243 AI met n lang keel

Post Reply
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

243 AI met n lang keel

Post by Ds J »

Goeiemiddag,

Sommer net n stuitige vraag om n breuk te vat van die dag se werk. Help gerus maar reg waar ek te ernstig afdwaal!

Elkeen van die laaste generasie super-kalibers (6mm PPC, 6.5CM, 6.5x47 ens) het sy eie voordeel en swaartepunt.

Nou draai die gedagte in my kop: is daar een kaliber wat almal se werk redelik goed tot regtig goed kan doen?

Die 243 het die grootste dopvolume van die 6mm-reeks, maar hy kan (gewoonlik) nie die swaarder koeels skiet nie, en dit is waar die ander by hom verbygaan.

Sal dit werk as n mens n 243 laat Ackley, en die keel dan laat oopsny om die langer koeels te kan skiet? Dan het n mens tog die skerper skouer van die moderne kalibers, n dop wat steeds pas by n kort aksie, en n moontlikheid om die lang koeels met n beter bc te kan skiet?
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Malan123 »

Ds. in kort, ja dit is moontlik. Die Ackley dokters sny die keel vir 'n spesifieke punt wat jy gaan skiet.

30duim 8twist loop met lang keel gaan bitter mooi loop as 'n LR projek
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13525
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Capt. Yoda »

DS, daar is niks wat n reg geboude AI nie kan doen wat enige van daai "super" kalibers kan doen nie, die PPC is wel in n ander klas as jy groepe gaan skiet tot op 300m maar hy het nie die petrol om die lang swaar koels te skiet wat die 243AI kan nie.
Ek is nie seker oor die steling van die 243Ai kan gewoonlik nie die swaarder koels skiet nie maar ek neem aan dit is agv die feit dat meeste 243AI's maar standaard rak gewere met meeste van die tyd 10 twist lope is.

Met n 30" loop en n baie kort freebore gooi daai 243AI n 55gr koel gemaklik teen 4000fps met die regte kruit en met n 30" 8 twist loop en n lang genoeg freebore om n 105gr of self iets soos n 110gr Atip te vat gaan 3000fps nie moeite wees nie.

Daar is niks wat n mens stop om die keel/freebore so lank te sny soos n rugby veld nie maar een ding om in gedagte te hou is wanner die man dalk uit sy magasyn wil laai, meeste van die kleiner aksies se magasyn kaste is nie so lank laat hy n 115gr of 110gr Atip maklik uit sy magasyn gaan kan laai nie. Meeste van ons wat die regtig lang koele in die klas doppe skiet laai hulle maar 1 vir 1, die 40grade skouer kan dalk moontlik ook bq moeiliker voer uit die magasyn maar meeste ordentlike GS's kan dit reg maak.

Met n lang loop en iets soos n 110gr Atip wat jy hier by 3100fps (met die regte kruit en as jy nie baie geheg is aan loop lewe nie sal jy hom by 3300fps kan skiet) uit die loop uit stuur sit mens met iets wat regtig baie ver kan skiet, ek sal raai dat daai "super kaliber" 6.5Needmoor sy kouse baie hoog moet gaan op trek om saam te hardloop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by alecjohnson »

Ek het my 243 so herbou DsJ 32 duim loop wat agv erge toolmerk, moet laat sny na 29.3 duim, 1:8 Johan kriek het vir my n pragtige koël ontwerp vir die roer, 103gr, dit skiet PRAGTIG maar is bitjie duur vir speel op die baan, en ek skiet nou Custom comp 105gr, moet nog tyd maak vir lading ontwikkel met vihta 560, het tot op hede S385 gebruik maar die is nou op. Ek het nog nie genoeg tyd met die roer spandeer nie, maar die geweer skiet baie mooi!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Ds J »

Dankie vir die antwoorde! Ek het nie net vir so n roer nie, maar ek ken enkele manne wat wil oes, en soms lang afstand wil skiet. As n mens dit met een kaliber kan doen sal dit gaaf wees.
Die maks magasynlengte het ek vergeet.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by SakoTrippel2 »

Die 243Ackley loop wat ek nou skiet is gesny vir 'n 105gr klas koeël. (lees lang freebore)

Hy skiet die 105s en 87 Vmaxe ewe mooi en ek is gelukkig dat die Vmaxe net 3 clicks hoër print op 100yds.

Wat lekker is want dis sorg vir just about 'n 200yds Zero wat mooi werk vir snapshots op onbekende afstande tot en met 300yds.

Alhoewel dit teen my beginsels van "een koeël" gaan werk dit baie lekker met Strelok se Zero offset funksie. Ek kan Gonge skiet tot op 900 met die 105s en as ek gaan Jag druk en die 87s in en hoef nie te stress oor enige iets nie. Ek doen die al so 2maande en dit werk nog mooi sover.

Die 87 vat wel 'n moewiese jump na die lande maar 4skote skiet 'n bug hole so Ek kla nie.

Die 105s loop teen 3080fps en die 87s 3400fps

As ek nou 1 koeël vir alles moet kies sal ek weer 95 Bergers skiet. Hulle het net skaars en te duur geraak vir my en dis hoekom ek nou 'n 105CC skiet teen R3 'n pop en Vmaxe is R5.5.

Vir 'n oes koeël sal ek enige van die skiet
55NBT 70gr Blitzing 70gr Varmagedon/NBT 75 Vmax 87 Vmax

Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Malan123 »

Frans, hoe lank is daai loop van jou?
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by SakoTrippel2 »

Malan123 wrote:Frans, hoe lank is daai loop van jou?
26" Dis met 'n spul 365 wat ek gemeng het van verskillende lotte soos ek geraap en skraap het.
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Malan123 »

Dankie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13525
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Capt. Yoda »

Vir oes kan hulle maar 70gr BTs of n 70gr Sierra in daai loop druk as hulle nou en dan bq verder moet skiet. Ek gaan nou so 70gr Sierra en N550 lading bou vir my SLR en Frans se blessies. 70gr teen 3500fps of dalk so rapsie meer behoort mooi te werk om n oog te laat pop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Malan123 »

70gr BTs al die pad... my fireforming lading met n550 is net so duskant 3400fps as ek reg onthou
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by joe rocket »

Ek het nou die dag n 82 gr kriek lrh getoets. 3450v/sek.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Danie01 »

Capt. Oblivious wrote:Vir oes kan hulle maar 70gr BTs of n 70gr Sierra in daai loop druk as hulle nou en dan bq verder moet skiet. Ek gaan nou so 70gr Sierra en N550 lading bou vir my SLR en Frans se blessies. 70gr teen 3500fps of dalk so rapsie meer behoort mooi te werk om n oog te laat pop
Ek is nou besig met presies dieselfde in my 6slr met 23,3 duim loop en sien node lê rondom 3550 fps met S355. Met reloader 17 sal ons bo 3600fps kom, als binne veilige druk volgens ql. As ek reg onthou het ql 3520fps voorspel met die n550.

Groete

Sent from my SM-A315F using Tapatalk

User avatar
Bern
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Mar 19, 2019 9:05 am

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Bern »

Naand Manne
Jammer ek val in op die draad,maar die goed wat jul praat help darm met besluite aan die kant.(so dankie daarvoor)
Ek het onlangs 'n 243win(savage lrp) aangeskaf juis met die doel vir AI.
My vraag is dus nou,met die bestaande loop(26",1.925 groef),is my punte keuse tussen 87vmax,90gr gamechanger en 95gr berger..Sal 'n langer freebore die beter keuse wees?

Groete
Bernard
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by SakoTrippel2 »

Bern wrote:Naand Manne

Ek het presies dieselfde geweer. Hys al op sy 2de loop. Ook toevallig 'n ander LRP se "takeoff". Ek geniet hom baie.

As Trueworx hom sny verloor mens nie 'n cm nie.
Dink hulle het 2 reamers (kort en lang koeëls onderskeidelik)

Ek sou gaan vir die langer een omdat mens dan die keuse het om met gemak 105s te skiet sou mens wou. En ek kan met sekerheid sê 'n 87 skiet gemaklik 0.5moa met 'n Groot Jump. So dit werk daardie kant toe ook.

Rocket skiet 105s uit 'n kort freebore Ackley en hy vaar heel orraait klink dit my. Mens seat hulle net vrek diep soos ek verstaan. Maar nou kan mens altyd die lands bykom deur verder uit te Seat soos keël wegbrand (Ja Erik sê chasing the lands is stupid maar mens moet dit nie letterlik opneem nie) jy moet tog maar nou en dan meet en aanpas soos nodig.

MAAR as daar nie swaarder as 95VLD geskiet gaan word nie is die Korter Free Bore dalk beter.

Ek kon my 95 Bergers nie weer aan die skiet kry toe my 1ste Loop oppad uit is nie bloot omdat ek nie langer kon Seat nie anders is daar niks greep nie. (lang freebore van dag 1 af gekies want ek het lank 105 Amax geskiet)

Dieper was daar ook geen hoop nie. Hy sou 10t1 nog paar skote gee met Vmaxe of enige koeël met 'n meer gelydelike ogief. 'n Berger VLD is mos maar 'n sensetiewe ding. Weet van 'n paar manne wat oorswaai na so iets as die VLD tiepe koeëls nie meer skiet nie. Bv 87 Bergers na 87vmax in 'n Veldskiet man se geval.

Mens kan iets in die orde van 1700skote verwag op daadie loop. Myne het redelik kompetisie geskiet en het gegroet op 1630 dink ek. 2000 is nie onmoontlik nie.

Ek is geen expert nie maar ek deel my ervarings en ondervindings.

Groete
Frans

Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Malan123 »

Bernard, Frans som dit nou baie mooi op. Ek kan nie op jou profiel sien waar jy bly nie. As dit by die kus is sou ek kort keel gekies het. As dit nie by die kus is nie sou ek lang keel kies.en kyk of die swaarder punte stabiliseer. Ek praat nou 100% uit teorie en nie ondervinding nie
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Malan123 »

Ook bygese, die storie loop dat Frans deesdae 'n Needmore skiet so ek sou sy advies met 'n knippie sout gevat het :laugh:
User avatar
Bern
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Mar 19, 2019 9:05 am

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Bern »

Malan123 wrote:Bernard, Frans som dit nou baie mooi op. Ek kan nie op jou profiel sien waar jy bly nie. As dit by die kus is sou ek kort keel gekies het. As dit nie by die kus is nie sou ek lang keel kies.en kyk of die swaarder punte stabiliseer. Ek praat nou 100% uit teorie en nie ondervinding nie
More Malan
Eks in worcester.
Groetnis

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

User avatar
Bern
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Mar 19, 2019 9:05 am

Re: 243 AI met n lang keel

Post by Bern »

SakoTrippel2 wrote:
Bern wrote:Naand Manne
Jammer ek val in op die draad,maar die goed wat jul praat help darm met besluite aan die kant.(so dankie daarvoor)
Ek het onlangs 'n 243win(savage lrp) aangeskaf juis met die doel vir AI.
My vraag is dus nou,met die bestaande loop(26",1.925 groef),is my punte keuse tussen 87vmax,90gr gamechanger en 95gr berger..Sal 'n langer freebore die beter keuse wees?

Groete
Bernard
Ek het presies dieselfde geweer. Hys al op sy 2de loop. Ook toevallig 'n ander LRP se "takeoff". Ek geniet hom baie.

As Trueworx hom sny verloor mens nie 'n cm nie.
Dink hulle het 2 reamers (kort en lang koeëls onderskeidelik)

Ek sou gaan vir die langer een omdat mens dan die keuse het om met gemak 105s te skiet sou mens wou. En ek kan met sekerheid sê 'n 87 skiet gemaklik 0.5moa met 'n Groot Jump. So dit werk daardie kant toe ook.

Rocket skiet 105s uit 'n kort freebore Ackley en hy vaar heel orraait klink dit my. Mens seat hulle net vrek diep soos ek verstaan. Maar nou kan mens altyd die lands bykom deur verder uit te Seat soos keël wegbrand (Ja Erik sê chasing the lands is stupid maar mens moet dit nie letterlik opneem nie) jy moet tog maar nou en dan meet en aanpas soos nodig.

MAAR as daar nie swaarder as 95VLD geskiet gaan word nie is die Korter Free Bore dalk beter.

Ek kon my 95 Bergers nie weer aan die skiet kry toe my 1ste Loop oppad uit is nie bloot omdat ek nie langer kon Seat nie anders is daar niks greep nie. (lang freebore van dag 1 af gekies want ek het lank 105 Amax geskiet)

Dieper was daar ook geen hoop nie. Hy sou 10t1 nog paar skote gee met Vmaxe of enige koeël met 'n meer gelydelike ogief. 'n Berger VLD is mos maar 'n sensetiewe ding. Weet van 'n paar manne wat oorswaai na so iets as die VLD tiepe koeëls nie meer skiet nie. Bv 87 Bergers na 87vmax in 'n Veldskiet man se geval.

Mens kan iets in die orde van 1700skote verwag op daadie loop. Myne het redelik kompetisie geskiet en het gegroet op 1630 dink ek. 2000 is nie onmoontlik nie.

Ek is geen expert nie maar ek deel my ervarings en ondervindings.

Groete
Frans
More Frans
Dankie vir jou terugvoer.Ek is/was nie seker of ek die 103-105gr gestabiliseer gaan kry uit die loop groef nie,tensy ek sy gat warm maak..,dis ek aanvanklik gese het max 95gr .

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: 243 AI met n lang keel

Post by SakoTrippel2 »

Gaan kyk gerus op Berger se Webwerf vir die Stabiliteits Factor Calculator en ook JBM Ballistics se calculator as jy 'n koeël net 'n plastiek tip wil kyk.

Albei die calculators sal mens 'n goeie idee gee van hoe "veilig" mens sal wees in terme van koeël, spoed en hoogte bo seevlak kombinasie.