Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Goeiemôre Jaracal,
n Vinnige vragie voor ons verder skarrel met die dag se werk:
Hoe verkies julle wildsbiltong:
Nat soos lekker beesbiltong?
Klam met n goeie droë randjie?
Droog of selfs poeierdroog?
Ons het dit gewoonlik klammerig geëet totdat ons op Stella begin werk het. Hier verdroog dit weens die klimaat. Ons het gewoonlik n klompie stukkies in n bakkie op die rak gelos vir peuselhappies vir die kinders, maar dit word dan so droog dat ek dit vir hulle fyn gestamp het soos ma en ouma vertel het. Tot ons verbasing: die poeierdroë biltong is regtig geurig!
Hoe maak julle daarmee?

knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
As jy van droe biltong hou kerf dit in klein stukkies en plaas dit (net n klein bietjie op n slag) in n koffie meule. Dit verander in "biltong wol" wat heerlik is op vars brood en botter. Pasop net vir te groot stukke. Die meule kan breek.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Klam met 'n goeie droë rand.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Effens klam. Ek kerf dit klam en vakuum verpak in vrieskas. Maar n droë stuk biltong wat fyn gestamp is is baie lekker met regte sout botter
Maak 'n verskil
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Snuifdroog. Nou hoef jy nie te kerf nie, maar breek dit. Die smaak kom dan rerig na vore.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Verkieslik klam met 'n droë randjie, maar dit is wekom tot op die kurkdroë fase.
Die slegste biltong is wanneer jy die kaste en vrieskaste oopmaak en vind dit is klaar!
Die slegste biltong is wanneer jy die kaste en vrieskaste oopmaak en vind dit is klaar!
-
Willem Grobler
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Kurkdroog met d hammer gekneus binne-in n ou banksak spesiaal vir dié werkie. Maar dit moet dan erêns spesiaal geeet word soos bv in d wildtuin of so..
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Hang af watse biltong sou ek sê - bees biltong kan bietjie klammer wees - wild bilong - veral springbok biltong kan baie droër wees.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Soos meeste goeie goed moet hy ma bq nat wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Sny dikkerige snye "whole wheat" brood - nie die "dumpie" nie. Verwyder die kors en sny dit in byt grootte blokkies (amper soos ordentlike nagmaal brood blokkies).
Meng marmite met botter na smaak en smeer die blokkies reg rondom - doop dan die blokkies se gesmeerde kante in poeierdroog wildsbiltong....as jy nie genoeg maak nie, mag jy dalk nie kry nie!
Meng marmite met botter na smaak en smeer die blokkies reg rondom - doop dan die blokkies se gesmeerde kante in poeierdroog wildsbiltong....as jy nie genoeg maak nie, mag jy dalk nie kry nie!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Bwahahahaha!Viking wrote: Mon Aug 03, 2020 12:33 pm Sny dikkerige snye "whole wheat" brood - nie die "dumpie" nie. Verwyder die kors en sny dit in byt grootte blokkies (amper soos ordentlike nagmaal brood blokkies).
Meng marmite met botter na smaak en smeer die blokkies reg rondom - doop dan die blokkies se gesmeerde kante in poeierdroog wildsbiltong....as jy nie genoeg maak nie, mag jy dalk nie kry nie!
Baie netjies!
- Vergo10
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm
Re: Wildsbiltong: nat, klam, droog of poeierdroog?
Springbok (met n lagie vet), volstruis en gemsbok is vir my maar net lekker as dit droog is. Die res, veral kudu en eland effens klam met 'n droe randjie
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!