Middag Almal,
Ek soek n bietjie raad van manne wat vertroud is met die vuurwapenwet. Ek en my vrou is albei eienaars van jaggewere en n pistool elk. Ons het albei toegewyde status en woon saam in een huis het elkeen ons eie kluise.
Hier is my vraag: Mag ek weet waar my vrou se kluis sleutels is en sy waar myne is in die geval dat een van ons afsterf?
Ek luister.
Groete
Bennie Bester
Kluise vir man en vrou.
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Kluise vir man en vrou.
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Kluise vir man en vrou.
Bennie hierdie is nou een van daai vrae waar die antwoord jou in die moeilikheid kan beland
Die wet se slegs jy mag toegang to jou wapens he. Met toegang sal dit geargumenteer word dat as iemand weet waar jou sleutels is, het hul toegang. So streng gesproke mag jy nie weet nie - maar in praktyk dink ek dit is anders...Ek dink nie rerig SAPS gaan in hierdie geval jou moeilik gee nie, maar wel as die ander gade terwyl almal leef die sleutel gebruik om 'n wapen te kry vir iets. Dan is jy in die moeilikheid
Maar onthou met afsterwe gaan wapens na Eksekuteur om daarmee dan te handel soos per testament. Die eksekuteur moet dan sleutels kry op een of ander manier (dalk van jou vrou af wat moes weet waar dit is).
So as jy nou rerig baie tegnies wil word sou ek se die "korrekte" manier is om in jou testament te bepaal "waar jou sleutel is" maar dit is sover dan verwyder van realiteit...

- SAHunter
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Re: Kluise vir man en vrou.
Dade is strafbaar, nie wat ‘n persoon dink, begeer of weet nie. Die feit dat jou vrou weet waar die sleuters van jou kluis is, is per se nie onregmatig en strafbaar nie. Almal van ons sal in tronke wees indien dit wat ons dink of selfs weet, strafbaar is.
Die probleem kom indien jou vrou die sleutels gebruik (maw haar wete gaan oor in ‘n daad) en sonder dat jy teenwoordig is en met jou mede-werking, toegang tot die kluis kry. In so ‘n geval, word Reg 86(11)(a) en (b) uitgevaardig kragtens Wet 60 van 2000 oortree. Die Regulasie bepaal dat: “Firearms other than those in respect of which a licence for self-defence in terms of section 13 of the Act has been issued, must be stored unloaded in accordance with these regulations. (b) Any person who may lawfully possess a firearm or ammunition shall store these in a prescribed safe or strongroom, to which he or she shall have at all time exclusive access or his or her presence and cooperation shall be a necessary prerequisite for access to the relevant firearm and ammunition.”
So tensy jy teenwoordig is, mag jou vrou nie toegang tot die kluis hê nie en indien dit gebeur omrede sy geweet het waar die sleutels is, kan jy vervolg word.
In die geval van jou afsterwe, kan jy nie vervolg word nie en daarom is dit geen misdryf as jou vrou weet waar die sleutels geberg word en sy gee dit selfs vir die eksekuteur van jou boedel om besit van die wapens te neem nie.

SA Hunter
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Re: Kluise vir man en vrou.
Baie dankie Saswart en SAHunter vir julle breedvoerige terugvoer.
Ek verstaan nou dat dit n ernstige besigheid is.