Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Wat moet 'n persoon nou doen wat nog die groen lisensie het?
Moet hy/sy dadelik heraansoek doen vir 'n nuwe lisensie?
Moet hy/sy dadelik heraansoek doen vir 'n nuwe lisensie?
- SAHunter
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Dis 'n moeilike vraag om te antwoord. Daar is lisensiehouers wat glo die ou Wet is nog van toepassing (met geen vervaldatum op lisensies nie) en vandaar dat hulle nie in terme van die nuwe Wet enige heraansoek hoef te doen nie. En indien wel in terme van die nuwe Wet aansoek om 'n lisensie gedoen word, dan word in effek afstand van enige regte wat die ou Wet vir ou lisensiehouers gebied het, gedoen. So baie ou lisensiehouers wil nie graag daardie pad loop nie.PWV wrote: Mon Jul 27, 2020 10:11 am Wat moet 'n persoon nou doen wat nog die groen lisensie het?
Moet hy/sy dadelik heraansoek doen vir 'n nuwe lisensie?
Solank die 2009-tussentydse hofbevel nog van toepassing is (wat bepaal dat die ou groen lisensies nog geldig is hangende die aanhoor en beregtiging van die hoofaansoek rondom die grondwetlikheid van die nuwe Wet wat herlisensiering binne 5 jaar na 2004 vereis), is dit goed en wel om so te argumenteer. Maar wat gebeur indien die 2009-hofbevel ook een of ander tyd sneuwel en die voortgesette besit van 'n wapen wat nie in terme van die nuwe Wet gelisensieerd is nie, word skielik onwettig?
Daar kan moontlik weer 'n amnestie-periode vir die inhandiging van die ou groen gelisensieerde wapens wees, maar wie weet? Of so 'n amnestie-periode enigsins voorsiening vir die heraansoek van ou wapenlisensies wat teen 2009 na die nuwe Wet se bepalings omgeskakel moes word, gaan maak, is egter te betwyfel. Die huidige Minister van Polisie wil nie eens vir lisensies wat in terme van die nuwe Wet verval het, die amnestie vir heraansoeke verleng nie.
Om die risiko te beperk dat die ou groen lisensies nie meer die beskerming van die 2009-tussentydse bevel in die toekoms mag geniet nie (sou die 2009-bevel ook tersydegestel word soos nou in die Appèlhof met die 2018-tussentydse bevel rondom die verval van die wit lisensies in terme van die nuwe Wet gebeur het), kan ou groen lisensiehouers poog om aansoek vir nuwe wapenlisensies te doen. Solank die 2009-bevel nog staan (en nie tersydegestel word nie), is die besit van daardie ou gelisensieerde wapens nog wettig en kan jou DFO nie aandring dat dit eers ingehandig moet word alvorens 'n nuwe aansoek vir 'n wapenlisensie in terme van die nuwe Wet gedoen word nie. Daar sal waarskynlik DFO's wees wat sal argumenteer dat die 5 jaar grasie-periode om vir 'n nuwe lisensie in terme van die nuwe Wet aansoek te doen, in 2009 reeds uitgeloop het. Maar solank die 2009-tussentydse hofbevel vir nou bly staan, is die besit van die ou gelisensieerde wapens nie per se onwettig nie en indien jy in besit van 'n wettige wapen is, behoort die SAP enige nuwe aansoek vir 'n wapenlisensie vir daardie wettige wapen wat jy besit, te aanvaar (sonder enige vervolging). Of die SAP dit ook so gaan sien, is egter 'n debat vir 'n ander dag.
Ou groen lisensiehouers wat bereid is om die bepalings van die nuwe Wet te aanvaar, mag daarom goed geadviseerd wees om te poog om hulle groen lisensies na die nuwe wit lisensies om te skakel terwyl daar nog lewe in die 2009-tussentydse hofbevel is.
SA Hunter
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Dankie vir die vraag. My probleem is dat my DFO vir my vra hoekom ek dit wil doen aangesien dit nog geldig is, waarna ek al die argumente hierbo uitstip. Volgens my DFO moet ek my wapens by n geweerwinkel inboek, op hul boeke kry en dan lisensieer daarvandaan. Volgens haar kan ek nie herlisensieer nie, aangesien daar nie n vervaldatum betrokke is nie. Selfs DFO 's interpreteur die wet op hul eie manier en ek wil my ook nie staan en slim hou by hulle nie.PWV wrote:Wat moet 'n persoon nou doen wat nog die groen lisensie het?
Moet hy/sy dadelik heraansoek doen vir 'n nuwe lisensie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
- SAHunter
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
"Volgens haar kan ek nie herlisensieer nie, aangesien daar nie n vervaldatum betrokke is nie."
Tog was dit moontlik tussen 2004 en 2009 om te herlisensieer sonder 'n vervaldatum op die ou lisensie…..so waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. Die probleem is egter dat die topbestuur by die SAP nie meer vandag die wil het om lisensiehouers te akkommodeer nie. Die oogmerk is eerder om soveel as moontlik wapens in omloop, te konfiskeer as om wettigheid aan die voortgesette besit van wapens te verleen.
Tog was dit moontlik tussen 2004 en 2009 om te herlisensieer sonder 'n vervaldatum op die ou lisensie…..so waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. Die probleem is egter dat die topbestuur by die SAP nie meer vandag die wil het om lisensiehouers te akkommodeer nie. Die oogmerk is eerder om soveel as moontlik wapens in omloop, te konfiskeer as om wettigheid aan die voortgesette besit van wapens te verleen.
SA Hunter
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
SA Hunter, wat is jou opinie van dit wat henk.spioenkop gepost het, nl:
"Volgens my DFO moet ek my wapens by n geweerwinkel inboek, op hul boeke kry en dan lisensieer daarvandaan. Volgens haar kan ek nie herlisensieer nie, aangesien daar nie n vervaldatum betrokke is nie. Selfs DFO 's interpreteur die wet op hul eie manier en ek wil my ook nie staan en slim hou by hulle nie."
"Volgens my DFO moet ek my wapens by n geweerwinkel inboek, op hul boeke kry en dan lisensieer daarvandaan. Volgens haar kan ek nie herlisensieer nie, aangesien daar nie n vervaldatum betrokke is nie. Selfs DFO 's interpreteur die wet op hul eie manier en ek wil my ook nie staan en slim hou by hulle nie."
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
En ek het nou weer met haar gepraat daaroor. Selfde storie. Volgens haar is daar nie herlisensieer opsie. Haar eerste opsie was weer. " Doen niks". 2 de opsie is gee in en lisensieer asof dit n nuee wapen is.PWV wrote:SA Hunter, wat is jou opinie van dit wat henk.spioenkop gepost het, nl:
"Volgens my DFO moet ek my wapens by n geweerwinkel inboek, op hul boeke kry en dan lisensieer daarvandaan. Volgens haar kan ek nie herlisensieer nie, aangesien daar nie n vervaldatum betrokke is nie. Selfs DFO 's interpreteur die wet op hul eie manier en ek wil my ook nie staan en slim hou by hulle nie."
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Ek dink sy het bietjie geslaap in die klas. My DFO het dat ek form SAP517(e) (Aansoek om hernuwing van Vuurwapen lisensie in terme van die vorige wet) gebruik om een van my groen lisensies op die nuwe stelsel te kry. Geen motivering was nodig nie. Jy moet egter ‘n geldige bevoegdheid sertifikaat besit.
So om jou vraag te antwoord Pieter, sou ek sê die veiligste vir ouens met groen lisensies is om so gou moontlik oor te skakel na die nuwe wet en dan te sorg dat jy betyds jou lisensies hernu.
So om jou vraag te antwoord Pieter, sou ek sê die veiligste vir ouens met groen lisensies is om so gou moontlik oor te skakel na die nuwe wet en dan te sorg dat jy betyds jou lisensies hernu.
Last edited by Fanta300 on Mon Jul 27, 2020 9:35 pm, edited 1 time in total.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Dankie vir daai inligting. n Geldige bevoegtheid is nie n probleem. 3 Groen kaartjies tussen die wittes is seker. Wat van Green Cards Matter. Maak meer sin vir my.Fanta300 wrote:Ek dink sy het bietjie geslaap in die klas. My DFO het dat ek form SAP517 (Aansoek om hernuwing van Vuurwapen lisensie in terme van die vorige wet) gebruik om een van my groen lisensies op die nuwe stelsel te kry. Geen motivering was nodig nie. Jy moet egter ‘n geldige bevoegdheid sertifikaat besit.
So om jou vraag te antwoord Pieter, sou ek sê die veiligste vir ouens met groen lisensies is om so gou moontlik oor te skakel na die nuwe wet en dan te sorg dat jy betyds jou lisensies hernu.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- SAHunter
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Ek vermoed dit is 'n stelselprobleem by die Sentrale Vuurwapenregister. Baie van die ou groen lisensiewapens is nie meer op rekord by die SAP nie - so die ou wapen moet eers weer amptelik op hulle "boeke/stelsel" kom alvorens 'n lisensie in terme van die nuwe Wet daarvoor uitgereik kan word. Die 5 jaar periode vir herlisensiering het ook reeds in 2009 uitgeloop. So dit mag alles henk.spioenkop se DFO se advies verklaar. Het die betrokke DFO 'n stelselnasoek vir die wapen gedoen alvorens sy die advies gegee het?PWV wrote: Mon Jul 27, 2020 5:41 pm SA Hunter, wat is jou opinie van dit wat henk.spioenkop gepost het, nl:
"Volgens my DFO moet ek my wapens by n geweerwinkel inboek, op hul boeke kry en dan lisensieer daarvandaan. Volgens haar kan ek nie herlisensieer nie, aangesien daar nie n vervaldatum betrokke is nie. Selfs DFO 's interpreteur die wet op hul eie manier en ek wil my ook nie staan en slim hou by hulle nie."
Ek dink nie dit is nodig om met so 'n ompad vir 'n nuwe lisensie aansoek te doen nie (die wapen is tog tans wettig in jou besit). Fanta300 se DFO toon duidelik meer begrip vir die posisie, maar watter pad ook al gevolg word, solank dit die SAP beweeg om jou aansoek vir 'n nuwe lisensie te oorweeg, is die stryd halfpad gewen.
SA Hunter
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
My vrou het onlangs 2 wapens wat nog op groen lisensie was verkoop en die kopers het suksesvol aansoek gedoen vir die lisensies.
Sy kon egter nie heraansoek doen vir n wit vervalle lisensie sonder om die amnestie roete te volg nie!
Sy kon egter nie heraansoek doen vir n wit vervalle lisensie sonder om die amnestie roete te volg nie!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
fouriejohan.1
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Tue Aug 11, 2020 12:53 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Ek het my groen kaartjies verloor en was bekommerd dat hulle onwettig sou wees. Ek was onder die indruk dat ek weer aansoek moes doen vir my wapens. Byde was nie reg nie.
Tensy jy nog nie in besit van 'n wit lisensie was nie, of nog nie vir een aansoek gedoen het nie, is jou groen lisensie gelding.
Dit het ek geleer nadat ek navraag gedoen het en vir my gese was dat ek net weer kan aansoek doen vir 'n heruitreiking. Wel ek het aansoek gedoen vir my heruitreiking met geen probleme.
Ek hoop dit help vir die, met dieselfde probleem.
Groete,
Tensy jy nog nie in besit van 'n wit lisensie was nie, of nog nie vir een aansoek gedoen het nie, is jou groen lisensie gelding.
Dit het ek geleer nadat ek navraag gedoen het en vir my gese was dat ek net weer kan aansoek doen vir 'n heruitreiking. Wel ek het aansoek gedoen vir my heruitreiking met geen probleme.
Ek hoop dit help vir die, met dieselfde probleem.
Groete,
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Johan help ons uit....Wat het heruitreiking proses behels en het jy met die heruitreiking wit lisensiekaarte ontvang?fouriejohan.1 wrote: Tue Aug 11, 2020 1:12 pm Ek het my groen kaartjies verloor en was bekommerd dat hulle onwettig sou wees. Ek was onder die indruk dat ek weer aansoek moes doen vir my wapens. Byde was nie reg nie.
Tensy jy nog nie in besit van 'n wit lisensie was nie, of nog nie vir een aansoek gedoen het nie, is jou groen lisensie gelding.
Dit het ek geleer nadat ek navraag gedoen het en vir my gese was dat ek net weer kan aansoek doen vir 'n heruitreiking. Wel ek het aansoek gedoen vir my heruitreiking met geen probleme.
Ek hoop dit help vir die, met dieselfde probleem.
Groete,
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Vorm SAPS273 is vir die aansoek om heruitreiking van 'n GROEN lisensiekaartjie.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 958
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Ongelukkig was daar nou 'n nuwe verwikkeling. Ek het so pas 'n stempos ontvang dat die staatsprokureur vir SA Jagters gekontak het om toe te stem dat die 2009 tydelike hofbevel tersyde gestel kan word. Dit is die bevel wat toegelaat het dat die groen lisensies nog as wettig beskou kan word.
SA Jagters is met twee keuses opgesaal:
(i) Stem toe tot die opheffing van die bevel. Effek: Groen lisensies daarna onwettig; geen kostebevel teen SA Jagters nie.
(ii) Opponeer die aansoek. Ek kan nie sien hoe SA Jagters kan wen nie, in die lig dat daarvan hulle die hoofaansoek nooit verder gevoer het nie. Die groen lisensies sal waarskynlik steeds onwettig raak, maar SA Jagters sal met 'n kostebevel opgesaal sit.
Diegene wat nog staatmaak op groen lisensies sal onverwyld die kwessie moet regstel.

knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Ek het ook die e-pos gekry. Ek hoop maar dat S A Jagters saam met die ander belange groepe die saak te gunste van die mense wat nog groen lisensies het sal kan beding.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Dink julle hul sal darem kaans gee dat ons kan plan maak.
Groete Ben
Groete Ben
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Korrek.SAHunter wrote: Sun Jul 26, 2020 10:46 pmDie probleem met die 2009-hofbevel is dat dit slegs 'n tussentydse bevel (interdik) hangende die beregtiging van die hoofaansoek (naamlik die beoordeling van die grondwetlikheid van die nuwe Wet 60 van 2000 wat die lisensiering van alle wapens van vooraf vereis het) was. Sover my kennis strek, het die applikant (SA Hunters) nooit die 2009-hoofaansoek verder gevoer nie. Wat ek en OosKaapjagter net uitgewys het, is dat beide die Appèlhof en Konstitusionele Hof nou al by meer as een geleentheid na die grondwetlikheid van sekere bepalings van die nuwe Wet (wat die wit lisensies betref) gekyk het en in al die gevalle het die Wet die toets van grondwetlikheid geslaag. Dit wil nie sê daar is geen meriete in die 2009-hoofaansoek (wat met die groen lisensies gehandel het) nie - dit lyk net na 'n opdraende pad as na die onlangse beslissings van die Appèlhof en Konstitusionele Hof gekyk word. Dit is ook nou reeds meer as 11 jaar na die 2009-tussentydse bevel gelas is. Indien SA Hunters nie die hoofaansoek voortsit nie, is die kanse baie goed dat die SAP met die tersydestelling van die tussentydse bevel sal slaag. So dit is heel moontlik net 'n kwessie van tyd dat 'n streep ook deur die 2009-tussentydse bevel (die ou groen lisensies) getrek gaan word.Alwin wrote: Sun Jul 26, 2020 10:12 pm Ek dink ons moet behoorlik onderskei tussen die status van vervalde wit lisensies wat in die onlangse GOSA hofsaak ter sprake was en die ou groen lisensies wat in die 2009 hofsaak ter sprake was.
Die SAPS het in hulle skrywes tot onlangs die geldigheid van die groen lisensies kragtens die 2009 hooggeregshof uitspraak erken. Ek kan nie sien dat die status op enige tydstip verander het nie.
Al wat in dispuut is, is of 'n groen lisensie nog geldig is indien die eienaar vir 'n wit lisensie aansoek gedoen het, en die wit lisensie daarna laat verval het. Dit is 'n saak wat waarskynlik deur nog 'n duur hofsaak beslis sal moet word.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Yes manne.
Na aanleiding van 'n kommunikasie wat ons gister vanaf SA Jagters ontvang het blyk dit dat die groen lisensies tans steeds wettig is.....maar daars verwikkelinge.
SA Jagters is laat weet dat daar tans 'n werklike poging is om die uitspraak te probeer laat herroep.
Fred Campher het aangeraai dat almal wat nog in besit is van vuurwapens op groen lisensies moet verseker dat hulle hul bevoegtheid op datum kry of sorg dat hul bevoegtyd geldig en op datum is.
Wat die uiteinde van die saak sal/kan wees is 'n ope vraag?

'n vraag vir die slim mense. My ma het 'n 22 op groen kaartjie. Sy het nie bevoegdheid nie, maar my pa het. Sal hulle dit op sy naam kan sit as die moeilikheid kom?
Groete Ben
Groete Ben
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Hulle moet dit nou maar doen.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Ben, ek sou aanraai dat jou pa nou reeds aansoek doen vir lisensie vir daai wapen. Tans mag mens hom nog weggee of verkoop. As die manne se slaag om die hofbevel te laat terugtrek kan hulle net dalk bepaal dat slegs die huidige eienaar mag aansoek doen "en hy moet reeds bevoegtheid hê"
Dis net my eie gevoel - ek kan verkeerd wees
Dis net my eie gevoel - ek kan verkeerd wees
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Dankie oom.
Ek sal dit so voorstel aan my ouers.
Groete Ben
Ek sal dit so voorstel aan my ouers.
Groete Ben
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Goeiemôre almal,
Wat is die jongste stand van sake rondom moontlikheid dat wettigheid van groen lisensies binnekort gaan verval? Het die aangeleentheid nou weer "stil" geword of moet wapeneienaars met die groen lisensies begin stappe neem om oor te skakel na die "wit lisensies" toe? Eienaars met groen lisensies is uiteraard nie gretig nie a.g.v. die lang proses om oor te skakel en om dan natuurlik gereeld "wit lisensies" op datum te hou. Wat is julle advies in die verband asb? Iemand wat baie goed vertroud is met die regsaspekte se advies sal baie waardeer word. Dankie by voorbaat.

Doen dit so spoedig moontlik terwyl daar tans 'n amnestietydperk ook is. Diegene met groen lisensies se "wettige" besit hang aan 'n uiters dun draadjie wat enige tyd geknip sal word in die lig van die bogenoemde bespreking.
Enigeen wat soos 'n spreekwoordelike volstruis sy kop in 'n gat te druk gaan nie die leeu laat verdwyn nie.
Die feit bly dat die huidige wet 60 van 2000 die vorige wet vervang het. Die interdik wat bepaal het dat die groen lisensies geldig sou bly was bedoel as 'n tydelike reëling om mense kans te gee om in pas te kom met die huidige wetgewing. Die gesag wat die wettigheid van groen lisensies gevestig het, se onderliggende basis is uitgekalwe vanweë die onlangse Appèlhof en Grondwetlike hof uitsprake tesame met die feit dat SA Jagters (wyslik!) nooit met die hoofaansoek voortgegaan het in die 2009 saak nie. Vir die wat nie weet nie, werk dit so dat die hof in Pretoria wat die 2009 bevel toegestaan het se bevel nie sal kan bly staan nie. Sodra 'n hof met hoër gesag uitspraak oor 'n kwessie gelewer het, moet die ander howe in pas kom en daarna die nuwe uitspraak volg.
Enigeen wat soos 'n spreekwoordelike volstruis sy kop in 'n gat te druk gaan nie die leeu laat verdwyn nie.
Die feit bly dat die huidige wet 60 van 2000 die vorige wet vervang het. Die interdik wat bepaal het dat die groen lisensies geldig sou bly was bedoel as 'n tydelike reëling om mense kans te gee om in pas te kom met die huidige wetgewing. Die gesag wat die wettigheid van groen lisensies gevestig het, se onderliggende basis is uitgekalwe vanweë die onlangse Appèlhof en Grondwetlike hof uitsprake tesame met die feit dat SA Jagters (wyslik!) nooit met die hoofaansoek voortgegaan het in die 2009 saak nie. Vir die wat nie weet nie, werk dit so dat die hof in Pretoria wat die 2009 bevel toegestaan het se bevel nie sal kan bly staan nie. Sodra 'n hof met hoër gesag uitspraak oor 'n kwessie gelewer het, moet die ander howe in pas kom en daarna die nuwe uitspraak volg.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?
Ooskaper, sou jy se dat, as jy 'n groen lisensie het, nou 'n hernuwingsaansoek moet indien?
Seker nie 'n heraansoek of nuwe aansoek nie?
Seker nie 'n heraansoek of nuwe aansoek nie?