Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

User avatar
Schalk van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 341
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm

Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Schalk van Wyk »

Het onlangs vir my vrou ‘n Glock 43 aangeskaf. Dit is nou n klein lelike eentjie. Enige idees om hom bietjie meer vrolik/vroulik te maak en wie kan so iets vir my doen?

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Stephan86 »

Cerakote die outjie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 448
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Basjan123 »

Ek luister saam, wat prys so Cerakote Stephan86?
User avatar
Schalk van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 341
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Schalk van Wyk »

Stephan86 wrote:Cerakote die outjie
Wie het dit vir jou gedoen Stephan?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Toxxyc »

Niemand sal Piet se werk kan klop met Cerakote nie. Kyk hier: https://www.cerakote.co.za/
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Carl »

Ek wou ook net sê, dis of Piet of niks.

Schalk wil jy bietjie met die manne deel hoekom jy die spesifieke kleur keuse gemaak het ;D :angel:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Stephan86 »

Schalk ek het dit nog nie laat doen nie, ons het net die idee so paar maande terug gesien. Sodra my vrou haar G26 kry wil ons dit ook doen.

Sal ook wil weet wat so 'n jobbie kos.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Vissie »

Maar hoekom? Ek gaan ‘n aanname maak dat dit ‘n wapen is wat sy by haar dra om haarself en julle familie te beskerm. Indien so, hiervolgens my opinie.

Spandeer liewer daardie geld op opleiding en oefening. As dit reeds in plek is, hoeveel magasyne het sy op strategiese plekke tot haar beskikking. Vir my gesin is só ‘n pistool bloot ‘n stuk gereedskap, net soos ‘n hammer of sleutelmoer met ‘n baie belangrikke en spesifieke doel. Moenie daarmee peuter nie. Sy kleur wanneer hy na hom gryp in ‘n noodgeval is mos niks belangrik nie. Al wat ek sou verander, is die plastiese visier plekhouers waarmee hy van die fabriek af kom.

‘n Vriend van ons het ook baie trots sy CZ Po7 vir ons gewys na hy die paadjie geloop het. Vir ten minste 3 maande se elke week klubskiet het sy geweer gestoor. Na die klubskiet moes hy natuurlik die geweer aan sy heup sit en hoop hy maak dit tuis sonder dat Suid Afrika met hom gebeur.

As dit nie die geval is nie en dit is bloot ‘n wapen vir speletjies...? Sies vir jou! Sy verdien baie beter as dit... Daar is klomp handwapens wat mooier is en baie lekkerder is om me te speel as ‘n Glock.

Beste,
Vissie
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by saswart »

Vissie miskien het Schalk so baie geld en spandeer reeds geld aan wat jy voorgestel het ... :) Maar kom ons bly eerder op dit wat gevra is.
Schalk op hoorse van mense wat sulke goed al gedoen het, Cerakote is baie goed, Numenor in Pta. Kyk ook na https://www.facebook.com/salaserengravingandcerakote/
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Ratel »

Ek volg hierdie draad. Ek is besig om 'n feitelik nuwe CZ 75 Pre B (89 model) op my naam te sit en wil laat Ceracote. Hulle gun blue daai jare was die enigste swak punt. Schalk deel asb bietjie fotos jy daai Glock getune het.
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Ratel »

Vissie wrote: Wed Sep 02, 2020 12:26 pm Maar hoekom? Ek gaan ‘n aanname maak dat dit ‘n wapen is wat sy by haar dra om haarself en julle familie te beskerm. Indien so, hiervolgens my opinie.

Spandeer liewer daardie geld op opleiding en oefening. As dit reeds in plek is, hoeveel magasyne het sy op strategiese plekke tot haar beskikking. Vir my gesin is só ‘n pistool bloot ‘n stuk gereedskap, net soos ‘n hammer of sleutelmoer met ‘n baie belangrikke en spesifieke doel. Moenie daarmee peuter nie. Sy kleur wanneer hy na hom gryp in ‘n noodgeval is mos niks belangrik nie. Al wat ek sou verander, is die plastiese visier plekhouers waarmee hy van die fabriek af kom.

‘n Vriend van ons het ook baie trots sy CZ Po7 vir ons gewys na hy die paadjie geloop het. Vir ten minste 3 maande se elke week klubskiet het sy geweer gestoor. Na die klubskiet moes hy natuurlik die geweer aan sy heup sit en hoop hy maak dit tuis sonder dat Suid Afrika met hom gebeur.

As dit nie die geval is nie en dit is bloot ‘n wapen vir speletjies...? Sies vir jou! Sy verdien baie beter as dit... Daar is klomp handwapens wat mooier is en baie lekkerder is om me te speel as ‘n Glock.

Beste,
Vissie
My Glock 23 is wel nie mooi nie maar speel bitter lekker en is baie betroubaar. Koop vir jou een Vissie. >:D
Maak 'n verskil
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Carl »

Ratel wrote: Wed Sep 02, 2020 2:27 pm Ek volg hierdie draad. Ek is besig om 'n feitelik nuwe CZ 75 Pre B (89 model) op my naam te sit en wil laat Ceracote. Hulle gun blue daai jare was die enigste swak punt. Schalk deel asb bietjie fotos jy daai Glock getune het.
Ek het nou die dag na Terrick Naude geluister op Welcome to the Gunshow. Piet Cerakote sê hy is 'n man wat die ding heeltemal verstaan en hy beveel hom aan. Terrick is nie 'n man wat hom ophou met goed wat jou lewe kan kos nie. Dis natuurlik hoekom hy Glock gebruik :angel:

Vissie het daai CZ so gestoor met sy selfvedediging ammunisie of met die rondtes gelaai vir die baan? Die P07's is soms maar soos 'n Isuzu, wil so betroubaar soos 'n Hilux wees maar :o
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Alwin »

Kyk, 'n Glock is lelik gebore en sal lelik bly solank hy (sy?) lewe. Bietjie verf gaan haar nie mooier maak nie, net anders as die res.

Om te kan dien as effektiewe selfverdedigingswapen, hoef die ding ook glad nie mooi te wees nie. Dit hoef net te werk.

As die eienaar die pistool elke dag orals saamdra soos dit hoort, gaan selfs die mooiste ene nie lank vat voordat dit weer lelik raak nie. Mens sweet op die wapen, die holster (en stof in die holster) krap die afwerking en soms stamp mens die ding ook teen harde voorwerpe. Binne 'n kort tyd is die ding dus in elk geval weer lelik. Die vraag is of die lelike eendjie nog werk en gebruik en word om jou lewe te beskerm. Dis al wat werklik saakmaak.

As jy dus geld wil spandeer, begin met goeie visiere. Iets met 'n tritium buis in die voorste visier is handig in die donker. (Ek hou van 'n swart agterste visier, maar beginners kom goed reg met liggies agter ook.) Mens kan gewoonlik net raaksiet waarvoor jy korrel.

Dan kan jy ook nooit genoeg tyd en geld spandeer aan opleiding en oefening nie. Selfs iemand soos Jerry Michulek of Taran Butler oefen elke dag. Die meeste van ons is ver agter. Die terroris/moordenaar/verkragter gaan nie kyk na jou mooi gegrimeerde speelgoed nie. Hy gaan met jou doen wat hy wil, of hy gaan bloei. Jou vaardigheid en jou gereedskap se betroubaarheid gaan 'n verskil maak.

Fokus op dit wat saak maak.
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Vissie »

Ratel wrote: Wed Sep 02, 2020 2:30 pm
Vissie wrote: Wed Sep 02, 2020 12:26 pm Maar hoekom? Ek gaan ‘n aanname maak dat dit ‘n wapen is wat sy by haar dra om haarself en julle familie te beskerm. Indien so, hiervolgens my opinie.

Spandeer liewer daardie geld op opleiding en oefening. As dit reeds in plek is, hoeveel magasyne het sy op strategiese plekke tot haar beskikking. Vir my gesin is só ‘n pistool bloot ‘n stuk gereedskap, net soos ‘n hammer of sleutelmoer met ‘n baie belangrikke en spesifieke doel. Moenie daarmee peuter nie. Sy kleur wanneer hy na hom gryp in ‘n noodgeval is mos niks belangrik nie. Al wat ek sou verander, is die plastiese visier plekhouers waarmee hy van die fabriek af kom.

‘n Vriend van ons het ook baie trots sy CZ Po7 vir ons gewys na hy die paadjie geloop het. Vir ten minste 3 maande se elke week klubskiet het sy geweer gestoor. Na die klubskiet moes hy natuurlik die geweer aan sy heup sit en hoop hy maak dit tuis sonder dat Suid Afrika met hom gebeur.

As dit nie die geval is nie en dit is bloot ‘n wapen vir speletjies...? Sies vir jou! Sy verdien baie beter as dit... Daar is klomp handwapens wat mooier is en baie lekkerder is om me te speel as ‘n Glock.

Beste,
Vissie
My Glock 23 is wel nie mooi nie maar speel bitter lekker en is baie betroubaar. Koop vir jou een Vissie. >:D
Ek het self drie Glock’s, en my vrou twee, maar as ons baan toe gaan vir sport bly hulle maar in die kluis. Ek skiet veel eerder ‘n 1911 of 2011 vir die lekker daarvan.

Die probleem het voortgeduur met sy herlaaide patrone en sy Winchester Ranger T’s. Ek dink maar dit het alles gegaan oor ‘n toleransie wat te klein geraak het tussen die bo en onderstel. Dis asof hy hom weer moes laat inloop.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Toxxyc »

Dit het niks te doen met toleransies nie. Pistole werk anders - dis hoekom mens toets. As jy herlaai is dit maklik - jy druk jou rondtes deur 'n factory crimp die en hy sal enige pistool se kamer pas. Of hy sal feed is 'n ander storie. Die invalshoeke van die feed ramp, gap tussen feed ramp en slide, ens ens kan alles bepaal of 'n rondte gemaklik in 'n kamer ingly of nie. Ek het al gesien hoe party pistole betroubaar, elke keer, 'n Winchester Black Talon (die oues) opgooi en teen die slide vasslaan as jy hom as die eerste rondte uit die magasyn uittrek. Die res voer 100%, en dis ook net met die Winchester Black Talon. Die Federal HSTs wat ek hom toe gegee het om te probeer werk 100%. Dit gebeur. Dis hoekom jy toets.

Net soos jou jaggeweer. Jy koop nie 'n geweer en 'n boksie ammo en boek jou jag nie. Jy spandeer URE op die skietbaan om seker te maak die geweer en scope en ammo en alles werk soos dit moet. Ek verstaan nie hoe manne dit wil doen met jaggewere (en DUISENDE rande op die skietbaan uitskiet) maar nie met 'n selfverdedigingshandwapen nie. Seker maar prioirteite.

Maar nou raak ons van die onderwerp af.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Ratel »

Terug na die OP. Die feitelik nuwe CZ 75 wat ek wil mooier maak het niks meer as 100 rondtes deur hom nie. Ek weet want dis 'n wapen wat aan my pa behoort het. Die "gun blue" het egter plekke afgeskuur soos dit gedra is en ek dink 'n Ceracote en Hogue rubber grips kan nogal die wapen mooier laat vertoon. Na wat ek hier bo lees het ek een vraag. Is hier iemand wie eerstehands kan se dat hulle wapens begin stoor het nadat dit Ceracote was? Ek sukkel om te verstaan hoe dit kan gebeur maar wil seker wees.
Maak 'n verskil
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Carlc »

N handwapen wat mooi ge ceracote is is glad nie te onaardig nie maar dis nie vir my nie. My Beretta het n stel pachmeisters gekry en dis dit. Na al die jare se dra kan hy seker doen met n herblou maar sy voorkoms is vir my nie so belangrik soos sy betroubaarheid nie. Hy word gedra met winchester black talons en voer baie betroubaar. As die dag moet kom dat hy sy kant moet bring weet ek hy sal kan, elk geval glo ek nie daar gaan nog tyd wees om eers by die boef te "brag" met sy mooi voorkoms nie.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by OosKaapJagter »

Diegene wat diensplig gedoen het sal die volgende dalk waardeer. Die nuwe inname met hulle kraakvars "browns" het maar nie dieselfde gesag gehad het as die oumanne met hulle amper khaki-kleurige uitgewaste uniforms nie.

Indien 'n handwapen plek-plek blink afgeskuur is maar seepglad funksioneer sê dit vir my baie meer van die wapen en die eienaar as 'n blinknuwe mode bykomstigheid. Elke keer as ek so mooigemaakte wapen sien en kyk wat kos dit, koop ek koeëls en kruit en gaan skiet eerder met daardie geld.

Daar is egter die wat hou van 'n spoggerige speelding en ek sien daar is verwys na Piet van Cerkote se werk. Hier is sy pryslys: https://www.cerakote.co.za/priceguide.html
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Ratel »

Carlc wrote: Thu Sep 03, 2020 9:47 am N handwapen wat mooi ge ceracote is is glad nie te onaardig nie maar dis nie vir my nie. My Beretta het n stel pachmeisters gekry en dis dit. Na al die jare se dra kan hy seker doen met n herblou maar sy voorkoms is vir my nie so belangrik soos sy betroubaarheid nie. Hy word gedra met winchester black talons en voer baie betroubaar. As die dag moet kom dat hy sy kant moet bring weet ek hy sal kan, elk geval glo ek nie daar gaan nog tyd wees om eers by die boef te "brag" met sy mooi voorkoms nie.
Ek hoor jou. Hierdie is nie 'n dra wapen nie maar 'n speel wapen wat ek windgat wil maak vir die baan. My Glock 23 gen 3 het so 14000 skote deur hom en is soos wat hier bo gese is soos die browns al mooi ingeslyt. Dis asof Glock se gun blue parmantig goed hou want ek dra my wapen elke dag 24/7 en die afwerking lyk nog heel mooi. Wapen is net blinker as die nuwe een op die rak.
Maak 'n verskil
User avatar
Schalk van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 341
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Schalk van Wyk »

Sjoe. Ek was vir n dag of twee nie op Jaracal nie. Ek geniet nou al die comments baie. So nee Vissie. Dit is nie nodig om hom mooi te maak nie. Maar tog is dit nie nodig om n kar met n krap op na n paneelklopper toe te vat nie. Hy werk dan nog mooi?

Ek gaan definetief vir Piet vra om my te help. Kan n pistool wat nie swart is nie makliker “conceal”? Dalk.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Wouter Roets »

Boys

Laat ek dit nou reg verstaan, n persoon wat nou durf waag om te hou van n mooi handwapen word nou daarop atend gemaak dat hy eerder moet gaan oefen, n opleidings kurses of ses moet gaan bywoon of gebrandmerk word as n peloeka oordat sy wapen nie blink gedra of so gesweet is dat daar ses pitmerke in die pistool is alvorens hy in die publiek mag verskyn nie? Pateties is nie die woord nie!
User avatar
Schalk van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 341
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Schalk van Wyk »

Wouter Roets wrote:Boys

Laat ek dit nou reg verstaan, n persoon wat nou durf waag om te hou van n mooi handwapen word nou daarop atend gemaak dat hy eerder moet gaan oefen, n opleidings kurses of ses moet gaan bywoon of gebrandmerk word as n peloeka oordat sy wapen nie blink gedra of so gesweet is dat daar ses pitmerke in die pistool is alvorens hy in die publiek mag verskyn nie? Pateties is nie die woord nie!
Dankie wouter. Iets kan funksioneel en mooi wees.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Alwin »

Smaak en opvoeding verskil natuurlik, maar ek kan 'n brandsiek kleintjie kry oor mense wat moet rondloop en spog met hulle selfverdedigingswapens.
Die selfverdedigingswapen dien sy doel op sy heel beste as hy weggesteek is. Vertoon die ding en jy gee onmiddelik enige verassingselement weg.
Gaan spog gerus met jou jag- en sportwapens tussen jou vriende op die baan of in die veld. Ek het vrede daarmee as jy dit met veiligheid kan doen.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Carl »

Schalk van Wyk wrote: Thu Sep 03, 2020 7:44 pm Ek gaan definetief vir Piet vra om my te help. Kan n pistool wat nie swart is nie makliker “conceal”? Dalk.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Schalk dis nogal 'n punt. Vroue dra soms klere met ligter materiaal, so swart grys staan dalk uit teen dit. Dalk het jy 'n goeie idee. As mesn nou 'n glystuk vir elke "outfit" kon kry ;D
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: Hoe maak mens n lelike handwapen mooier?

Post by Vissie »

Schalk van Wyk wrote: Thu Sep 03, 2020 7:44 pm Sjoe. Ek was vir n dag of twee nie op Jaracal nie. Ek geniet nou al die comments baie. So nee Vissie. Dit is nie nodig om hom mooi te maak nie. Maar tog is dit nie nodig om n kar met n krap op na n paneelklopper toe te vat nie. Hy werk dan nog mooi?

Ek gaan definetief vir Piet vra om my te help. Kan n pistool wat nie swart is nie makliker “conceal”? Dalk.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit hang seker maar alles af wat vir jou belangrik is. Vir my Sondag kar, ja verseker, maak hom reg. My site bakkies, hulle hoef nou weer nie so spotless te wees nie. Belangrikste is dat hulle moet reg werk. Dis nie te sê dat ‘n site bakkie nie ook mooi kan wees nie. Maar, as die laeprofiel wiele of chrome afwerkings die voertuig se vermoë gaan belemmer om te doen waarvoor ek hom wil gebruik, maak dit nie vir my sin nie.

Hoop jy sien my deelname in die konstruktiewe lig waarmee ek dit bedoel. Ek sien Wouter raak weer opgewerk omdat iemand in die “echo chamber” durf verskil. Maar is dit nie maar een van die doele van die forum nie? Ons kan mos maar gesels, debateer, idees uitruil en VERSKIL of hoe?

Laat ek nou sommer veel slegter wees as net pateties —> Ek dink Ceracoat is stupid! :-D

Alles van die beste!
Piet is ‘n smart ou.
Post Reply