Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
As n springbok dwars stap op n 100 meter dan mik jy"n voet"(12duim) voor sy kop en hou aan om jou geweer saam met die bok te beweeg tot die skoot loop, dan behoort die skoot op sy oor te sit.
n Springbok op volspoed,100 meter ver, dan mik jy omtrent "2 bok lengtes" voor hom en dit skoot behoort raak te wees.
Tripple2, ek gaan nie saam Dawie vlieg nie!lol
Ek het al 'n paar skote op kwesbokke getrek in die hol, het al daar getref ook.
Ek sal ook nie skiet op bewegende wild wat op langer afstaande beweeg nie, geld in die veld kan my nogal ontstel!
Ek stem saam met alle redinasies van eties en wat als, maar kan net vir julle se, as jy moet wag vir al wat n springbok is om te gaan staan voor jy skiet op n OES, dan gaan jy met n halwe vrag huistoe more oggend. Dis daai stap en draf skootjies wat die bakkie volmaak, vra maar vir JB en Jeff, weet dis ook manne wat so af en toe n koeltrok vol bokke pak.....
FM
Yip maar dis dan omdat jy moet maar op n jag is hardloop skootjie eintlik net n in nood skoot...
As jy nie op n oes n draf of hol skootjie gaan trek nie, kan n lekker fiks troppie blesbokke jou dalk vionniger uit brandstof laat loop voor jou koele op is...
Veral as jy net soveel tyd het, Soms is die tyd few en die bakke baie ...
Maar soms is die bokke few en die tyd few..oeps gatvol aandjie uit (trekbokke hulle was eergister nog hier) een aand 4 bakkies 12 slagters 3 slagrame een koetrok vir 300 springbok was die order en ons het geeindig met 4 bakkies en 3 bokke.. gesamentlike gewig vir die nag was 36 kg...
Dan kan mens nogal mooi Afrikaans praat.
Ma as jy keuse het skiet liewer daai ekstra afstand en wag tot hy staan..
Jacques
Francois Marais ek stem saam met jou, as jy nie daai skootjies kan indruk nie gaan dit maar lol om die koeltrok vol te kry, vernaam as dit trek bokke is met nuwe " northstar tekkies" aan.