg is, is dat ons gesamentlike vyand die groenes is. Frankryk se vark getalle get met 20 x opgegaan vanaf 30 jaar terug. Dis die jagters wat die skade aan boere se lande betaal. Die groene lime om in die berge te gaan stap en diere te sien maar hy dra nie een bloue duitjie aan hulle voortbestaan by nie. Dis die jagters wat diere kosgee, krippe bou, patryse en fisante en hase loslaat sodat hulle kan vestig. Die groene sit in sy flat, eet Macdonald en se mense is wreed teenoor diere. As jy klein bietjie van di gr weet raak jy gevaarlik....

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk

User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Jagverskille tusen Europa en VSA

Post by Morkel »

Methos wrote:Baie interessant dankie oom.

Laat ek my 2c insit van wat ek geleer het in my 5 jaar van jag hier.

Jag is beslis meer 'n spansport hierso. Agv die reëls. Ek kan nie met 'n koeël geweer gaan stap en jag op my eie nie sonder dat die lokale regering vir my 'n permit gee nie.

Ek mag wel op my eie gaan stap met 'n haelgeweer en 'n hond en varke soek en hulle skiet met slugs sonder enige toestemming. Moet natuurlik die jag lisensie hê en validasie daarvan elke jaar.

Meeste europeërs ken minder van gewere as Amerikaners. Maar in die jag gemeenskap word kinders groot met gewere. Baie mense by die werk wat ek ken het nog nooit 'n jaggeweer gesien nie. Maar elke keer as ons gaan jag is daar kinders by. So dis 'n "geslote" gemeenskap. Dis maar dieselfde as in SA soos wat baie kinders nooit 'n geweer sien want hulle pa's en familie glad nie jag nie.

Oor die beter skutte op hardlopende wild. Ja nee kom ons los dit nou maar daar. Vandag 'n vark uitgesleep wat eerste skoot deur die boud geskiet is voor hy met 3 ander skote doodgeskiet is. Ek sou sê dat Amerikaners en Suid Afrikaners beter skutte is oor die algemeen as Europese jagters. Want ons kan meer oefen. Ek skiet al vandat ek klein kannetjie is met 'n windbuks en. 22. Dis hoekom ek 'n windbuks onlangs gekoop het. As jy met 'n windbuks kan skiet kan jy met 'n 308 skiet. Meeste Franse het nie daai geluk om van kleins af dit te doen nie. Natuurlik is daar uitsonderinge. Franz albrecht is een van die beste in die wêreld. Baie Franse wat ek ken skiet goed, maar baie ook maar vrot. Image

Waar die ou egter reg is, is dat ons gesamentlike vyand die groenes is. Frankryk se vark getalle get met 20 x opgegaan vanaf 30 jaar terug. Dis die jagters wat die skade aan boere se lande betaal. Die groene lime om in die berge te gaan stap en diere te sien maar hy dra nie een bloue duitjie aan hulle voortbestaan by nie. Dis die jagters wat diere kosgee, krippe bou, patryse en fisante en hase loslaat sodat hulle kan vestig. Die groene sit in sy flat, eet Macdonald en se mense is wreed teenoor diere. As jy klein bietjie van di gr weet raak jy gevaarlik....

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Jy is weer op n role tjom, ek verstaan net nie daai koel geweer reels maar slugs is ok. Wonder wat isi argument

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Jagverskille tusen Europa en VSA

Post by naas222 »

Seker maar distansie.. daai manne jag mos partymaal net buite dorp.. my swaer was eenmaal in duitsland in daai hoogskiet hides.. en hy reken jy sit en wag dan stap mense met hul honde of ry fiets in jou skiet gebied...
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Jagverskille tusen Europa en VSA

Post by Klein Chris »

naas222 wrote: Mon Nov 23, 2020 7:13 am Seker maar distansie.. daai manne jag mos partymaal net buite dorp.. my swaer was eenmaal in duitsland in daai hoogskiet hides.. en hy reken jy sit en wag dan stap mense met hul honde of ry fiets in jou skiet gebied...
Goeie genugtig. Dit laat my skoon sidder
Skiet bly maar lekker
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Jagverskille tusen Europa en VSA

Post by Capt. Yoda »

In die US is daar baie state waar jy net met n n geweer mag skiet met n reguit dop soos n 12boor of 357 lever gun omdat die "plase" maar eintlik net plotte is en die huise naby mekaar is. Is seker maar tot n mate selfde in die UK en soos Naas ook daar se die mense stap en ry somer fiets daar tussen die manne wat jag. Glo n stuk slug gaan jou dag maar net so op neek soos n 270 partition deur die pens
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Jagverskille tusen Europa en VSA

Post by naas222 »

Daai public land jagte is n nagmerie.... dis hoekom hulle daai mooi oraje jurkies dra... kan jy dink 100 jagters op 10 000 ha.... of wat ook al... 2 ouens bekryip dieselfde bok... n resep vir moeilikheid...
oom driepoot sal seker kan google hoeveel opening day sterftes en ongelukke is daar in die vsa
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Jagverskille tusen Europa en VSA

Post by Methos »

Maar voor dat ek dat laat klink of die gemiddelde Franse jagter swak is - daar is baie ouens wat beter weet van natuur as baie suid afrikaners en amerikaners. DIe ouens weet waar die varke loop - hulle het plekke wat hulle vee elke keer wat hulle daar verby gaan om te sien hoeveel spore daar deurgaan om te sien hoeveel diere daar is etc.

Ons sukksesvolle jag van gister is moontlik gemaak deur een van ons jagters wat die afgelope 3 dae die varke soek het te voet. Spore gevolg etc en Saterdag middag 12 van hulle opgespoor het.

Die trackers wat in die jag loop met die honde om die varke optejaag is ongelooflik fiks. Ek moes gister 2.5km stap om by my pos te kom. Ek het 'n swaar rugsak want ek is stupid en dra alles wat ek moontlik kan nodig kry saam. Was lekker uitasem toe ek by my pos kom want dit is erg steil.

Die trackers loop heeldag berg op en berg af. Die een ou het eendag 'n gps tracker gehad - hy het 17 km daai dag gestap. Dit sit nie in enige ou se broek nie. Dit is ook die ouens wat met 'n mes inspring om varke dood te steek as hulle nie kan skiet nie agv honde ander jagters etc.

Ek dink dis maar dieselfde as in enige ander land jy kry goeie ouens en jy kry minder goeie ouens. Op die einde van die dag is almal tog maar net mense
Post Reply