Veeldoelige kamp byl.

Enige iets tov messe.
Post Reply
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Veeldoelige kamp byl.

Post by Klein Karoo »

Middag manne, hoop dit gaan goed.

Ek is opesoek na n veeldoelig kamp byl,nie vir bome afkap nie maar kleiner take rondom die kamp, soort gelyk aan Gerber Downrange tool, byl + hammer + prybar kombinasie.

Behalwe vir die Gerber het julle enige voorstelle of alternatief, dalk een van ons plaaslike mes makers op die groep al so iets aangepak?

Groete,

Okkie
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Veeldoelige kamp byl.

Post by airhunter »

Ek gebruik die Estwing. Dis vir n leeftyd as iemand jou nie verlos van hom nie.
Die multi funksie byl is vir my soos n vêrskiet bosveld onderwater pylgeweer selfverdedigings wapen.
Ek persoonlik hou van n gereedskapstuk wat een spesifieke funksie 100% reg verrig eerder as 'n multi funksie gereedskapstuk wat alles minder as 50% reg doen.
Dis maar my siening.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Veeldoelige kamp byl.

Post by Ds J »

Karoo, nou het jy dalk n interessante miernes oopgekrap.

Ons het grootgeword op die plotte buitekant Pretoria in die dae toe mense snaaks gekyk het as n seun nie voeltjies skiet met n windbuks nie. Die stuk veld langs die huis was dus ons speelplek vir meer as tien jaar.

Om n lang storie kort te maak: n byl is n lomp ding! Hy maak jou moeg om mee te kap, en n mens moet die snykant mooi oppas. En om met sy agterkant aan iets te timmer was kortpad na n pak slae, tensy daar n baie goeie rede was. Ek het erens in die laat laerskooldae n panga ontdek, en nooit weer teruggekyk nie. Hy kan sny, kap, steek en grou. Hy dra baie makliker, en kan gou-gou op amper enigiets skerper geslyp word.

Begin met een van Lasher.
Pieter_Brink
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am

Re: Veeldoelige kamp byl.

Post by Pieter_Brink »

Bel vir Tinus Beukes 0827747697. Hy is n befaamde mesmaker en is nou juis besig om n paar kampbyltjies te maak.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Veeldoelige kamp byl.

Post by Toxxyc »

Daardie "combination" byltjies is gewoonlik bitter lomp. Die "pry bar" deel is nooit center nie en gooi die balans af. Ek is bitter mal oor my klein byltjie en al is hy letterlik een van die goedkoopstes, hy werk om 'n stukkie hout of twee te kap. Of dit nou vir vuurmaak is, of om die eikehout mooi in klein stukkies te deel sodat ek whisky kan maak daarmee.

As jy wil takke afhaal, kry eerder 'n klein sagie. Iets soos die: https://www.takealot.com/acut-pruning-f ... lsrc=aw.ds

Baie meer presies en baie minder kans om te sukkel as wat jy nou in 'n klein spasie met 'n byl moet probeer regkom.

EDIT: Ek het nie self to saag nie, ek gebruik die saag op my leatherman as ek regtig 'n tak wil afhaal by 'n kampplek.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Veeldoelige kamp byl.

Post by THOMAST »

Stem saam oor die opvou sagie.
Ek het twee Wetterling byltjies, die een is properse byl wat in my bakkie bly (saam met sagie), die ander is sg. "Splitter" wat hout baie mooi kloof agv sy meer wig vormige form. Die Splitter word baie meer gebruik as die normale byltjie
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Veeldoelige kamp byl.

Post by Viking »

Klein Karoo wrote: Mon Oct 05, 2020 3:13 pm Middag manne, hoop dit gaan goed.

Ek is opesoek na n veeldoelig kamp byl,nie vir bome afkap nie maar kleiner take rondom die kamp, soort gelyk aan Gerber Downrange tool, byl + hammer + prybar kombinasie.

Behalwe vir die Gerber het julle enige voorstelle of alternatief, dalk een van ons plaaslike mes makers op die groep al so iets aangepak?

Groete,

Okkie
Ek vermoed dis waarna jy verwys. Iewers tussen my kampgoed lê een wat oorbodig is....
Combo Axe.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Veeldoelige kamp byl.

Post by JohanvB »

Daai byl lyk soos wat Ragnor van Vikings gebruik het....
BandK
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Sun Aug 07, 2016 3:06 pm

Veeldoelige kamp byl.

Post by BandK »

Ek stem vir:
1. Estwing vir algemene gebruik
2. Husqvarna of soortgelyke forged byl in ‘n splitting profile, as jy stompies wil middel-deur.

Splitting Axe (kort een) sal moontlik alles kan doen wat jy in en om die kamp wil doen. Waar Felling en ander platter profiles nie so lekker stompies gaan split nie.

NS - ek het videos waar my Estwing tamaties sny en kap-werk doen op dieselfde dag


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Veeldoelige kamp byl.

Post by JJV »

Image
Gaan kyk bietjie by justlikepappa.com daar is nogals paar lekker items!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Veeldoelige kamp byl.

Post by Klein Karoo »

Manne baie dankie vir al die insette, ek waardeur opreg.

As jy hou van Tomahawks gaan loer in by Winkler Knives, paar pragtige byle wat daar le.

Ek hou nogals van die byl wat viking hierbo geplaas het, veeldoelig vir die bakkie se gereedskap kis.
Post Reply