Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by OosKaapJagter »

Soos baie van bewus is, het GOSA (Gun Owners South Africa) dit op 27 Julie 2018 reggekry dat die Hooggeregshof, deur 'n interdik wat verkry is, verklaar het dat die ou groen lisensies nog wettig was. Diegene wat nie vir die nuwe wit lisensies aansoek gedoen het nie, kon dus nog ammunisie aankoop en die ou lisensies was as geldig beskou solank die interdik in plek was.

Daardie interdik is nou tersyde gestel nadat die SAPD se appèl na die Appèlhof geslaag het. Die effek daarvan is dat almal wat nog ou groen lisensies het nou onwettig in besit van sulke wapens en die ammunisie daarvoor is.

Bring dit maar onder die aandag van mense wat nog dink daardie ou lisensies is steeds wettig.

http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/2020/88.html

https://www.businessinsider.co.za/trend ... ers-2020-7
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Groen Lisensies Onwettig

Post by BenJacobs »

Wat nou!?
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Groen Lisensies Onwettig

Post by Fanta300 »

Hierdie hofsaak het niks met groen lisensies te doen gehad nie. Groen lisensies bly geldig!!
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Groen Lisensies Onwettig

Post by BenJacobs »

Dankie tog!!!
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Groen Lisensies Onwettig

Post by OosKaapJagter »

Fanta, by nabetragting is jy tegnies reg. Hierdie saak het nie direk gehandel oor die geldigheid van die groen lisensies nie. Die Appèlhof en Grondwetlike hof het egter nou al verklaar dat die nuwe Vuurwapenwet geldig is.

Die nuwe wet op Vuurwapenbeheer 60 van 2000 het die ou 1969 vuurwapenwet vervang en tersyde gestel. In die huidige wet is oorgangsbepalings wat verklaar het wanneer die groen lisensies sou verval. Die "geldigheid" van die groen lisensies spruit uit 'n 2009 beslissing van regter Prinsloo en nie hierdie 2018 saak waarvan die interdik tersyde gestel is nie. https://www.sahunters.co.za/images/atta ... gement.pdf

Ek was dus verkeerd.

Dit eindig egter nie daar nie. Kyk na paragrawe 30 tot 35 van die nuutste saak (die eerste skakel hierbo). Die skrif is duidelik aan die muur vir lisensiehouers wat nog groen kaartjies het. Beide die Appèlhof an die Grondwetlike Hof is hoër howe as die Noord-Gauteng Hooggeregshof waarin aangedui is die groen lisensies is nog wettig. Diegene wat dus nog groen lisensies het wat vir nou dalk nog as wettig beskou kan word (twyfelagtig en waarskynlik van korte duur), sal dalk so vinnig moontlik moet planne beraam om die nuwe lisensies te bekom.

Dit verheug my egter dat ek waarskynlik verkeerd was met my aanvanklike plasing.
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Groen Lisensies Onwettig

Post by BenJacobs »

Oom, ek het nou net sommer vir gemoedsrus ons dfo gevra. Hy sê hy het ook aanvanklik gedink dit handel oor die groen kaartjies, maar hy het my verseker dit doen nie.
Groete Ben
User avatar
SAHunter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm

Re: Groen Lisensies Onwettig

Post by SAHunter »

Ja hierdie appèl het met 'n tussentydse bevel wat in 2018 deur die Hooggeregshof in Pretoria uitgereik is, te make. Die 2018-saak het met wapenlisensies wat in terme van die nuwe Firearms Control Act (Wet 60 van 2000) verval het, gehandel - nie met wapenlisensies wat in terme van die ou Wet (Wet 75 van 1969) (die sogenaamde "groen lisensies") uitgereik is nie. Laasgenoemde groen lisensie-saak is reeds in Junie 2009 aangehoor en sover my kennis strek, is die tussentydse regshulp wat daar deur die hof gelas is (dat die groen lisensies geldig bly totdat die hoofaansoek oor die grondwetlikheid van Wet 60 van 2000 bereg is) tot vandag toe nog nie tersydegestel nie - wat beteken dat die groen lisensies in die tussentyd geldig bly. Waarom die hoofsaak in die 2009-hofsaak tot vandag toe nog nie aangehoor is nie, is onduidelik. Miskien kan iemand van SA Hunters meer lig daarop gee.
SA Hunter

.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
User avatar
SAHunter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm

Re: Groen Lisensies Onwettig

Post by SAHunter »

OosKaapJagter wrote: Fri Jul 24, 2020 7:15 pm Fanta, by nabetragting is jy tegnies reg. Hierdie saak het nie direk gehandel oor die geldigheid van die groen lisensies nie. Die Appèlhof en Grondwetlike hof het egter nou al verklaar dat die nuwe Vuurwapenwet geldig is.

Die nuwe wet op Vuurwapenbeheer 60 van 2000 het die ou 1969 vuurwapenwet vervang en tersyde gestel. In die huidige wet is oorgangsbepalings wat verklaar het wanneer die groen lisensies sou verval. Die "geldigheid" van die groen lisensies spruit uit 'n 2009 beslissing van regter Prinsloo en nie hierdie 2018 saak waarvan die interdik tersyde gestel is nie. https://www.sahunters.co.za/images/atta ... gement.pdf

Ek was dus verkeerd.

Dit eindig egter nie daar nie. Kyk na paragrawe 30 tot 35 van die nuutste saak (die eerste skakel hierbo). Die skrif is duidelik aan die muur vir lisensiehouers wat nog groen kaartjies het. Beide die Appèlhof an die Grondwetlike Hof is hoër howe as die Noord-Gauteng Hooggeregshof waarin aangedui is die groen lisensies is nog wettig. Diegene wat dus nog groen lisensies het wat vir nou dalk nog as wettig beskou kan word (twyfelagtig en waarskynlik van korte duur), sal dalk so vinnig moontlik moet planne beraam om die nuwe lisensies te bekom.

Dit verheug my egter dat ek waarskynlik verkeerd was met my aanvanklike plasing.
Ek stem saam - hoewel die nuutste Appèlhofsaak nie met die sogenaamde ou groen lisensies gehandel het nie (en daarom die ou 2009-bevel nog van toepassing is totdat dit tersydegestel word), is die grondwetlikheid van verskeie bepalings van die nuwe Wet (Wet 60 van 2000) reeds in die Appèlhof en Konstitusionele Hof getoets en was nie een van die aanslae suksesvol nie. Ek het daarom nie baie hoop dat die hoofaansoek in die 2009-hofsaak suksesvol sal wees nie. Miskien is dit die rede hoekom SA Hunters tot vandag toe nog nie die hoofsaak verder geneem het nie?
SA Hunter

.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Groen Lisensies Onwettig

Post by savage(P Coetzer) »

Ek wil nou nie die in die drinkwater wees nie maar as iemand met n groen lisensie na al die jare steeds nie plan gemaak het om n nuwe lisensie te kry nie dan wonder ek of hy enigsins steeds die wapen wil behou? Hoeveel water moet nog in die see loop?
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Groen Lisensies Onwettig

Post by JPS »

savage(P Coetzer) wrote: Sat Jul 25, 2020 6:26 pm Ek wil nou nie die in die drinkwater wees nie maar as iemand met n groen lisensie na al die jare steeds nie plan gemaak het om n nuwe lisensie te kry nie dan wonder ek of hy enigsins steeds die wapen wil behou? Hoeveel water moet nog in die see loop?
Ek stem nie saam nie,

Hoekom sal mens ‘n lisensie wat in 2009 as wetlik verklaar is wil gaan vervang het. Veral omrede hy nie ‘n verval datum het nie en tegnies jy dus nie weer aansoek hoef te doen soos huidiglik nie?
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by savage(P Coetzer) »

Jps ek praat onder korreksie maar die vergunnig was gemaak sodat die groen lisensie houers in pas kon kom met die nuwe wetgewing en nie dadelik as onwettige wapen eienaars vervolg kon word nie.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by savage(P Coetzer) »

Ek wil dit amper vergelyk met die ou bestuurs lisensies. Destyds was dit n lisensie so lank geldig vir so lank as wat die persoon kon veilig bestuur. Dis het toe van die kode 8,11,14 oorgeslaan na die nuwe sisteem waar mens se lisensies hernu moet word. Al rede hoekom almal in pas gekom het met die nuwe sisteem is omdat jou versekering nie veel werd is met n ongeldige lisensie nie en omdat dit makliker vervolgbaar is as jy gevang word met n ongeldige lisensie. Nou ek stem gladnie saam met die nuwe rigting wat ingeslaan word nie maar dink dis naief om na al hierdie hofsake steeds met n groen lisensie te sit en te dink niks gaan verander nie.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by 243Songdaug »

Groen lisensies is wettig en sal seker so bly tot die laaste van die huidige lisensie houers afsterwe. Ten tye toe ons moes oorskakel van die groen na die wit lisensies het die "powers that be" dit giedgedink om te verswyg dat 'n lisensie wat uitgeryk is sonder verval datum geldig sal bly tot die dag van die lisensie houer se dood. Hulle get net gedruk om almal te laat oorskakel na wit lisensies, want sodra jy vrywilliglik aansoek doen vir 'n lisensie met 'n verval datum gee jy vrywilliglik jou voorreg op.......


Soms voordelig om nie die hele waarheid te deel nie. SA Jagters het die hofsaak aanhandig gemaak en die regter het verklaar dat groen lisensies nie verval datums het nie en dus geldig is, die verdediging(SAP) is die kans gegee om dit te beveg, maar hulle het nooit. Hulle het egter by verskeie geleenthede probeer vuil speel en klosules by ander wets verandering probeer insluit wat dan bepaal het dat groen lisensies sal verval - hulle het elke keer die toets gedop.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by savage(P Coetzer) »

Dankie vir die nuttige info Songdaug. Goed om te weet
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by Fanta300 »

Dis 100% reg. SAJagters verdien ‘n Bells vir hierdie een. Die SAP het nie verder gegaan met die saak nie want hulle het besef hulle gaan hier verloor.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by 243Songdaug »

Netso ja.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by OosKaapJagter »

Ek het aanvanklik oorhaastig 'n plasing gemaak, maar suiwer met die bedoeling om diegene wat probleme kon optel te waarsku. Intussen het ek wel mooi gaan kyk wat die situasie is. Nou gaan ek 'n kat in die duiwehok gooi.

Hoewel ek graag met Songdaug en Fanta wil saamstem, is dit eerder SAHunter hierbo wat ongelukkig reg is.

Die Grondwetlike Hof het onlangs onomwonde verklaar dat die besit van 'n vuurwapen 'n voorreg en nie 'n reg is nie. Die groen lisensies was uitgereik kragtens die 1969 vuurwapenwet. Daardie wet bestaan nie meer nie en is vervang deur die nuutste wet 60 van 2000.

SA Jagters het in 2009 'n aansoek gebring dat sekere bepalings van die nuwe vuurwapenwet as ongrondwetlik verklaar word. As deel daarvan is 'n tydelike bevel aangevra dat die groen lisensies as geldig beskou moet word totdat die hoof hofsaak afgehandel word. Daardie tydelike of tussentydse deel van die aansoek is toegestaan. Intussen het SA Jagters pak gekry in 'n ander saak oor die grondwetlikheid van artikels 24 en 28 van die nuwe vuurwapenwet 60 van 2000 wat handel oor hernuwingsaansoeke. http://www.saflii.org/za/cases/ZACC/2018/14.html

Vergeet emosie en gaan lees die saak in die skakel wat ek nou geplaas het. Kyk spesifiek na paragraaf 9:
"[9] The Act breaks from the past. Under the previous Act a licence to possess a firearm lasted for life (old order licence). The Act changed this. Each person wishing to own or possess a firearm must first possess a competency certificate. Competency certificates expire after periods of two, five or ten years, depending on the nature of the firearm licence."

Verder sê paragraaf 16 die volgende:
"[16] SA Hunters relied on vagueness of the legislation as a pointer to arbitrariness and irrationality. The provisions are not, however, vague themselves. They cannot be clearer. It is an offence to possess a firearm without a licence obtained in terms of the Act. Once one has obtained a licence one needs to renew it at least 90 days before the date of expiry. If that is done timeously the licence remains valid until the application is decided. If that is not done the licence terminates and possession of the firearm constitutes an offence and is subject to criminal penalties."

"The Act" wat ek in rooi uitgelig het verwys na die nuwe wet 60 van 2000. Die Grondwetlike Hof is die hoogste hof in die land en die daardie uitspraak wat strydig is met die 2009 bevel in die Noord-Gauteng Hooggeregshof is die een wat geldig is en toegepas sal word. Ek is dus steeds van oordeel die 2009 bevel is eintlik nie meer geldig nie. Dit was bloot bedoel as 'n tussentydse beskerming vir wapeneienaars hangende die hoofaansoek van SA Jagters. Dit is dus nie die SAPD wat bang is om bloedneus te kry nie, maar eerder SA Jagters wat slapende honde laat lê het en wyslik besluit het om nie die hoofaansoek verder te voer nie.

Dit spyt my dus dat ek nie goeie nuus het vir lisensiehouers met die ou groen lisensies nie. Sodra 'n nuwe wet uitgevaardig word is dit die wetgewing wat geldig is, tensy dit die toets van grondwetlikheid dop. Dit sal tog nie geduld word dat iemand kan besluit om nuwe wetgewing te ignoreer bloot omdat die vorige wetgewing hom beter gepas het nie.

Moet asseblief nie die boodskapper skiet nie; hierdie is bloot soos ek dinge sien. Ek sou die wat nog groen lisensies het aanbeveel om gewapen met 'n kopie van die 2009 bevel (skakel is hierbo) te gaan probeer om die oorskakeling na die nuwe lisensies te doen. Die alternatief is waarskynlik 'n klagte van onwettige besit of alternatiewelik nalatige verlies van sulke wapens.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by Fanta300 »

Die 2009 bevel het gegaan oor ‘n algemene regsbeginsel. Dit is dat ‘n nuwe wet nie ‘n vorige wet terugwerkend ongeldig mag maak nie. Lisensies volgens die ou wet was wettig sonder ‘n vervaldatum op die dag wat die nuwe wet in werking getree het so hulle bly wettig.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by OosKaapJagter »

Is jou ou bestuurderslisensie wat in jou id boekie was nog geldig?

Daardie argument gaan nie veel gewig dra in die lig van dit wat die Grondwetlike Hof ondubbelsinnig gesê het nie.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by Fanta300 »

Ek sien dit so: die wet sê ek mag drank koop as ek ouer as 18 is. Nou verander hulle die wet en ek mag eers drank koop as ek 21 is. Nou kan hulle my nie vervolg omdat ek verlede week ‘n kas bier gekoop het terwyl ek nognie 21 was en die nuwe wet nognie gegeld het nie. Hulle kan ook nie my kas bier konfiskeer as ek hom nognie opgedrink het nie.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
SAHunter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by SAHunter »

Fanta300 wrote: Sun Jul 26, 2020 4:42 pm Ek sien dit so: die wet sê ek mag drank koop as ek ouer as 18 is. Nou verander hulle die wet en ek mag eers drank koop as ek 21 is. Nou kan hulle my nie vervolg omdat ek verlede week ‘n kas bier gekoop het terwyl ek nognie 21 was en die nuwe wet nognie gegeld het nie. Hulle kan ook nie my kas bier konfiskeer as ek hom nognie opgedrink het nie.
Maar hulle kan vir jou 5 jaar ('n redelike tyd) gee om jou kas bier te drink en as jy dit teen dan nog nie gedoen het nie, kan die owerhede jou bier konfiskeer. Dit is wat die nuwe Wapenwet gedoen het - ou lisensiehouers het 5 jaar gehad om hulle lisensies na die nuwe Wet om te skakel. Dit word eers 'n misdryf dan - dus nie terugwerkend nie.

Omrede Mandrax in die 70's vrylik (wetlik) in apteke beskikbaar was, beteken nie dat 'n nuwe Wet of Regulasie in die 80's uitgevaardig kan word wat dit in die toekoms onwettig maak om dit te koop of te besit nie. Dis die huidige Wet wat geld en dit gaan nie help om te argumenteer dat omrede Mandrax in die verlede in terme van ou wetgewing wettig was, enige nuwe Wet dit nooit mag kriminaliseer nie. Jou apteker gaan die nuwe Wet volg. En net so gaan jou DFO ook die nuwe Wapenwet volg - ongelukkig.
SA Hunter

.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by Fanta300 »

Nie heeltemal dieselfde nie. Wapens en drank is per se nie onwettig nie maar Mandrax wel.

Toe die wet teen gemengde huwelike ingestel is, is bestaande huwelike nie ongeldig verklaar nie. Of hoe?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
SAHunter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by SAHunter »

Fanta300 wrote: Sun Jul 26, 2020 8:18 pm Nie heeltemal dieselfde nie. Wapens en drank is per se nie onwettig nie maar Mandrax wel.

Toe die wet teen gemengde huwelike ingestel is, is bestaande huwelike nie ongeldig verklaar nie. Of hoe?
Wapens en drank is onwettig tensy gelisensieerd in terme van bestaande wetgewing en regulasies. Huwelike handel met 'n natuurlike persoon se status en status kan nie met wetgewing terugwerkend verander nie. Wapens en Mandrax (stoflike sake) kan wel indien dit in die openbare belang geag word om gereguleer/gekriminaliseer te word.
SA Hunter

.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by Alwin »

Ek dink ons moet behoorlik onderskei tussen die status van vervalde wit lisensies wat in die onlangse GOSA hofsaak ter sprake was en die ou groen lisensies wat in die 2009 hofsaak ter sprake was.

Die SAPS het in hulle skrywes tot onlangs die geldigheid van die groen lisensies kragtens die 2009 hooggeregshof uitspraak erken. Ek kan nie sien dat die status op enige tydstip verander het nie.

Al wat in dispuut is, is of 'n groen lisensie nog geldig is indien die eienaar vir 'n wit lisensie aansoek gedoen het, en die wit lisensie daarna laat verval het. Dit is 'n saak wat waarskynlik deur nog 'n duur hofsaak beslis sal moet word.
User avatar
SAHunter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by SAHunter »

Alwin wrote: Sun Jul 26, 2020 10:12 pm Ek dink ons moet behoorlik onderskei tussen die status van vervalde wit lisensies wat in die onlangse GOSA hofsaak ter sprake was en die ou groen lisensies wat in die 2009 hofsaak ter sprake was.

Die SAPS het in hulle skrywes tot onlangs die geldigheid van die groen lisensies kragtens die 2009 hooggeregshof uitspraak erken. Ek kan nie sien dat die status op enige tydstip verander het nie.

Al wat in dispuut is, is of 'n groen lisensie nog geldig is indien die eienaar vir 'n wit lisensie aansoek gedoen het, en die wit lisensie daarna laat verval het. Dit is 'n saak wat waarskynlik deur nog 'n duur hofsaak beslis sal moet word.
Die probleem met die 2009-hofbevel is dat dit slegs 'n tussentydse bevel (interdik) hangende die beregtiging van die hoofaansoek (naamlik die beoordeling van die grondwetlikheid van die nuwe Wet 60 van 2000 wat die lisensiering van alle wapens van vooraf vereis het) was. Sover my kennis strek, het die applikant (SA Hunters) nooit die 2009-hoofaansoek verder gevoer nie. Wat ek en OosKaapjagter net uitgewys het, is dat beide die Appèlhof en Konstitusionele Hof nou al by meer as een geleentheid na die grondwetlikheid van sekere bepalings van die nuwe Wet (wat die wit lisensies betref) gekyk het en in al die gevalle het die Wet die toets van grondwetlikheid geslaag. Dit wil nie sê daar is geen meriete in die 2009-hoofaansoek (wat met die groen lisensies gehandel het) nie - dit lyk net na 'n opdraende pad as na die onlangse beslissings van die Appèlhof en Konstitusionele Hof gekyk word. Dit is ook nou reeds meer as 11 jaar na die 2009-tussentydse bevel gelas is. Indien SA Hunters nie die hoofaansoek voortsit nie, is die kanse baie goed dat die SAP met die tersydestelling van die tussentydse bevel sal slaag. So dit is heel moontlik net 'n kwessie van tyd dat 'n streep ook deur die 2009-tussentydse bevel (die ou groen lisensies) getrek gaan word.
SA Hunter

.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
Post Reply