Goeie dag alle Ooms en menere. Het na lang en indiepte studies en amper 6 maande op die site nou genoeg van alles bymekaar gemaak om die verslawende w?reld van herlaai te betree.
Nou my Vraag: Ek het 50 Winchester doppe (.308) wat ek wil vuurvorming op doen, ek het ook baie van die vorige bedeling se oorskot ammunisie, nou, ek het die punte getrek en wil dit sommer gebruik om die doppe te vuurvorm. Die punte wissel van 142.2gr tot en met 144.2 grein. Kan enige iemand vir my dalk raad gee oor ladings (S355 en murom primers). Let Wel: ek gaan dit net gebruik om te "fireform" en sommer so bietjie te oefen.
Alle raad sal werklik waardeer word.
Groete.
Vuurvorming van doppe
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Vuurvorming van doppe
Plant, wat ek sou doen is om die getrekte koe?ls te laai deur hulle baie lank uit te seat, sodat hulle vasgedruk word in die "lands" van die loop met 'n 15% gereduseerde lading (ek het sommer S341 gebruik).
Die rede vir die koe?ls vasdruk teen die lands is om die kop/basis van die dop vas teen die grendel se kop (boltface) te druk wanneer die skoot afgaan. Dan as die skoot afgaan en die doppie uitrek om die dimensies van die kamer aan te vat, gaan die web area van die dop baie min verleng, wat jou doplewe aansienlik sal verleng.
As jy die doppe vuurvorm sonder 'n koe?l, of met 'n koe?l op standaard lengte geseat, gebeur die volgende met die eerste skoot (in milisekondes, natuurlik):
Die dop (wat nou heel moontlik kleiner is as die kamer dimensie) word deur die slagpen vorentoe in die kamer gedruk totdat die skouer van die dop vasdruk teen die skouer van die kamer. OF, totdat die "rim" van die dop vasskop teen die uittrek knip (extractor). Belangrik is dat die kop/basis van die dop nie meer kontak het met die grendel se kop nie.
Nou sal die slagpen die slagdoppie indruk en die slagdop sal afgaan, wat die dryfmiddel ontsteek. Dryfmiddel verbrand en baie groot volumes gas word vrygestel wat tot groot druk binne die dop sal lei.
Die dunste deel van die dop (nl. die nek) sal eerste uitsit en vasdruk teen die nek area van die kamer, gevolg deur die skouer, en dan deur die skag van die dop.
Die ho? drukking sal die nek van die dop vashou teen die nek van die kamer en die dop sal meestal agtertoe uitrek, sodat die laaste deel van die dop (web area) die meeste uitrek tot teen die grendel se kop (boltface) en gevolglik effe verswak. Dit sal doplewe verkort.
Party herlaaiers maak selfs gebruik van rubber "o-rings" wat oor die nek getrek word tot teen die skouer van die dop om hierdie fenomeen uit te skakel as hulle firefrom sonder koe?ls sodat die dop vasgedruk word teen die boltface. Ek het dir egter nog nie gebruik nie.
Hoop dit maak sin.

Last edited by THOMAST on Wed Aug 03, 2011 5:38 am, edited 1 time in total.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Vuurvorming van doppe
Party herlaaiers sal die nek van die dop eers vergroot met 'n sg. 'expander mandrell" en dan die nek weer size ( maar nie die volle lengte nie) om 'n vals skouer te maak wat die dop dan styf teen die bolt face sal druk tydens fireforming.
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Vuurvorming van doppe
Hoe belangrik is "fireforming" in die normale jagter se herlaai proses. 
Raven
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Vuurvorming van doppe
Raven, ek dink vir die ou wat elke jaar 30-40 patrone wegskiet met sy instel en jag sal dit nie 'n groot rol speel nie.Raven wrote:
Hoe belangrik is "fireforming" in die normale jagter se herlaai proses.
Raven
As jy egter op soeke is na konsistente akkurate patrone (waar jy baie tyd en moeite ingesit het om die doppe voor te berei) sal dit tot jou voordeel was as die doppe darem 'n bietjie langer sal hou voordat jy hom verloor agv "case head seperation"
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Vuurvorming van doppe
TT,
Dankie dit maak sin.
Raves
Dankie dit maak sin.
Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Petrie303
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm
Re: Vuurvorming van doppe
Dagse,
Ek het 'n klomp een keer gebruikte 303 doppe gekry. Wil hulle fireform vir my EPPS. Mar nou hou gemaak, ek sal seker die nekke moet resize ma het nie 'n herlaai set vir .303 nie mar wel vir my EPPS...

" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"

Plant
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Tue Mar 15, 2011 6:10 pm
Re: Vuurvorming van doppe
Baie dankie Thomast, dit maak sin, net nog 'n dom vraag jy se 'n verminderd lading (15%) maar waar moet ek begin om 15% te verminder? Dalk 40gr?
Byvoorbaat dankie vir jou antwoord.
Byvoorbaat dankie vir jou antwoord.
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 866
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Vuurvorming van doppe
Petrie
Ek het die naweek klomp doppe gevorm op die "goedkoop" manier soos iewers op die forum beskryf.
My lading was 10.2 gr mp200 kruit en gevul met mieliemeel. Ek et hulle net 'n pluisie voor ingedruk dat die meel nie uitval nie.
My ondervinding is dat ek te min kruit gebruik het wat gemaak het dat die doppe net die voorste derde gevorm het en dan teruggaan na die ou dop se vorm toe. Dit vorm so boeppens voor. Al die kenners wat ek mee gepraat het reken dit het geen effek op jou lading ontwikkeling later nie , want jou dop druk voor teen die kamer vas. Jy kan dus vol sterkte laai om jou dop finaal te vorm.
As ek op die verkeerde pad is moet julle my help , maar ek is nou al halfpad deur die proses.
Ek gaan nie benchrest skiet nie , net 'n lekker jaggeweer
Groete
WW

Geroer-nie geskud nie
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Vuurvorming van doppe
Plant, met daai 147gr koe?ls sal 38gr S335 werk, as jy S355 gebruik, gooi hom so by 40gr.Plant wrote: Baie dankie Thomast, dit maak sin, net nog 'n dom vraag jy se 'n verminderd lading (15%) maar waar moet ek begin om 15% te verminder? Dalk 40gr?
Byvoorbaat dankie vir jou antwoord.