Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hulle het my na Inyati Sporting Supplies verwys. Ek het vandag n sinvolle gesprek met die bestuur van Inyathi gehad, veral oor die beskikbaarheid van magasyne. Met hulle toestemming maak ek graag die volgende bekend:
Inyathi het ongeveer n jaar gelede die agentskap vir Steyr oorgevat. Voor dit het Steyr verskillende agentskappe in Suid-Afrika gehad. Dit is een van die redes waarom parte/magasyne so skaars is.
Hulle hou n voorraad van parte/magasyne aan, en is bereid om parte/magasyne in te voer. Dit behoort nie langer as drie maande te vat nie. Die rolmagasyne is ongelukkig duur - pryse behoort by ongeveer R2000 te begin en kan uiteraard duurder wees.
Inyathi is groothandelaars en kan dus nie aan die publiek verskaf nie. Hulle sal graag aan u plaaslike handelaar verskaf. Tree gerus met hulle in verbinding.
Kontakbesonderhede:
INYATHI Sporting Supplies
Plot 3, Mountain Drive
Inyathi Park, Derdepoort
South Africa dewald@inyathi.net
INYATHI Customer Service
Phone: +27 (12) 808 9911 www.inyathi.net
(Nota: Ek het GEEN bande met Inyathi Sporting Supplies nie, en ontvang geen vorm van vergoeding, beloning of iets soortgelyk nie.)
Daardie R2000.00 gaan nie so wees nie. Vriende van my het in 'n winkel in Oostenryk sewe maande gelede gestaan met twee magasyne in sy hand, die prys was toe R2480.00 elk - teen dáárdie tyd se wisselkoers.