Ek deel die gedagte na ek die ander draad gesien het oor “maak jou handwapen mooi” (Of anders)
Ek EDD my handwapen vir 10 jaar 24/7, het al baie kursusse bygewoon. Ek het nog nooit nodig gehad om dit te gebruik vir self verdediging nie. Gelukkig.
Die insident wat my laat dink het: Ons was so paar jaar terug by die See huis, Desember; dis baie besig. Dit veroorsaak ook dat daar vreeslik baie bedelaars kom aanklop by mens se huis. Die dag klop ‘n dronk bedelaar aan by ons, en ek vra hom mooi om maar aan te beweeg. Hy raak astrant, en ons raak in ‘n kort woorde wisseling betrokke.
Ek dra my handwapen die dag in n Fobus, skede. Onder my t-hemp, wat lekker los en lank is. Ek het nie my wapen getrek of gewys nie, maar die black-sam, het moontlik die buitelyn gesien. Ek het dit nie op daai stadium geweet nie. Die bedelaar is toe mompel, mompel daar weg, en ek gaan terug in die huis in.
5 min later, stop ons sekutiteit maatskappy by die hek, met die einste bedelaar by hom. Die SW se vir my, die bedelaar beweer, ek het hom, “Ge-Point” . Gelukkig se die SW toe vir die bedelaar, hy ken my, en dit nie waar nie. Die bedelaar moet loop doppies blaas.
Gelukkig het daar verder niks van gekom nie.
Hier is my vraag, as ek ‘n pistool dra, wat heeltemal ‘n ander kleur is, (Olive of dalk Tan) as die standaard “swart”... Kan ‘n mens die kleur/ beskrywing gebruik om uit ‘n moontlike moelike situasie te kom?
Byvoorbeeld, as iemand wat weet jy dra; jou beskuldig; dat jy met ‘n eenvoudige vraag, soos, beskryf vir my die pistol waarmee hy jou “Ge-point” het vra, en hy se dit swart,... maar jy dra eintlik ‘n ander kleur pistol....
My handwapen is swart
-
Dirk777
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Wed Dec 04, 2019 9:26 am
My handwapen is swart
HOWA .300WM
GLOCK 23 EDC
Smith and Wesson 15-22
FN FAL 7.62 x 51
FAIR 12br O/U
MAGTEC 12br
Taurus .375 Mag
Smith & Wesson .38 Special
CZ 6.35
BSA .22 long
GLOCK 23 EDC
Smith and Wesson 15-22
FN FAL 7.62 x 51
FAIR 12br O/U
MAGTEC 12br
Taurus .375 Mag
Smith & Wesson .38 Special
CZ 6.35
BSA .22 long
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: My handwapen is swart
Ek het ook al gedink daaroor (dink dis waar jy aan die idee vir die draad kom). Ek het geen idee nie. Ek dink iets soos tan of olive gaan dalk nie so lekker afgaan nie, maar ek dink 'n lekker helder kleur kan dalk werk?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: My handwapen is swart
Die beste is natuurlik dat niemand weet jy het ene nie. Dan hoef jy nie snaakse trieks uit te dink om uit die moeilikheid te kom nie.
As iemand my beskuldig van "rig van vuurwapen" dan moet hy darem 'n bietjie beter beskrywing kan gee as dat die ding swart was. 95% van alle handwapens is swart, die poliesman wat jou kom konfronteer s'n inkluis. Dalk was dit hy gewees?
As iemand my beskuldig van "rig van vuurwapen" dan moet hy darem 'n bietjie beter beskrywing kan gee as dat die ding swart was. 95% van alle handwapens is swart, die poliesman wat jou kom konfronteer s'n inkluis. Dalk was dit hy gewees?
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: My handwapen is swart
Hierdie sluit aan met iets wat ek al gehoor het van mense wat jaghonde geskiet het van onwettige stropers, jy skiet die honde in jou veld, dan gaan die eienaar vd honde bloot polisiestasie toe en sê jy het vuurwapen op hom gerig en in sy rigting geskiet, en jy word onmiddellik ge arresteer vir poging tot moord! So jy moet nou video neem as jy honde skiet etc. Selfde hier, die slagoffer kan enige leun vertel en jy is skuldig... Pepperspray hom en sê jy het nonlethal method gebruik???
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Grobbieb
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Fri Jun 15, 2018 10:25 pm
Re: My handwapen is swart
Ek sien nie Hein se boodskap meer nie.Hein M. wrote:As hy nie kan bewys dat die wapen gerig is nie, het dit nie gebeur nie. Dan mors hy almal se tyd. Gee hom volgende keer 'n bottel brannewyn gedokter met 'n kwartkoppie anti-freeze.
Mooi naweek!
Wil glad nie klippe gooi nie, maar ons trek aan die kortste ent partykeer.
Dis nie so eenvoudig nie soo hulle moet dit bewys in n hof nie.
Die polisie kan n sekere tipe saak aanhandig maak teen jou wat moeilik is om teen te staan. Dit is n section 102.En terwyl jy dit veg het hulle dan die mag om ALL jou wapens te kom haal totdat die saak afgehandel is.
Ergste van alles is dat n section 102 sommer in die polisie stasie kan plaasvind. Gelukkig kan jy n prokereur saamvat.
My punt is dat as die aanklaer enige idee het hy jou wereld mooi kan omkrap suer om n saak teen jou te maak. Al kan hy nie bewys dat jy die wapen “gepoint” het nie.
Steek hom maar weg, en loop eerder sie goed mis.
Maar op Dirk se idee, ek het self al gedink om die slide van my Glock sommer shocking geel te maak. Maar dan moet al my bleddie guns se slides shocking geel wees.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
zipp
- Full Member

- Posts: 117
- Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm
Re: My handwapen is swart
Dalk n idee. Verf die punt van die loop(tromp) en die voorste gesig van die rompdeksel wit. As dit ooit op n hofsaak uitloop en jou prokureur vra die vraag, sal hy aleenlik reg kan antwoord as hy dit gesien het.