.270Win met verskeie ladings - hulp asb

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

.270Win met verskeie ladings - hulp asb

Post by Leon Crous »

Goeie middag manne,
My .270Win Tikka Varminter het ek lekker reg gekry en kon nou en dan klawer groepe (kleinste was 11mm buite mate) druk.
Dit was met 130gr Frontier Spartans en 51.5gr S365 (lot86) teen+-2940 ft/sek.
Nou het ek silencer opgesit en wil oorslaan na Hodgeson 4831sc

Vaste info:
Kaliber - 270 Winchester
Looplengte - 600mm
Twist - 1 in 10"
Dplengtes gesny op 64.25mm
Winchester doppe se water volume is 70gr
Norma doppe se water volume is 70.2gr
Slagdoppe - CCI Large Rifle
Max TPL - 88mm (maar magasyn laat nie meer as 86mm toe nie)
Chrony op 5m.

Onder sommer klomp ladings en verskillende goete gedoen:

Winchester doppe, 130gr Frontier Spartan punte, TPL - 85mm, S365 lot86
51.5gr S365 , Spoed - 2850,2878,2831.
54gr Hodgdon 4831sc, Spoed - 2795,2738,2775.

Norma doppe, 130gr Spartans punte, TPL - 85.
54gr Hodgdon H4831sc, Spoed - 2709,2728,2716

Winchester doppe, 130gr Nosler Ballistic Tip Hunting punte, TPL - 85, S365 lot86
51.5gr S365, Spoed - 2777,2796,2760.
Norma doppe, 130gr Nosler BT Hunting punte, TPL - 85, Hodgdon H4831sc.
54gr - Spoed - 2649,2760,2730.
54.5gr - Spoed - 2825,2719,2765.
55gr - Spoed - 2778,2799,2771.

Nou, op Nosler se website gee hulle 55gr H4831sc as max lading aan vir 130gr punte. Hodgdon wys egter 59.5gr vir 135gr punte as max.

Al wat ek weet is dat ek nou niks beter op enige bo-genoemde gekry het as 1.5" groepe nie en meeste 2"+.
Ek het nou wel nie gekonsentreer om top groepe te probeer skiet nie, maar het darem redelik probeer ;)

Kan julle manne vir my aanbeveling try maak asb?
Dankie byvoorbaat,
Leon.
User avatar
Ultralight
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Jul 07, 2015 9:22 am

Re: .270Win met verskeie ladings - hulp asb

Post by Ultralight »

Leon,
Jy het omtrent wild gegaan hier! :)

Begin en praat stadig. Information overload causes confusion. Dan gaan daar baie oor en weer vrae gevra word.

1. Het jy jou nuwe groepe met knaldemper geskiet of nie?

2. Watter kombinasie/s wil jy verder ontwikkel? - Nie almal gelyktydig nie. Dit is te maklik om deurmekaar te raak of selfs met die herlaai slag iets per abuis om te ruil.

3. Kies eers 1 kombinasie wat jy graag mee sal wil begin en gee sy data volledig.

4. Moenie jou geweer weggooi nie - Jy sal weer 'n uitstekende lading kry! :)

5. Wees geduldig en laai en skiet so konsekwent as moontlik.

Groete,
Ultralight.




Sent from my Redmi Note 9S using Tapatalk

Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: .270Win met verskeie ladings - hulp asb

Post by Leon Crous »

Dankie ja Ultra jy is reg.
Ek sou graag wou oorslaan na die Norma doppe (ek het klomp 1 keer gevuurde doppe gekry).
Dan wil ek natuurlik wegbeweeg van Somchem agv beskikbaarheid en het bietjie gesoek hier op Jaracal en toe op Hodgdon H4831sc besluit.
Alle groepe is met knaldemper geskiet.Ek sou graag na 'n lading met Spartans en Ballistictips wou kyk om daarvan verder te werk.
Ek kan ook net noem dat daar geensins enige druktekens was met enige lading nie.
As ek reg onthou het Dale my laas op die wenresep gesit...
Ek weet nie of ek iets mis nie, ek dink alle relevante info is genoem.
Kan net noem dat die eerste spoed onder sekerlik iets fout gegaan het(?)
Norma doppe, 130gr Nosler BT Hunting punte, TPL - 85, Hodgdon H4831sc.
54.5gr - Spoed - 2825,2719,2765.
Weereens byvoorbaat dank vir enige insette.
Cheers.
User avatar
Ultralight
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Jul 07, 2015 9:22 am

Re: .270Win met verskeie ladings - hulp asb

Post by Ultralight »

Leon,
Met jou data soos deurgegee en met jou Norma doppe op node 4 1/2:

1. Vir die 130gr Ballistic Tips kyk jy na rondom 58.6gr H4831sc.
2. Vir die 130gr Frontier Spartans kyk jy na rondom 58.0gr H4831sc.

Groete,
Ultralight

Sent from my Redmi Note 9S using Tapatalk

Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: .270Win met verskeie ladings - hulp asb

Post by Leon Crous »

Gaan so maak en terugvoer gee.
Baie dankie Ultra.
Post Reply