Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by Stefan764 »

More manne

Ek het so vlugtig my sukses onder die TAFJAK Tips geplaas mar ek wil dit graag hier ook opsit onder reviews:

Ek het die naweek tussen my eie skaap gaan roep en dis wat gebeur het:

Gras is baie baie lank, tussen knieg en belt hoogte. Kom op staanplek aan sterk skemer. Ek en my pa sit doodstil agter op my bakkie en wag dat natuur trugkeer tot normaal. Binne 15minute skree tussen 6 en 10 jakkalse reg rondom ons uit bosse (360grade), sonder om enigsins te roep. Ons het in n stuk aangeplante weiding gestaan met bos so tussen 250 en 600m alkante van ons. Beginne toe met Springhaas Combo1 op Hein se CD6, no 10. Drie rokers kom baie mooi in (vanuit verskillende rigtings) maar kry geen skote nie en verloor al drie in die gras, so op 40-60m.

Ek en my pa skuif toe na so 45minute nadat ons die 3e Jakkals "gemis/verloor" het. Uit pure moedeloosheid wil ek sommer huis toe oor ek gatvol is vir die gesukkel in die gras. My pa se toe ons moet stop, hy weet van n redelike operige kol (seker so stukkie van 40 by 40m in die hoek van n kamp (aangeplante weiding) waar die gras baie hoog maar tog yl is. Dis skaars 800m vanaf vorige staanplek. Die natuur so 10min gegee en roep toe elsneus. Smaak my toe die Amalia-Jakkalsseunskoor antwoord my. Bliksim ekt nie gedink da is so baie vlekkies nie. Ons lig dadelik en tel 2 stelle oge op, op ek skat so tussen 250 en 350m in die aangeplante weiding kamp. Wind is nie 100% reg nie (darem geensins in Jakke se rigting), maar ons hou net so. Ek haal Foxpro fluit uit my broeksak (dankie FM!!) en lat waai soos ek Hein sien maak het op sy DVD asook die paar videotjies op Youtube. Maar ek hou dit sag. My pa lig en daai Jakkies STORM in. (Honger??) Die bakkie se neus staan vorentoe (12u) en die jakke kom so op 4u in. Geen tyd vir anner planne maak, dis toe nou maar uit die vuis uit met die 22Hornet. Eerste Jak op 25m (dis waar hy eerste keer gestop het), sy maatjie is toe so deur die weer van die skoot, kyk links regs en weer links soos n Gr2tjie wat n teerpad wil oorsteek toe vrek hy van dieselle oorsaak as sy maatjie op so 30m. Speel dadelik met my roeper van bakkie se dak af Jak distres (no 17 op CD6) en daar antwoord n bul uit dieselle rigting ook op so 300-400m. Ek wag so tydjie en ons sien steeds sy oog op selle afstand. Ek lat wai weer met die blou Foxprou en siedaar, hier kom ta in, mar baie versigtig, na die selle oop kol ingesnuffel. Ek speel die fluitjie so sag ek kan en nie te veel nie, en die Jak stop vanself om aan een van die dooies te ruik. Doep!! 3 jakkalse in n kwessie van 10minute met n fluit wat ek vir die eerste keer in my lewe blaas!!

Ek kan met alle eerlikheid se: Die FOXPRO Skyote WERK!!

Ek was baie onseker of ek dit wel moet gebruik, maar na n vinnige "moed-inpraat" email van Frans se kant af die Donderdag het ek toe op die 2e staanplek die moed bymekaar geskraap en het toe (met geen vorige fluit ondervinding) baie sukses behaal.

Thanks Groot Leeu...

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by James Wilson »

Stefan, hoe oud skat jy die jakalse?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by Stefan764 »

James

Ek het nie die ouderdom geskat nie (tande gekyk nie). Ons het hul eers die volgende more in die digte gras gekry en toe VROT hulle. Wat ek wel kan se is die eerste 2 was jonges, seker so 2 jaar. Die laaste een het gelyk soos n ouer Jakkals. Baie groot en pikswart opi rug. Weti, dalk 4 of 5 jaar?? Mar ek kan nie met sekerheid se nie...

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by James Wilson »

ok, ek het nogal gedink die eerste 2 is jonk toe ek jou storie lees. maar die lang gras is n storie. het oor die naweek 2 groot varke geskiet, en sodra die vark 3 tree gee is hy in die gras en dan is hy weg.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by Francois Marais »

Stef

Mooi man, die spreekwoord se, wie nie waag nie sal nie wen nie.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by James Wright »

Stefan,waar kry mens die fluit te koop?
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by Rooies »

Stefan
Watse soort klanke het jy gemaak?, prooi of jakklanke.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by Stefan764 »

James, dankie vir die lui. Ek laat weet jou sodra dai fluite inkom. Hulle prys R170

Reds, ek het maar n hasie so goed ek kon try namaak. Baie skril, die lippe so ver as moontlik "weg"van die fluit.

Het al een jakkals geskiet met die klein "sleutelhouer fluit"wat jy saam met daai bloe koop teen R60!

Hierie goete werk lekker...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by Hugo »

Waar kry jy die CD en di fluit? By S&O?
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by Stefan764 »

CDs bestel jy by Hein(Jaracal) self.

Die fluite is by S&O beskikbaar en ek weet FM het ook van hulle, ekt myne by hom gekoop
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: Foxpro Fluit (SKYOTE) - Review

Post by James Wright »

Ek gaan die naweek my Skyote toets wat ek so 2 weke terug by Stefan gekoop het.Ek het hom al lekker geoeffen.My vrou en dogter is nie naastenby so opgewonde soos ek oor die komende naweek se roep sessies nie,dink dalk die feit dat hulle na my oefening moes luister bring dit mee ;D
Post Reply