35km in 3dae is maar gemiddeld
9.3x62 Revolusie
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Ek sien nou eers die Buffels, jis dit is baie mooi paar en bonus vir die 9.3. Ek sal myne moet begin voor bere vir so jag. Baie geluk Nico, mooi fotos.
35km in 3dae is maar gemiddeld
35km in 3dae is maar gemiddeld
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Hennie Oelofse
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Ek het al baie goeie dinge oor die hydros gelees. Weet nie of jy hulle ken nie, hulle penetreer soos n solid maar maak skade soos n soft. Hy sal ook maklik exit op die buffel en los n baie goeie bloedspoor.Nico Harris wrote: Mon Aug 24, 2020 11:11 amHi Hennie.Hennie Oelofse wrote: Mon Aug 24, 2020 9:57 amVreeslik baie geluk!! Is dit jou eerste buffel?Nico Harris wrote: Sun Aug 23, 2020 7:53 pm 9.3 het die job perfek gedoen.
Bul- 93m - 286gr woodleigh- 78,5% retensie.
Bul het gele- quartering away. Sy rug afwaarts na die kant wat hy lê. Skoot so 3 hand breedtes agter die blad in en het deur die longe gegaan en die ver skouer gebreuk en onder die vel gestop.
Dit is ook al donkie jare n GROOT droom van my. As kind een na die ander buffel jag boeke gelees. Ek gaan volgende jaar as alles mooi loop daai droom bewaarheid bo in die Caprivi.
Op hierdie stadium gaan ek ook Woodleighs laai, maar ek kyk na die hydros. Het n pakkie gekoop, wil nou net laai en toets.
Ja dit was my eerste.
Hkm die hydros in die 9.3?
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Baie geluk Nico. Jy het nie dalk daai woodleighs gecrony nie? Sal interessant wees om te weet wat die trompsnelheid was.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7552
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Nico
Hoe het die veld gelyk? Ek en my broer het nou n buffel trippie begin September op Johan Rupert se plaas wat grens aan Leopard Creek waaroor ek ook baie opgewonde is. Glo ons gaan wel n sweedjie opwerk as ek so na die temperature kyk. beplan darem om meer sinlike kalibers in te span.
Groetnis
Wout

- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Baie geluk Nico , moet darem lekker belewenis wees so jag
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2468
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Hi Wouter. Veld het al oopgemaak maar daai area wat ons was is maar nogsteeds BAIE ruig gewees. Al die buffels is uit die sit posisie geskiet.Wouter Roets wrote: Mon Aug 24, 2020 1:22 pm Nico
Hoe het die veld gelyk? Ek en my broer het nou n buffel trippie begin September op Johan Rupert se plaas wat grens aan Leopard Creek waaroor ek ook baie opgewonde is. Glo ons gaan wel n sweedjie opwerk as ek so na die temperature kyk. beplan darem om meer sinlike kalibers in te span.![]()
Groetnis
Wout
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2468
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Skiet hulle teen 2300ft/s.spekieries wrote: Mon Aug 24, 2020 1:13 pm Baie geluk Nico. Jy het nie dalk daai woodleighs gecrony nie? Sal interessant wees om te weet wat die trompsnelheid was.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 9.3x62 Revolusie
Geluk Nico baie netjies en met jou 9.3 nogal ek moet se hoe meer diere ek skiet met die woodleighs hoe meer hou ek van hulle.
Ek is baie gelukkig met hulle solank jy met die impakspoed hou soos op die boksie.
Ek is baie gelukkig met hulle solank jy met die impakspoed hou soos op die boksie.
- HunterB
- Sr. Member

- Posts: 341
- Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
More almal,
Na baie lang wag is my CZ550 9.3x62 ook in die kluis. Is hier nog manne wat die 232gr/285gr Oryx punte gebruik? Wat is julle resep vir hulle?
Na baie lang wag is my CZ550 9.3x62 ook in die kluis. Is hier nog manne wat die 232gr/285gr Oryx punte gebruik? Wat is julle resep vir hulle?
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Norma Oryx 285 gr: 53 gr S335: Norma dop: CCI 200 = 2350 vt p sek (In my geweer) Redelik akkuraat. As ek die dag nie te veel bewe nie, is die groepering so 12mm op 100 m
- Hennie Oelofse
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Dagsê manne.
Na n lang gewag het RL-17 uiteindelik die land ingekom. Ek was toevallig die eerste persoon wat amptelik die eerste blik in Afrika gekoop het. Net n bietjie agtergrond op RL-17. Dis eintlik nie ontwikkel vir 9.3x62 nie, die vervaardiger lys nie eers 9.3x62 onder die gebruik van RL-17 nie. N paar slim manne in Amerika het agtergekom dat hierdie poeier en n 9.3 n "match made in heaven" is. Ek het net toevallig daarop afgekom en besluit om dit n go te gee.
Ek het vandag bietjie toets ladings gaan skiet. Ek het maar redelik laag begin omdat daar baie min laai data vir RL-17 vir n 9.3x62 is. (As daar van julle is wat beplan om met RL-17 te laai, stel ek voor julle doen dieselfde).
Ek het vroër op die groep genoem dat my mikpunt 2505fps met n 286gr punt is, sodat ek die minimum vereiste van Namibië vir die jag van gevaarlike wild kan behaal... Ek beplan om n buffel te gaan jag in die Caprivi so gou as wat daar kan uitkom.
Ek het natuurlik al kommentaar gekry dat dit onmoontlik met n 9.3x62 is en ook gevaarlik. GLAD NIE WAAR NIE... doen navorsing daaroor.
Hiermee die resultate:
Finale spoed was 2506fps, 2509fps en 2515fps.(3 shot group) Geen druk tekens, geen stywe slot. Ek moet ook noem dat RL-17 hou van BAIE van "compressed" loads.
Punt gebruik: 286gr Woodleigh Hydro
Gee die .375H&H n helse go!!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Dankie vir die deel baie intresant
Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Sent from my SM-G610F using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 9.3x62 Revolusie
Hallo Hennie, ek gou draad vinnig ‘gescan’.
Hierdie werklike goeie inset, dankie en mag jy suksesvol wees. Verseker het jy deeglik beplan. Ek sien jou resultate is naby aan die info wat ek vanaf Nosler forum geplaas het. Soos jy sê, Amerikaners iets hier uitgelig. Ek gaAn beslis ook probeer.
Jy het genoem jy wil die 320gr Woodleigh’s gebruik, het jy plan verander?
Dink jy RL-17 kan ook goed werk met 250gr k-punt? (Acubond). Ek kry baie lae vps uit my geweer.
Dink darem nie Jaracal manne wou jou plan afskiet nie!
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Hennie Oelofse
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Lategan1 wrote: Sun Sep 20, 2020 8:53 am Hallo Hennie, ek gou draad vinnig ‘gescan’.
Hierdie werklike goeie inset, dankie en mag jy suksesvol wees. Verseker het jy deeglik beplan. Ek sien jou resultate is naby aan die info wat ek vanaf Nosler forum geplaas het. Soos jy sê, Amerikaners iets hier uitgelig. Ek gaAn beslis ook probeer.
Jy het genoem jy wil die 320gr Woodleigh’s gebruik, het jy plan verander?
Dink jy RL-17 kan ook goed werk met 250gr k-punt? (Acubond). Ek kry baie lae vps uit my geweer.
Dink darem nie Jaracal manne wou jou plan afskiet nie!![]()
Beste.
Hi Lategan,
Dit is vir my n plesier om dit met julle te kan deel.
Ek glo die 250gr accubonds sal ook kan goed werk. Ek het al gelees dat die RL-17 meer help om spoed te kry op swaarder punte. Ek plaas n paar is 250gr barnes info wat op real guns se webtuiste was.
As jy besluit om met RL-17 te werk moet jy eers met my kontak maak. Daar is n trick daaragter.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 9.3x62 Revolusie
Dankie, gaan so maak.
320gr vraag?
Beste.
320gr vraag?
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Hennie Oelofse
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
My aanvanklike navorsing het daarop gedui dat die 320gr Woodleigh n goeie keuse sal wees. Ek wou egter seker maak en het aanhou soek vir eerstehandse ervaaring met die punt. Ongelukkig het ek negatiewe terugvoering oor die punt gekry by verskeie jagters wat buffels met die 320gr gejag het. In een geval het n buffel effens "kwartering towards" gestaan, die jagter het die skoot te vêr voorentoe geskiet en die skouer been getref. Die punt het nie die vitals behaal nie. In n ander voorval, waarvan ek nog die boodskappe van die Australiese jagter het,(Kan vir jou aanstuur) het die jagter n waterbuffel 2 keer in die nek geskiet wat die punt nie eers deur die buffel se nekwerwel wou penetreer nie. Vet weet aleen hoekom jy n buffel 2 keer in die nek sal wil skiet...? Die punt sal baie goed werk met n perfekte plank dwars skoot as geen groot been getref word nie. Ek is nie beryd om daai kans te vat nie. Die pakkie sê ook hulle maks spoed moet 2200fps wees, ek sou hulle baie vinniger laai wat ook nog meer probleme kon veroorsaak soos "over expansion". Die hydros het ongelooflike reguit lyn penetrasie vermoë en gaan deur beide skouerbene van n buffel soos n warm mes deur botter. Ek is redelik gemaklik met my keuse om hydros te gebruik. Nog niks negatief oor hulle gelees nie.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
- Hennie Oelofse
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Dag almal.
Ek het nog so n bietjie toetse gedoen met RL-17 poeier, hierdie keer met 286gr Swift A-Frame's.
Die "point of impact" van die Woodleigh Hydros en Swift A-Frame's is basies dieselfde. Die A-Frame's gee so klein bietjie meer spoed met n ligter lading.
Gemiddelde spoed was +-2540fps met n 286gr Swift A-Frame.
Ek het nog so n bietjie toetse gedoen met RL-17 poeier, hierdie keer met 286gr Swift A-Frame's.
Die "point of impact" van die Woodleigh Hydros en Swift A-Frame's is basies dieselfde. Die A-Frame's gee so klein bietjie meer spoed met n ligter lading.
Gemiddelde spoed was +-2540fps met n 286gr Swift A-Frame.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
intresant dankie
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 9.3x62 Revolusie
Hennie,
Bly jy het reggekom met jou ladings wanneer is die jag?
On kort bietjie aksie op die forum.
Bly jy het reggekom met jou ladings wanneer is die jag?
On kort bietjie aksie op die forum.
- Hennie Oelofse
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Hi Frederik,Frederik wrote: Tue Oct 06, 2020 6:35 am Hennie,
Bly jy het reggekom met jou ladings wanneer is die jag?
On kort bietjie aksie op die forum.
Ons wou nou oktober gaan maar dis bietjie laat nou met die temparary export permitte wat so lank vat. Die Botswana grens is ook nog toe wat dit moeilik maak om in die Caprivi uit te kom. Ons sal hopenlik volgende jaar April Vakansie of Junie/Julie gaan.
Ek is egter in kontak met n jagter wat nou einde October n buffel in die Calrivi gaan skiet met sy 9.3x62. Ook met A-Frames en Hydros, hy gaan moontlik ook nou RL-17 laai. Sal laat weet hoe het sy jag gegaan.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 9.3x62 Revolusie
Hennie,
Terwyl jy nou wag kom skiet saam BASA 17 Oktober of 28 November en kry goeie oefening in.
Terwyl jy nou wag kom skiet saam BASA 17 Oktober of 28 November en kry goeie oefening in.
- Hennie Oelofse
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Ek wou bitter graag gaan maar ons kyk daai naweek na my skoonsus se twee kiddies. Ek gaan darem hierdie naweek na die 9.3x62 skiet toe. Dit gaan lekker wees, ek sien uit.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
- Philip_L
- Full Member

- Posts: 128
- Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Hi almal
My Nege3 is vandag goedgekeur, so nou begin die lang wag vir die kaartjie.
Ek wil intussen solank kyk om herlaai kompomemte bymekaar te maak, so as iemand op die forum het wat hulle dalk in die mark wil sit, laat weet my asb.
Het nog niks vir hom nie so sal kyk na matryse, koeels, doppe ens.
As ek nie dadelik regkom nie sal ek vir eers fabrieks ammo gebruik. Enige aanbevelings of patrone wat ek moet vermy? Gaan gebruik word vir algemene bosveld jag.

Apie
- Hero Member

- Posts: 3073
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 9.3x62 Revolusie
Norma Oryx in 285gr by Henk van die Herlaaitafel vir die wen!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 9.3x62 Revolusie
Baie geluk, ‘n meneer onder die seuns
Dalk is Nico se verkoper onderhandelbaar met die pryse? Hiermee.
viewtopic.php?f=19&t=81479
Beste.
Dalk is Nico se verkoper onderhandelbaar met die pryse? Hiermee.
viewtopic.php?f=19&t=81479
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 