Kennis maak

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Coisman
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Tue Dec 06, 2016 6:00 pm

Kennis maak

Post by Coisman »

Ek steel al so ‘n geruime tyd met die oog by julle manne dat ek al begin sleg voel het. Tot hier toe en nie verder nie!

Ek is 23 en woonagtig in Pretoria, maar oor naweke sal mens my vind op ons klein lappie grond net duskant Cornelia en Vrede in die Vrystaat. Skiet tans ‘n 223 wat meer as voldoende is vir die wildemakoue en handjie vol blesbokke wat op die plaas rondloop.

Ek het reeds baie geleer en sien uit om meer te leer op die groep.

Mooi loop
Coisman


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2944
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kennis maak

Post by Lategan1 »

Welkom Cois, jy gaan baie leer hier. Partykeer net jou vel so effens dik hou, maar ordentlike manne hier.

Skiet self .223 en Wildemakoue. Skote almal tussen 300-400m, behalwe as ek kan wegkruip en oor damwal skiet. Hulle is net altyd te slim vir my planne.

Hoe naby kom jy aan hulle daar by jou?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Coisman
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Tue Dec 06, 2016 6:00 pm

Re: Kennis maak

Post by Coisman »

Lategan1 wrote:Welkom Cois, jy gaan baie leer hier. Partykeer net jou vel so effens dik hou, maar ordentlike manne hier.

Skiet self .223 en Wildemakoue. Skote almal tussen 300-400m, behalwe as ek kan wegkruip en oor damwal skiet. Hulle is net altyd te slim vir my planne.

Hoe naby kom jy aan hulle daar by jou?

Beste.
Baie dankie oom. Oom is reg, mens kry hul nie nader as 300-400M nie, daarvoor gebruik ek die 223. Die damwal toertjie werk wel mooi met ‘n .22 . Die enigste ander plek waar mens tussen 30-40M kan kom is by bees voerbakke. Dit is ‘n tydsame proses, siende dat die beeste moet loop water drink en die voels by die bakke moet wees ter selfde tyd.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2944
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kennis maak

Post by Lategan1 »

Goeie gedagte!

Ek gaan buitebande met beesvoer en water in die koringlande uitplaas! Dalk los hulle die koring uit. :laugh: Het ‘n konsessie op ‘n plaas, maar geen skaap of bees in sig nie. Paar lokke by dit plaas.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply